Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Die Helde


Die Helde - Jy Moet Luister VID vetseun

vetseunvetseun
'n Eeue Oue Melodie ........ DPK004 2006 SELECT/RHYTHM RECORDS/DPK
1. Reënboognasie
2. Wat Gebeur?
3. Mikrofoon
4. Val In Die Pad
5. Verskroeiende Aarde
6. Jy Moet Luister
7. Bambanani
- LYN VAN DIE DAG 2021/01/28 - " ... soms sit en wonder ek, moet ek probeer?, antwoorde op my vrae stel my teleur ... " - Jy Moet Luister

is Dewald Viljoen, Fred den Hartog, Paul van der Merwe, Dries Bester, André Jooste

............. "... Ek is verseker ons almal kan saamleef ..."
Volk in sy uitgestrekte spiere, op so lou draffie, met lag en flitsende ligte. Sommer die eerste snit moet 'n treffer wees, speel hom vanaf jul dakke, kardakke en "donkiekarre". 'n Heerlike heuningsoet rympie wat teen die tweede vers in is, en teen die koor skree/vra jy saam.
Elektriese kitare vervang die effense akoestiese klank, en die half armyrige foto's maak nou meer sin. Sonies, 'n liedjie aan die skrywer se gewete, oor vryheid en maalkolk strewes van die menigdes. Dalk 'n nadink liedjie, nee, dans hom en spring sommer van die stage af ok.
............. " ... Waar moet jy gaan om beter te verstaan? .. "
En dan so so bietjie nadenke: Mikrofoon is weer sagter op die oor, en word met gemak verskuif tussen harder rock en die boodskap wat in 'n reggaerige ritme met ons gedeel word. Vinniger in die kore, maar tog vriendelik met al die vrae oor die beat.
Winamp sê 24:19, maar met die repeat knoppie se liggie wat brand is dit 'n oneindige CD die. 'n Amper volmaakte mengsel kitare en rock en lirieke en meegevoel en soos die manne se gees!!
Val In Die Pad skop dit dan weer 'n rat op en alhoewel dit stadiger beweeg deur verse is die skreeuende kitaar daar vir die koor. 'n Motiveringslied met simbale en "tasse gepak" vir die wat wegloop.
........... " ... het die sonstraal op my neergeskyn, maar .."
'n Luie in Verskroeide aarde, wat ons nou so na Die Generaalsong mens heel duidelik aan Kitchener se idees. Ritmies en liries saam met Reënboognasie hoogtepunte, alhoewel ons vroeër gesê het jy moet hom repeat. Dis ook die titelsnit vir die wat gewonder het, eerlik en mooi.
.......... " .... prrrrrraaaaaaaaaattttt!!! ...... " vetseun
Êrens gelees waaroor die Jy moet na my luister song gaan, MK seker, nog een van daai kopswaai en rondspring liedjies waarvan ons 'n oorvloed gekry het van De Plate Kompanjie, ons stuur die rekening vir daai bank en twee vensters ... Nee rerig, so grunge gevoel aan hom, maar met die Stellenbosche rustigheid wat daar deur vloei.
Soos skemer voor die son ondergaan (en weer met 'n "reënboog") sluit die CD af met 'n hoendervleis instrumentele nommer, Bambanani, kitare in absolute heuning hemel. Miskien hoe ons voel oor hoe om Saamstaan teen Misdaad te verwerklik, oorgewen met melodie ...
Koop die CD, luister snitte een vir een, hier.

ook op :
Die Eerste Avontuur kompilasie

Die Helde T-hemp
vetseun


skakels : diehelde.co.za : facebook : myspace.com/diehelde









2008 12 18 - Groot Gees Rock Fees III: Die Heuwels Fantasties, Die Helde, Foto Na Dans, Straatligkinders, Reaanrottweiller, Tidal Waves, City Bowl Mizers, éF-éL, New Holland, Zinkplaat, Captain Stu, The Pretty Blue Guns, Mr. Cat & The Jackal , Pitty The Fool, Willim Welsyn & Die Sunrise Toffies, Die Kloof Lanks Stables, 13h00
vetseun

2008 11 15 - Geraas Oppie Plaas: Die Seks, Willim Welsyn En Die Sunrise Toffies, Skuim, Alleterasie Stasie, Valskerm, Plaasteater, Hazendal, 17:00, R50
vetseun

2008 09 25 - Maloneys Rock Show: Fokofpolisiekar Brand new CD Launch, aKING, Van Coke Kartel, Revolusie, Glaskas, Die Helde, Foto Na Dans, éF-éL, Fokofpolisiekar, Straatligkinders, Klopjag, Pretoria Rugby Club
vetseun

2008 09 12 - Face Of Change, Die Helde, Live, Back2Basix, R50 - Cotton Box
vetseun

2008 08 29 - DPK bied aan ge[ROOS]ter Rock Festival, Foto Na Dans, New Holland, Die Helde, The Pretty Blue Guns, Ben-Nevis & Wenner van [Music On The Rocks], 18:00, R40 - DE PLATE KOMPANJIE - Liqui Fruit - Trouvrou - mktv.co.za
vetseun

2008 06 - Ubuntoer II - Rock Against Racism: Zinkplaat, New Holland, Die Helde - De Plate Kompanje - Fender - UJFM - NWU - Chatta Box - www.dpk.co.za
2008 06 13 - Zinkplaat, New Holland, Die Helde met Bed On Bricks, Aandklas, Stellenbosch
2008 06 14 - Zinkplaat, New Holland, Die Helde met Captain Stu, The Assembly, Kaapstad
2008 06 16 - Zinkplaat, New Holland, Die Helde met Die Straatligkinders, venue to be confirmed, Bloemfontein
2008 06 17 - Zinkplaat, New Holland, Die Helde met Reaanrottweiller, Picasso's, Potchefstroom
2008 06 18 - Zinkplaat, New Holland, Die Helde met Tidal Waves, Tings and Times, Pretoria
2008 06 19 - Studio 1, MK met Die Helde, Zinkplaat en New Holland (TBC)
2008 06 20 - Zinkplaat, New Holland, Die Helde met Die Melktert Kommissie, Back2Basix, Johannesburg, UJFM
2008 06 21 - Zinkplaat, New Holland, Die Helde met Ef-El, Hatfield Square, Pretoria
vetseun

2008 05 - Die MK Kaktus Sessies: A Dedicated Rock Venue, R50 - MK mk.co.za - ABSA KKNK
2008 05 25 - Lara Frances, The Orange Stilettos, Die Melktert Kommissie
2008 05 26 - Zinkplaat, Bed On Bricks, Taxi Violence
2008 05 27 - Willim Welsyn en die Sunrise Toffies, éF-éL, Straatligkinders
2008 05 28 - Ashtray Electric, Die Helde, Fokofpolisiekar
2008 05 29 - aKING, Foto Na Dans, Van Coke Kartel
vetseun

2008 02 13 - Allstar Funk Live!! 4: Die Helde, Gonzo Republic (From Durban), Hidden Cellar, 21:, R30
vetseun

2007 12 26 - MK en De Plate Kompanje bied aan Groot Gees Rock Fees: Zinkplaat, Die Helde, Foto Na Dans, Van Coke Kartel, Straatligkinders, éF-éL, Lukraaketaar, Monochord, New Holland, Rean Rottweiller, Die Melkterk Kommissie, Glaskas, The Orange Stiletto's, Die Oranje Vryskape, Stilbaai
vetseun
vetseun

2007 12 17-22 26-31 - De Plate Kompanje bied aan Die MK Tweede Avontoer
vetseun

2007 10 25 - Die Seks, Die Helde, Hidden Cellar, 21:00, R20
vetseun

2007 09 01 - Lente Lawaai 2007: Prime Circle, Die Helde, Jesse Jordan, Zinkplaat, Rory Eliot, Foto Na Dans, Akkedis, Hosted by: Mark Palmer, Black Bull, Stellenbosch - www.blueworld.co.za - Sky Promotions
vetseun

2007 08 18 - Bellville Rock City: Foto Na Dans, Straatligkinders, Die Helde, Die Kys, Die Lewe Na Dood, Snotklap, Curro Privaatskool, 18:00, R40
vetseun

2007 08 16 - Straatligkinders, Die Helde, Die Mystic Boer, 21:00, R20
vetseun

2007 07 26 - Zinkplaat, Die Helde, HS Outeniqua, George

2007 06 22 - Ubuntoer 2007 : Zinkplaat, Die Helde, Bibberfees, Smithfield

2007 06 21 - Stones (met Die Helde en Konsentrasiekamp 20), Bloemfontein

2007 06 20 - Ubuntoer 2007: Zinkplaat, Die Helde, Chilli's, Hatfield, 20:00

2007 06 19 - Ubuntoer 2007: Zinkplaat, Die Helde, Radio Suid-Afrika, Café Barcelona, Pretoria, 20:00
vetseun

2007 06 18 - Ubuntoer 2007: Zinkplaat, Die Helde, Sonsteek, Back2Basix, R30
vetseun
Aaa, dit behoort maklik te wees as dit so naby is, maar na die rugby gaan die hele week miskien moeilik wees ... Back2Basics is volgebook, en almal is hygend aan afwagting vir die Weskaap vibes. vetseun
Vanaand is 'n rocker want daar is 'n super band saam op die Ubuntoer bill, Sonsteek maak so paar skuiwe aan die beligting en klanktoerusting, wat dreig om die plek te oorval, en dis aan!!! Nardi bring die skare amper almal tot hul voete, en B2B word in die fondamente geskud.
Rooi Oorlog en 70x7 word met 'n paar nuwes gemeng, en hulle maak seker dat daar nie van die band "vergeeeeeet" word nie ... super.
Die Helde bring so bietjie rustigheid na die situasie, maar Mikrofoon, Jy moet luister en Wat gebeur? word met die volkslied Reënboognasie tot in die uiterste beklemtoon. Radio word weer met so bietjie hulp weergegee, wat juigende uitroepe veroorsaak het, en die wat nog kon sit was maar min. ...
" .. Wat van Zinkplaat? Wat van Zinkplaat? .. "
Zinkplaat neem die mikrofoon oor, en die skarrelende skare mense word met die energie van die Miskruier gevul. Hulle rock B2B met grappige, emosionele, reguit, tong-in-die-kies, rustige, opswepende vibes, en genoeg gees vir 'n bus (trok ...).
Hoogtepunte (die hele aand) was weereens die Stiletto-meisie wat Donkiekar se koor soos hemel laat klink, en ons die kamera laat onthou het ... En natuurlik Piekniek wat ons die keer nie van die rusbankrugleuning af probeer request het nie.
'n Perfekte Melville aand, al was daai mooi meisie se ou se broer so bleep. Kyk uit vir Kuberkoos en Katvrou foto's, hulle gaan rock!!!
vetseun

2007 06 16 - Ubuntoer 2007: Zinkplaat, Die Helde, Bourbons, Potchefstroom, 20:00

2007 06 15 - Ubuntoer 2007: Zinkplaat, Die Helde, Die Sinkshack, Bronkhorstspruit, 20:00
vetseun
Noord met die N1, regs net na Lynnwood, en in die nag sal jy nie weet waantoe nie, maar daar's sulke bultjierige goed tussen Pretoria en Bronkhorstspruit, en spaceagtige tolhekke vir die teer ...
Die Sinkshack is 'n superhoutkonstruksie met meer draaitjies en plekkies vir kuier as enige ander, bars, en sulke perfetheid-self banke waarin mens kan wegsink met die koue biertjie (R8!) en natuurlik die musiek.vetseun
Dis die Ubuntoer dude, en daar is 'n hele trok (kort?) vol Stellenbossers en omgewing in die plek, en die gees is hemelhoog!! Die klank is vars en knersend, en die soundcheck laat mens lippe aflek en gou weer die bar soek vir so bietjie lafenis voor die klankaanslag. Die Helde skop af met hulle mengsel van musiek, voetstampend lekker en saamsing bekend, al klaar. Die treffers word gedoen: (die hele CD) ... plus 'n paar verassings soos bv 'n lekker Rancid een wat musiek en die elektriese transformasie daarvan ... Die twee bands is gemaak om saam te speel.
Zinkplaat skuif so bietjie reg, en dit gee die bestuurderes van die Sinkshack om 'n paar pryse uit te deel aan jong Bronkhortspruitjies wat ingeskryf het vir 'n tekenkompetisie. 'n Mountainbike, 'n Ipod, maar almal wou die PS3 gehad het ...
Met oorslaapplek en 'n pruttende potjie altyd aan die gang, is hierdie 'n werklike uitkom kans in die koue oopte. Die kroeg word 'n verkiesde bestemming, maar orals staan groepies mense en bespreek die musiek, of hul nuutste MXit kontak of iets dergliks, lekker gesellig.
Die banke word volgesit, en die ligskou verander die rustige plekkie in 'n musiekpompende club. Zinkplaat skop af, en die Goeie Goete is volop. 'n Zinkplaat show is seker nooit lank genoeg nie, maar van ons gunstelinge (die hele CD) is deel van die lys, Elvis was daar saam met so paar Hêndsoppers, die allermooiste superromantiese treffer Piekniek Opie Maan was stadiumgroot, en toe die pragtige Liezl van The Orange Stilettos Bertie join om Donkiekar te doen ... ja wel, toe is alles tegnies deur die kerk ...
Plus menigde professionele stilte toestoppers, en 'n paar blues songs uit Basson se kitaar wat mens na jou asem laat snak, sien hom saam met tegnies enige groot band daarbuite!!
Die aand eindig met 'n crescendo van gelukwensing en handskud, nog so paar biere, twee huweliksproposals, een van die bank se rugsteuning afval, een paar sleutels verloor en gekry, een selfoon verloor en gekry, dankie!! Sien die Sinkshack vinnig weer.

2007 03 19-24 - Beyerskloof Musiek Marathon: Kaleidsoskoop, Slagyster, Lukraaketaar, Gian Groen (Spinnekop), Die Hartvruggies, The Orange Stilletto's, DNA Strings, Jan Blohm, Go Team!, Rastamie, Captain Stu & The Llama's, The Violent Free Piece, Gerald Clark, Southern Gypsey Queen, Boulevard Blues Band, Sondag Sensasie, Foto Na Dans, Die Helde, Bed On Bricks, Hanru Niemand, Koos Kombuis, Dikazzins, Zinkplaat, Rory Eliot, Klein Libertas Teater
Beyerskloof Musiek Marathon

2007 02 - Skole Toer met Zinkplaat, Die Helde en Slagyster
2007 02 28 - Zinkplaat, Die Helde, Hoërskool Swartland, Malmesbury, R20
2007 03 01 - Zinkplaat, Die Helde, Paarl Vallei Hoërskool, Somerset Wes, R20
2007 03 03 - Zinkplaat, Die Helde, Slagyster, Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch, R20
vetseun

2006-07 - De Plate Kompanje bied aan Die Eerste Avontoer: Zinkplaat, Dikazzins, Sondag Sensasie, Die Helde, Foto Na Dans, Slagyster - Beyerskloof
Die Eerste Avontoer

2006 09 06 - De Plate Kompanje en Klein Libertas Teater bied aan Die Eerste Avontuur - CD LONSH: The Orange Stiletto's, Foto Na Dans, Zinkplaat, Dikazzinz, Die Helde, Sondag Sensasie, Slagyster, Gerald Clark, Buitenstander, 18:00, R25
vetseun

2006 2 September - Jan van Riebeek se Rock Festival, CT, met Zinkplaat, Die Helde, Bed On Bricks







bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )