Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Die See

2020 10 25 - Die See, Die Joint, facebook.com/event
vetseun


GoSi africa bied aan/presents Andra Cilliers, Bacchus Nel, Beeskraal, Cindy Alter, Dawid Kahts, Die Kaalkop Waarheid, Die See, Eckard Potgieter, Gert Vlok Nel, Jan Blohm, Luna Paige, Mathys Roets, Neil Nachtrein, René Bohnen, Riaan Smit, Ronel Nel, Shotgun Tori, Stean van der Walt, Toast Coetzer, Tanja Franzen - gosiafrica.co.za - My Stories SA

vetseunLAAI AF
2020 09 13 - My Stories SA - Sing - Die See, 18:00, youtube, facebook
- Saad Gesaai
- Yssel
- Die Kluisenaar

vetseunLAAI AF
Bacchus Nel, Die See, Blinkruiter - Spoke, Diewe En Digters CDS . 2019
- LIED VAN DIE DAG 2020/07/18

Kom kyk na ons baie spesiale musiek program op 5 en 6 Oktober by Aardklop Aardklop Nasionale Kunstefees getiteld "Spoke, Diewe en Digters" saam Bacchus Nel, Die See en Blinkruiter. Ons het ook n liedjie saam opgeneem. Luister en download gerus vanaf Soundcloud.

CD LAUNCH: 8 Augustus, Oppikoppi Bewilderbeast
vetseunvetseunvetseun
Die See II ............................................ 2013
1. Hooggety
2. Yssel
3. Saad Gesaai
4. Vriende En Familie
5. Emansipasie (Instrumenteel)
6. Oordeelsdag
7. Tortola
8. Perron Na Perron
9. Gordelroos
10. No. 43
11. Buenos Aires
12. ZZZZzz (Instrumenteel)

Daar is baie sulke prag warmmooi Afrikaanse musiek. Ons is bly ons het die stukkie plastiek gekry, met hulp van Mnr. Toast en Wahl "Kuber" Baardman het ons so paar aankopings-probleempies uitgestryk. Die fokus word so bietjie verdof deur al die OK13 stof en bietjie humeur.
Sal eintlik voorstel jy gaan soek jou eie CD, skip die review, dit rock op 'n hoop maniere. Dink: Alles waarvan ons hou.

............ "drink die water ketelkyker".......................
Dit het vroegoggend met koue mistige Ruimsig gewerk, so kom ons kyk of die deinserige middag hom so goed voel. As jy al die band live gesien het is dit amper soos 'n terugblik na die rustig sittende manne en hoe - met verskeie kitare - 'n gloeiende atmosfeer ligtig geskep word. Spiralende note vleg 'n harmonisering wat deur net 'n paar skril woorde ingekleur word. Groot riffs min woorde, epiese opening, Hooggety.

............ "alles is onder beheer".......................
As jy mooi wou gehad het, Yssel. 'n Kruipende amper hipnotiserende kitaar word - met saggiese backing - 'n omsingelende klankwoud. Net soos jy omkyk agter jou begin die fluisterende Henry ons betower. Die stem se storie verklap glad nie die geheime wat dit vertel nie, eens reguit en matter-of-factly en dan die esoteriese Jaco(?) wat die koor laat draai, vir weke. Live gesien...

............ "ons het saad gesaai".......................
Sonder om die duidelike houvan uit te wys, is die Saad Gesaai snit 'n meer drywende rock nommer. 'n Insluitende onthou van die goeie tye, saamwees en 'n insink koor smekend vir saamsing. Sulke laidback goedheid, fyn geproduseer tot 'n soliede klank, lekker. Die digterlike vryheids lirieke wat meer met harmonie as konteks pas, so amper onsamehangend dis verslawend dromerig. Die middag werk.

............ "ek is lus vir 'n bier".......................
Vriende En Familie is as 'n smakie van die album uitgegee, dis beskikbaar hier. Dis weer meer subtiel en die musiek skuif agtergrond toe vir 'n nostalgiese storierym. So asof die mic nou eers naby genoeg is, of asof die musikante in die kamer langsaan is, en die skrywersstem reg agter my staan. As die basspeler ook nader staan en lang slap riffs oor die koor gooi... Word die album persoonlik.vetseun

Soos mens moet na die vorige eerlike, klankbelaaide verootmoediging is 'n ruskansie van orde. Emansipasie vat jou op 'n glimlaggende klankreis. Met 'n slakkepas en kitaar plukke.

............ "ek het lank gesmag na die ...".......................
Terug na die woorde, en hierdie is 'n koning. Oordeelsdag bring die vraende verstaan van Die See op 'n punt. Met 'n manjifieke klanktapeserie, agter rustige dromme en daai groot kruipende riffs word jy ingelei na die lirieke. Teen amper 7 minute, moet jy bietjie wag, maar die intieme krete word amper gepraat, en kies kortpad cerebral cortex (konteks) toe. Begelei deur verskeie feitlike verwysings, en jy eindig op...? Totale treffer.

............ "ek het lank gesmag na die ...".......................
Waar Oordeelsdag miskien wink na die esoteriese vrae is Tortola 'n super-liefdes-deuntjie. As jy dit op 'n laat negentigs opname sou hoor sou dit heel vanpas wees. En soos die "daar is baie sulke prag" is dit nie 'n gelykmakende stelling nie, maar 'n prys. As mense so maklik sulke mooi dinge doen... Kan klomp van die favourites in die versameling noem waarmee hierdie tou vashou. Pragtig.

Soos mens moet na die vorige eerlike, klankbelaaide verootmoediging is 'n ruskansie van orde. Perron Na Perron vat jou op 'n nostalgiese klankreis. Met 'n slakkepas en kitaar klanke.

............ "Dinge vergeet wat jy dalk ...".......................
Met dieselfde stadige lui dromme en atmosferiese kitaar "synths" kom 'n dralende hoë stem gemeng in die klank na tevore. Vermenigvuldig en herhalende amper engel stemme in 'n opera inleiding voor groot riff en Henry die rigting verander. Die stemme kom saam in 'n koor wat gedryf word deur vetseunmassiewe riffs en 'n uitmergelende klim in intensiteit, tot niks.

............ "die trappe af honde blaf".......................
Waar's Tortola, hier's nog een! Vloeiende tjikkelinge-tjikkelei kitaar, ruimte-synths en 'n ligte rympie. Die See beigin buite die lyne inkleur. Die abstrakte sinsbou en klankingenieurtruuks word nou te veel. Dié kan maklik van 'n Franse venster bo die Champs-Élysées kom, of 'n laatnagpub in Antwerpen. So rustig en wonderlik gelukkig.

............ "jou voete op roete".......................
Die verkoelende kitaar spirale en 'n diep klaviernoot lei die voorlaaste klank magneet in. Die paar lirieke word in warm klank wolke omwerp, slapende note vorm tyd in 'n sferiese gelukbal wat jou psige verlei, en na 'n ruk voel dit asof jy sing. Miskien 'n afkoeler, miskien 'n skouertik om aan die kompleksiteit en minimalisme van Die See te beklemtoon/onderlyn/{sit jou bnw hier].

Soos mens na die vorige stadige, verootmoediging orde moet herstel. ZZZZzz vat jou op 'n afskeids klankreis. Met 'n slakkepas en kitaar woorde.

Met 'n launch by Bewilderbeast Oppikoppi 2013 (wat ons gemis het uit Mordor), en 'n absoluut museum/ensiklopedie/Escher CD-boekie is ons seker daar sal meer as een SAMA-nominasie hierdie kant toe kom.

[alle foto's van facebook.com/dieseemusic] Danke.
[kontak vir Alet by 083 515 6485 of aletp@webmail.co.za vir bestellings]



Die See - McDougallsbaai VID >>> (2011)
- VIDEO VAN DIE DAG 2020/08/23


Die See - Reën VID >>> (2011)

vetseunvetseunvetseun
Die See ............................................... 2015
1. Al Die Perlemoen
2. Desember
3. In Die Oond Gestowe
4. Reën - MP3 by facebook
5. Die Kluisenar
6. McDougallsbaai
7. Pretoriabaai
8. Vrystaat - MP3 by facebook
9 .Somersdag
10. Ek Loop

is Henry Cadle Ferreira (Stoff), Dylan Thomas Graham (Deathgrinder, Brenda Burnit), Justin Smit (Duck & Cover), Dean Kenneth Basson (Backmouth, Diff-Olie)


skakels : facebook









Die See Gig/Flyer-blad



bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)