Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Die Jong Briels (Anita Briel)
vetseun
Die Briels: 'n Huldeblyk . MORCD653 1998 DAWN MUSIC
1. Daar's 'n Droom
2. Die Lewe Is Soms Swaar
3. Die Sekelmaan
4. My Minnelied
5. Vriende Van Bejaardes
6. Ouers En Kinders
7. Ogies Van 'n Kind
8. Vir Pa
9. Michelle
10. Vyftig Goue Jare
11. Ons Was Nog Jonk
12. My Moeder Is Reeds In Die Hemel
13. Oktobermaand

- Anita Briel en haar vier kinders op die omslag van die CD, Die Briels: 'n Huldeblyk. Agter links staan die tweeling, Pieter en Tharina (24). Regs is Anita (22). Tanya (26), wat saam met haar ma van die liedjies geskryf het, sit voor.

Die bekende Briel-naam leef voort in Suid-Afrikaanse musiek. Hoewel oom Frans en tant Sannie Briel albei reeds dood is, is 'n nuwe CD pas uitgereik waarop hul dogter en kleinkinders die Briel-tradisie van ligte Afrikaanse musiek voortsit.
Die CD, Die Briels: 'n Huldeblyk, het dertien snitte op. Volgens die Briels se dogter, Anita de Jager van die plaas De Groot Boom in die distrik Burgersfort, het sy nege van die liedjies op die nuwe CD gekomponeer. Haar dogter, Tanya van Wyk, het twee liedjies, Michelle en Vir Pa, geskryf.
Die oorblywende twee snitte op die CD is My Moeder Is Reeds In Die Hemel, 'n komposisie van oom Frans, en Oktobermaand, wat deur tant Sannie onder die oorspronklike titel As Die Bome Bot geskryf is.
Die egpaar Briel het van 1954 tot 1982 musiek gemaak. Volgens Anita sing en komponeer sy onder haar nooiensvan ''om die Briel- naam te laat voortleef''. Sy, Tanya (24) en haar ander kinders, die tweeling Pieter en Tharina (23) en Anita (20), sing almal op die jongste CD.
''Ná my ma se dood in 1996 het 'n platemaatskappy my genader met die voorstel dat ons die Briel-naam met 'n CD van my eie komposisies laat voortleef. Ek het toe aan die werk gespring en uiteindelik is op die dertien snitte besluit.
''Ons het nie self die musiek geskryf nie, maar ek is baie beïndruk met die musikale verwerkings wat die platemaatskappy laat doen het. Ek glo dat almal wat van my ouers se musiek gehou het, ook van hul kinders en kleinkinders se musiek sal hou.''
Tant Sannie het vroeg in 1996 'n beroerte gehad en is op 10 Julie daardie jaar in die ouderdom van 73 oorlede. Sy en oom Frans is op De Groot Boom, 'n familieplaas, begrawe. Oom Frans is in 1984 dood. Sy het weke voor haar dood in haar laaste koerantonderhoud aan Beeld gesê sy hoop sy herstel van die beroerte sodat sy weer kan sing. Sy wou baie graag nog vir oulaas voor 'n gehoor optree.
Sy het in 1990 haar laaste openbare optrede op die Houtstok-musiekfees gehou en feesgangers het saamgesing toe sy van haar en oom Frans se liedjies soos Trein Na Pretoria gesing het. - Beeld


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)