Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)YouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Dowwe Dolla (Margit Meyer-Rödenbeck)

2020 12 18 - LagNET-konsert: Schalk Bezuidenhout, JanJanJan, Dowwe Dolla, Wicus van der Merwe, kykNET Verhoog, Bosmôl, Gratis - Standard Bank Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees - Standard Bank - kykNET
vetseun

vetseun
Dowwe Dolla Op RSG ....... DD 001 2013 ARENA PRODUKSIES/RSG/SELECT
1. Trewwel In Style
2. Middle Aged Alphamales
3. Ek Love Middeljarige Omies
4. Aangetroude Bure
5. Dolla Se Rugbykommentaar
6. Besmeerde Spiere En Geskokte Duikbote
7. Outdated Olympies En Outdated Ministers
8. Jeugliga Sixpacks En Oosterse Tik-koppe
9. Vrugteslaai A'la Ju-ju
10. Die Blou Bul
11. Snakes Op Planes
12. Wolkbreuke, Tonnels En Gevaarlike Gediertes
13. Soustrein Advokate En S.V.M.O.
14. Al Lê Die Berge Nog So Blou

vetseun
Vlooi se avonture - Storieboom . KK 0001 KRAZY KATZ
1. Vlooi
2. Molo
3. Troue
4. Towersleutel
5. My Land
6. Boekwurm
7. Alfabetresies
8. Lettera
9. Voorwaarts Mars
10. Sterrebaan
11. Skoonmaak
12. Ysprinsessie
13. Jappe Trap Trap
14. See-toe
15. Karretjies Stoot
16. Towermat
17. Tarzan En Jane
18. Partytjietyd
19. Koebaai Waai

Vlooi Vlooi se avonture is an Afrikaans kiddies CD featuring 19 songs. Margit Meyer-Rödenbeck (Dowwe Dolla) in association with the well-known arranger Pedro Kruger and Marinda Kruger have created this educational CD. The CD includes songs teaching kids about the alphabet, greetings in the various languages of South Africa and many easy to learn sing-a-long songs.


Dowwe Dolla op RSG Dowwe Dolla is a very well known comical character portrayed by Margit Meyer-Rödenbeck. Due to Dowwe Dolla s popularity, RSG gave her the opportunity to tell her funny stories on the national Afrikaans radio station. This CD is a compilation of the most popular stories featured on the radio program. The CD also features three songs, Ek love middeljarige omies, Blou Bul and Al le die berge nog so blou.

vetseun
Eers was daar Plenty O'Toole, Honey Ryder, Pussy Galore en nou Dolla, Dowwe Dolla - 007. Sy hou van haar sjokolade MoShaik gepluk, nie geskud nie. Dolla sluit aan by die Departement van Oninteligensie (sy't hard gesoek, want daar's baie van hulle in die staatsdiens).
Haar missie: om die misterieuse organisasie DOM (Diaboliese Onnosele Morone) te infiltreer waar hulle ookal skuil: in die politiek, die sportarena en die glanswêreld - Dolla se 2010 gaan besig wees. Want Dr No het uitgevind you don't live(r) twice, Shabir gaan duidelik Die Another Day, Mike Bolhuis het sy License to Kill by die Spar gekoop en, as Amor haar kaarte reg speel, gaan sy Moerryker wees.
Dolla se bra skiet pyle, daar is plofstof in haar panty en haar lollie is vol sianied, net in geval. (Sy't bietjie vergeet van die lollies, so sy't reeds drie geëet. Dis goed vir die opelyf.) Dowwe Dolla 007: die avontuur begin...



vetseun
Dowwe Dolla: Die Goeie Fee(ks) DVD .

Margit Meyer-Rödenbeck is Dowwe Dolla: Die Goeie Fee(ks), Teks en Regie: Hennie van Greunen, Musiekregie: Pedro Kruger

Dowwe Dolla trek haar Goeie Fee(ks) rokkie aan en vat ons op reis deur haar inkleur-uitgawe van Almal se Gunsteling Feeverhale. Sy pluk blomme, wolwe en meer as net 'n paar towerstaffies. In die Cape Flats pluk sy selfs 'n paar towerStaggies. By die SPCA 'n paar towerstaffies (honde wat NIE jou huis opvreet nie). Want ons woon mos in 'n feetjieland, waar vreemde magte elke aspek van ons lewens beheer.
Want wat sê mens nou van 'n land waar die petrol toweragtig verdwyn, die hele volk oorskakel na gas en die gas dan toweragtig verdwyn? En as die gas terugkom, is dit duurder as petrol? Of waar die televisiefee oornag gewone mense in sterre verander, totdat die volk besef die nuwe sterre
a. het glad nie talent nie
b. is eintlik maar baie kommen
c. is 'n swak refleksie van Afrikaanses
d. is maar net mens, of
e. all of the above,
en hulle vlammetjies summier versmoor. Waar die Dep President binne 'n paar maande Dep Pressed is, maar die volk hom steeds aanbid en hulself voor sy Mercedes inwerp, mid-toyi toyi? Waar die voorste rugbyspan in die wêreld binne 'n paar jaar sukkel in 'n wedstryd teen die Gestremde Skool se B-span?
Dolla besluit dat die enigste manier om hierdie krisisse te besweer, is deur towerkrag en sy skryf in as voltydse student by die Herwaartse Skool van Magic. Twee weke later kry sy haar Certifikaat van Compatincy, en vat sy haar towerstaffie, haar Rooikappie-outfit en 'n dooie corgi (moenie vra nie!) om die land se misdaad, sport en opvolgingskrisisse op te los. Op pad na die perfekte oplossing, verduidelik sy die menslike psige, die dieper betekenis van De la Rey en die ware stories agter die feeverhale.
Dowwe Dolla is die alter-ego van teaterentrepreneur Margit Meyer-Rödenbeck (akteur, serememoniemeester, radio omroeper en deesdae ook teatereieinaar) en haar woorde en lirieke is die werk van bekroonde skywer Hennie van Greunen, terwyl Pedro Kruger verantwoordelik is vir die musiekregie.

vetseun
Dowwe Dolla: Boeppens! DVD .

Margit Meyer-Rödenbeck in Dowwe Dolla: Boeppens!, Teks en regie: Hennie van Greunen

Kyk as Amor dit kan doen, en Patricia, om nie te praat van Angelina Jolie en Julia Roberts nie, dan kan Dolla ook verwagtend raak. Sy is immers net 22 jaar oud (wel, dele van haar is ten minste 22 jaar oud) en dus in die fleur van haar lewe. Al wat sy kort is 'n man om sy nodige bydrae tot die proses te lewer en om dit te doen begin sy haar eie rond-toerende bank. Waar mans van alle kleure en geure deposito's kan maak sodat Dolla haar droom van moederskap kan bewaar, want sy weet haar dogter gaan gebore word met die tradisionele rooi lollie in die mond.
Dolla het ook natuurlik raad vir vrouens in verskillende grade van moederskap en die gehoor kan gerus hulle vragies saambring. Tussendeur gee sy ons 'n blykie in die ouerskapstyle van menige bekende pa en ma en herskryf sy ons gunsteling slaapliedjies om haar unieke blik op die wêreld te pas.
Met haar kenmerkende klerestyl, gehoor-interaksie, skitterskerp lyne en skreeusnaakse liedjies doen Dolla wat sy beste doen: sy laat die gehoor vir 70 minute skater vir die wêreld waarin hulle bly. Die slim blonde agter die stadige blonde is Margit Meyer-Rödenbeck, wat reeds bekroon is met 'n FNB Vita toekenning vir haar briljante komiese vertolking van hierdie stuitige karakter. Hoewel Dolla niks goed te sê het oor Margit nie, het Margit 'n sagte plekkie in haar hart vir die bitsige blonde. Margit het haar Meestersgraad in Drama verwerf aan die Universiteit van Stellenbosch. Wanneer sy nie by Dolla kuier nie, is sy besig met kinderteater, vervaardiging en met die bestuur van haar en haar man se hoogs suksesvolle teater restaurant, Die Boer, in Durbanville. En is Margit net so lus vir 'n baba soos Dolla? Watch this space!

vetseunvetseun
Saal 10 - Dowwe Dolla DVD .

Margit Meyer-Rödenbeck is Dowwe Dolla: Saal 10 deur Hennie van Greunen

Dis Dolla se tiende jaar as staatslet, teatertert en dramadommie en sy vier dit deur haar drie-weke graad in die Medisyne te voltooi aan die UK (Universiteit van Kuba) en dan terug te kom na SA om die land reg te dokter. Sy het juis so goed omgesien na Fidel Castro dat hy sommer afgetree het. Dolla hoop om dieselfde effek op plaaslike politici te hê.
As gevolg van die mediese sektor wat so staak, is Dolla in beheer van elke aspek van die Binnewand Hospitaal: sy is die enigste dokter op diens in die Noodgevalle-saal, maar gelukkig het haar kursus 4 seisoene van Grey's Anatomy ingesluit, so sy weet presies wat om te doen wanneer die Suid Afrikaanse Rand inmekaarsak en op die rand van die dood is. Sy is ook reg om Manto se breinoorplanting te doen - dit was toe 'n groot fout om daai tyd 'n lewer in haar kop in te plant.
Dolla moet ook 'n fondsinsameling hou vir Binnewand Hospitaal sodat hulle nuwe tegnologie soos verbande en pleisters kan bekostig. Sy nooi al haar vriende in die vermaaklikheidswêreld en skinder oor almal - Dolla on E. (Sommige mense dink al lankal sy's op E). Brad en Ange is daar, so ook Steve, Dozi en die ander lede van die Medium 5-konsert, en natuurlik is die Oom ook daar....
Dit is ook vir Dolla 'n gulde geleentheid om ESKOM se probleempies vir hulle reg te dokter en om raad uit te deel oor wat om te doen in die donker. En natuurlik is daar Zuma wat by Ongevalle opdaag - shame sy umshini wami is verstop en hy weet glad nie hoekom nie.
Soos altyd het Dolla haar vingers stewig op die pols van die land (al sit daardie pols deesdae bietjie meer suid as wat hy moet) en haar Dowwe Dolla: Saal 10 word voorgeskryf vir elke pasiënt wat teneergedruk is oor die land en nie kan bekostig om te emigreer nie.
Die dokter is IN.

Dolla Se Album
vetseun
kompilasie ..................... AFRIMUSIK11 AFRIMUSIK
1. Dolla Song - Dowwe Dolla
2. Dink Jy Darem Nog Aan My? - Eden
3. Kwessie Van Balans - Pedro Kruger
4. Dare To Love Me - Delta Blue
5. Ek Ry Met Die Trein - Almuir Botha en Nico Carstens
6. Meisie Sonder Sokkies - David Kramer
7. Tiger En Louise - Spinnekop
8. Beautiful In Beaufort-Wes - Gert Vlok Nel
9. Somerliefde - Maatjie
10. Paartie In Die Wes-Transvaal - Jakkie Louw
11. If Only - Gramadoelas
12. Maanskyn - Spinnekop
13. Ek En Jy - Clarabelle van Niekerk
14. Dis Net Vir Jou - Voël
15. Somer - Johannes Kerkorrel
16. One More Blue - Delta Blue
17. Sawens - Almuir Botha

Nuwe Afrimusik CD waarmee ons Dowwe Dolla haar "new found fame" deel met van die land se minder bekende opkomende afrikaanse bands, en ook 'n paar bekendes...

vetseunvetseun
Dolla Song CDS .... AFRIMUSIK10 2000 AFRIMUSIK
1. Radio Edit (Draadloosmengsel)
2. Rock (Gatskop Boudeswaai)
3. Langarm Mengsel (Boere-Eiffel Skoppelmaai)
4. Extended Mix (Gaggakoekiemengsel)
5. Karaoke (Kom Sing Saam Met My)

die lollipop prinses se song in meer as een manier geinterpreteur. eeeeeee


ook op :
Groot 5 - Sny Dit Af, Dolla Song

flyers :
2006 24 Oktober - Jong Dames Dinamiet (Marion Holm en Dowwe Dolla), Klein Libertas Teater, Stellenbosch, 20h15
2006 23 September - Dowwe Dolla, "Boeppens", Die Boer, Durbanville
2006 22 September - Dowwe Dolla, "Boeppens", Die Boer, Durbanville, R70
2006 21 September - Dowwe Dolla, "Boeppens", Die Boer, Durbanville, R70
2006 20 September - Dowwe Dolla, "Boeppens", Die Boer, Durbanville, R70
2006 9 September - Dowwe Dolla, Jan Harmsgat se Agterplaas, Cullinan, R90
2005 08 16, Oude Westhof Restaurant, Durbanville Dowwe Dolla (Margit Meyer-Rödenbeck)
2005 07 15-17, Die Boer, Durbanville Dowwe Dolla
2005 07 06-09, Die Boer, Durbanville K met Trix en Margit Meyer-Rödenbeck [DRAMA]
22-25 09 04, Tzaneen Hadeda Kunstefees Chris Brits, Danièle Pascal, Ddisselblom, DNA Strings, Dowwe Dolla, Genie en die Rampokkers, Karen Zoid, Klopjag, Shilo, Sonja Herholdt, Steve Hofmeyr hadeda.co.za
2004 11, Rittelfees MC Zane Johnson, Amor & Joost van der Westhuizen, Gerrie Pretorius, Die Campbells, Francois Hayes, Chereé, Marius de Bruin, Stich, Gert Visser, Carine, Riaan, Limpopo, Jennifer Zumudio, Johnny & Vivian, Rudi Muller, Alta Joubert, Pieter Koen, Thys Die Bosveldklong, Beeskraal, Dowwe Dolla (Plaasmeisie van Pniel), Christo & Cobus, Marius de Bruin, Michiel Visser, Nic Stevens, Tobi Jooste, Rooies, The Stone, Nicholis Louw, Guillaume, Too Much, Suzanne, Pieter & Grietjie, Danie Nieuhaus, Arina de Witt, Dozi, Shine 4, Starstruck, Kurt Darren, DNA Strings, 60's Show, Loslappies, Nádine, Soweto String Quartet, Weskuns Konsert, Juanita, Zing Wenners 2004, Steve Hofmeyr, Jacques de Coning, Pieter & Tannie Grietjie .rittelfees.co.za
20040630innibosbk bk
20 09 04, Jan Harmsgat se Agterplaas, Cullinan "Net 'n plaasmeisie van Pniel....." met Dowwe Dolla
2004 02 18, Café Barcelona, Pretoria, Alexa Strachan & Dowwe Dolla


skakels :









2019 11 15 - Optog!: 3 Susters: Lizz Meiring, Margit Meyer-Rödenbeck Nicole Holm, Ernst Oppenheimer Teater, Welkom, 19:30, itickets.co.za - Atterbury Trust - ATKV - Die GROOT Ontbyt - afrikaans.com - Tsogo Sun - Sarie - Vintale's - lekkeslaap - NTT Volkswagen Potchefstroom - King Price Insurance
vetseun

2017 04 29, 30 - Pringle Bay Village Festival - Live Entertainment: Matt Carstens, Johnny Ray Band, Ben Ulric, Johnny Luck, Aidan Martin, Urban Blues Band, Six String Down, Michael Canfield, Marcia Moon, Basson Laubscher, Dowwe Dolla
vetseun


bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)