Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Die Menere .co.za
vetseunvetseun
Watishieriemalkak? CDS ................ 2016 ONE F MUSIC

vetseunLAAI AF
Singles EP ......................................... 2015 ONE F MUSIC
1. Laaste Braai Op Rooijakkalsdraai
2. Vergeet
3. Watishieriemalkak?

vetseunvetseun
Laaste Braai Op Rooijakkalsdraai CDS . 2015 ONE F MUSIC

vetseun

vetseunvetseun
Fast forward tot 2013, en die terugkoms vanaf die buiteland van André. Sommer vinnig word verskeie weird Afrikaanse woorde met esoteriese klanke ingekleur, ondersteun, bygestaan, geamplify. Buiten die solo opvoerings en obskure klankkonstruksies - te veel om te noem - word met twee bands live opgetree.

Dooie Diere, waar André saam met Franco Prinsloo die woorde van Kobus Kotze melodieus vergesel. Die half eksperimentele half artpiece woordband is 'n welkome alternatiewe byvoeging tot die musiek versameling, devil may care en amper matter of factly, baie cool. Na 'n heel paar optredes in en om Gauteng, het hulle ook by Oppikoppi en Aardklop mooigeraas gemaak.

Na die optrede by 2012 Oppikoppi word Die Menere se tien jaar celebration in Julie te Linden gevier. 'n Snoesige affêre met kennisse van die ou Battery 9 dae en almal tussenin byderhand. Die droeë tartende musikante se familiarity met die skare ontaard in 'n wedersydse gesprek, perfek vir Amuse Café. Maar die musiek is magies, timetravel, terug na die spiralende folkpop uitgawe Floukop.

Waar die twee ons gewoonlik laat hop en mosh en spring en skree het, is hulle hier in pakke. Kaalkop, reguit, eerlik, rustig. Daar is nogsteeds genoeg superidees en verbasende verwysings en sienings en invalshoeke ala B9. Die kitaarwerk en sang is asof gerekenaliseerd, fyn uitgewerk, of miskien net nou meer bloot gelê met die afwesigheid van grootdromme en harde kore.

Die Amuse Café crowd word getreat met 'n seleksie vanaf die album, plus "Laaste Braai Op Rooijakkalsdraai" waarvoor 'n video uitgegee is om die reunion te vereer. Paar weke later by Café Barcelona word vir hulle manjefiek deur Marcia Moon geopen, en die donker grotagtige speelplek maak waardering en genieting verskriklik maklik...


Die Menere - Laaste Braai Op Rooijakkalsdraai VID >>>

vetseunLAAI AFvetseunvetseun
Floukop .......................... OneF 1005 2004 ONE F MUSIC
1. Vanaand Floukop Vanaand
2. Gevange
3. Ligdaglig
4. Mufspul
5. Wat Van 'n Tamagotchi
6. Al Die Veld Is Olik
7. Tragedie
8. Weduwee Van Zyl
9. Skei Die Korrels Van Die Kaf
10. Die Ballade Van O/kpt Smit
11. Ek Wonder Wat Ek Gaan Sê?
12. Braai Die Beloved Country

" ...dis ligdag, dis ligdag, dis ligdaglig ..."

met Paul Riekert en André van Rensburg

poskaart JHB, gebou teen en deur rooigrond en klip, bring stil in ligblou oneindigheid vir ons 'n produksie van formaat. met superatmosferiese kitaar klankmengsels vanuit die suid-afrika se rockmusiek se beste oomblikke, en fosforiese skoon stemsamples vanuit industriële notas. eerlik soos sonlig. rustig en draaiend, glimlaggend revolusionêr, maar ernstig en stewig hardekode sielskos, bring jou messegoed, honger jouself uit, sit die media af, en eet ...


skakels : diemenere.co.za










2014 02 14&15 - Dooie Diere + Die Menere, Cachet Kleinteater, Potchefstroom R80
vetseun

vetseun
vetseunvetseun

vetseun

2013 09 18 - Die Menere, Café Barcelona
vetseun


bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )