Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Die Begin

Die Begin - "Knoppiesdoringstraat EP" Vrystelling
vetseun
"Die beste nuwe musiek is altyd dit wat jy nooit gedink het jy nodig het nie - tot jy dit hoor. Dit is hierdie EP, en dit is Die Begin." - Toast Coetzer (The Buckfever Underground, Simply Dead)

Dit het alles begin met 'n man. En sy vrou. En sy jonger broer. En sy twee nefies (wat ook boeties is). Toe Bittereinder se bebaarde kletsrymer hierdie familie saam met 'n dosyn akoestiese instrumente in 'n voorstedelike motorhuis in 'n myndorpie teëkom, was 'n behoorlike Afrikaanse folk band 'n amper onvermydelike resultaat. Die 6 lede van Die Begin se lewenspaaie het afsonderlik begin in die hartjie van die Karoo, die noordelike grens van die Noordwes en die berugte stad van Pretoria, en toe ietwat onvoorspelbaar gekruis in Brits, 'n groeiende plaas/myndorpie op die grens van Gauteng en die Noordwes provinse, in 2011.

Met baie min alternatiewe vermaaklikheidsgeleenthede en 'n gemeenskaplike liefde vir musiek was dit nie lank voor die ses vriende nuwe lirieke, melodië en ritmes saam begin uitkerf het in die regte plek vir sulke dinge nie: 'n graatsj. Al die belangrike elemente van outentieke folk musiek was teenwoordig: 'n gevoel van familie (in hierdie geval was die gevoel natuurlik heel eg), veelvoudige vokale harmonieë, eenvoudige soliede ritmes, deurdenkte lirieke en eindelose skaterlag rondom 'n vuurtjie. Die musiek groei toe tot 'n eerlike, organiese folk-klank, begelei deur instrumente wat bespeel word sonder enige truuks of kunsmatige effekte.


"'Knoppiesdoringstraat EP' is 'n verrassende, hoogs aangename debuut. Ek reken dit 'n hoogtepunt vir plaaslike musiek in 2012." - Pieter Redelinghuys, LitNet
vetseun
Halfpad deur 2012 het Die Begin 'n 5-snit-EP (getiteld "KNOPPIESDORINGSTRAAT EP") opgeneem by Benjamin Studio in Pretoria saam met Jacob Israel (dieselfde man wat Fulka se eerste album gedoen het). Die 5 liedjies op die EP is 'n goeie verteenwoordiging van die band se eerste 18 maande van liedjieskryf, insluitend 'n roerende cover van Fokofpolisiekar se "Brand Suid-Afrika" (lirieke gebruik met Hunter Kennedy se vriendelike toestemming). Die EP se wonderlike kunswerk is gedoen deur illustreerder Gerhard van Wyk. Die video vir die eerste enkelsnit "Vulkaan" word gemaak deur die Pretoriaanse filmmaker Adam Heyns, en sal in November 2012 vrygestel word. Gedurende Die Begin se eerste paar optredes het hulle die verhoog gedeel met kunstenaars soos Valiant Swart, Jan Blohm, Paul Riekert, Toast Coetzer en Andries Bezuidenhout, en hulle optrede gedurende die OOPMOND vertoning by Oppikoppi 2012 was op kykNET se "Fiesta" gewys.

In die lig van die algemene positiewe terugvoer wat hulle tans ervaar, is Die Begin baie opgewonde om te sien wat in die volgende paar maande en jaar gaan gebeur, en het besluit om hulle eerste opnames gratis vry te stel.

Gaan laai af en geniet Die Begin se 'Knoppiesdoringstraat EP gerus hier:
http://soundcloud.com/diebegin/sets/knoppiesdoringstraat-ep/

DIE BEGIN is:
Liani Reynolds: klavier, melodika, stem
Malherbe van Heerden: cajon ( "boksdrom"), stem
Jaco van der Merwe: kitaar, stem
Kalla Reynolds: banjo, stem
Christiaan Reynolds: kitaar, trekklavier,stem
Kallie van Heerden: perkussie, stem

FACEBOOK: https://www.facebook.com/DieBegin
SOUNDCLOUD: http://soundcloud.com/diebegin

Vir enige media navrae, onderhoude of foto's kontak asb:
Laurissa Vergottini | laurissa@publik.co.za

vetseunGRATISvetseun
Knoppiesdoringstraat EP ................ 2012 SOUNDCLOUD
1. Vulkaan
2. Brand Suid-Afrika
3. Onverantwoord
4. Bome
5. Onderhoofmeisie

---------------------------------------------------------------------------------------


Die Begin - "Knoppiesdoringstraat EP" Release
vetseun
"The best new music is always that which you thought you'd never need - until you hear it. That is this EP. That is Die Begin." - Toast Coetzer (The Buckfever Underground, Simply Dead)

It all began with a man. And his wife. And his younger brother. And his two cousins, who are also brothers. Add Bittereinder's bearded frontman, a dozen acoustic instruments and a suburban garage in a small mining town, and a proper Afrikaans folk band is an almost inevitable result. Hailing from the heart of the Karoo, the Northern border of the North West province and the infamous city of Pretoria, the 6 members of Die Begin followed their individual life-paths so precisely that they all connected (somewhat unpredictably) in Brits, a small but growing town on the border of Gauteng and the North West province in 2011.

With very few alternative recreational opportunities, and a common love of music, it wasn't very long before the six friends were carving out new lyrics, melodies, rhythms and harmonies in the proper place for such things: a garage. All the important elements of authentic folk music were present: a sense of family (in this case a pretty genuine sense at that), layered vocal harmonies, simple solid rhythms, pensive lyrics and endless laughter around a fireplace. The music itself proved to be simple but beautiful, all instruments played without effects or gimmicks, an honest and organic folk sound.

"Knoppiesdoringstraat EP' is a surprising, highly enjoyable debut. I consider it to be a highlight for local music in 2012." - Pieter Redelinghuys, LitNet
vetseun
Aided by the skilful Jacob Israel at Benjamin Studio in Pretoria (the same man who recorded Fulka's debut album), Die Begin completed work on a 5 song release titled "KNOPPIESDORINGSTRAAT EP" in September 2012. The 5 recorded songs constitute an accurate representation of the range of the band's first 18 months of songwriting, including a stirring cover of Fokofpolisiekar's "Brand Suid-Afrika" (lyrics used with Hunter Kennedy's kind permission). The album's spectacular artwork was created by Pretorian illustrator Gerhard van Wyk. The video for the first single "Vulkaan", is directed by filmmaker Adam Heyns, and will be released in November 2012. Die Begin's first few live performances saw them share the stage with artists such as Valiant Swart, Jan Blohm, Paul Riekert, Toast Coetzer, and Andries Bezuidenhout and their performance at Oppikoppi 2012, as part of the OOPMOND show, was featured on kykNET's Fiesta.

With resounding positive feedback from all quarters, Die Begin is excited to see what the next few months and years will yield, and have decided to release their first recordings free of charge.

Please download and enjoy Die Begin's "Knoppiesdoringstraat EP" here:
http://soundcloud.com/diebegin/sets/knoppiesdoringstraat-ep/

DIE BEGIN is:
Liani Reynolds: piano, melodica, vocals
Malherbe van Heerden: cajon, vocals
Jaco van der Merwe: guitar, vocals
Kalla Reynolds: banjo, vocals
Christiaan Reynolds: guitar, accordion, vocals
Kallie van Heerden: percussion, vocals

FACEBOOK: https://www.facebook.com/DieBegin
SOUNDCLOUD: http://soundcloud.com/diebegin

For any media enquires, interviews or photos please contact:
Laurissa Vergottini | laurissa@publik.co.za


skakels :








2013 06 01 - Die See, Die Begin, Kabaal Klankbaan, Wiam Otto, Klitsgras Drumming Circle
vetseun


2012 - Die See
vetseun


bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)