Dans Dans LisaDans Dans Lisa - Die Gids Vir Grootword
TuisbladDans Dans Lisa op FacebookDans Dans Lisa op TwitterDans Dans Lisa op MyspaceDans Dans Lisa op Last.fmDans Dans Lisa op YouTubeDiscogsWikipedia

Die Gids Vir Grootword - 2009


Twee van die voormanne van twee van die mees wyd erkende en gespekteerde bands. Bouwer Bosch van Straatligkinders en Deon Meiring van Glaskas verbreed hul musikale bydra hier op 'n skoon akoestiese styl. Grappig en stout met klankies wat in die agtergrond afspeel en die kant van jou mond laat lig. Daar is natuurlik die onderliggende waarhede wat enige so 'n gids moet hê.

Met 'n hoop speelse video's is die trefkrag van die kitaargedrewe album net vermeerder. Die nuutste Stories En Stories in 2011 uitgegee. 'n Perfekte samekoms van die twee se liriese geskrywery. Beide Straatligkinders en Glaskas se eerlike, kom-ons-werk-saam, raadgewende snitte word al lank "besing". Die eerste drie snitte wat internetspasie opgeneem het, Sing In Skaamte, My (Eks)kuus en Die Mense Hier (myspace) is goeie voorbereiding vir die album.

Daar is oorgenoeg opgewondenheid en geluk vir drie CDs hier. Met kitare wat mekaar ondersteun en eggo, die stemme dieselfde, is Prentjies so positief as wat hy ernstig is. Die ooreenkomste tussen die akoestiese liedjies maak vir 'n meer soliede album, en daar is niks wat aandag van die lirieke aftrek nie.
............. "my verbeelding is my grootste vyand" .................
'n Paar duo's het al naby gekom aan hoe mens dit kan doen, en hier is een van hulle. Die skree fluister redes vir Sing In Skaamte en erkenning in Koerantopskrifte is maar net 'n smaak vir die nederige manier waarop goed afgehandel word.
............. "partykeer is dit beter om te verloor, want dan kan jy ten minste" ........
Waar party snitte onheispellend die realiteit verwoord, maak ander jou seker dit sal ten minste met goeie musiek en swaaiende kore aangepak word. In Stories En Stories en My Ek(skuus) word die liefdesprobleem aangepak op 'n meer kontemporêre man/vrou idioom, iets wat net so maklik as lewenswaarhede in die Gids meegegee word.
............. "glo my nou as ek sê ek is jammer" ...................
Na die einde toe is die Myspace liedjies wenners, en 'n weergawe van Louis van Rensburg se Voshaarnooi is voorgereg vir Ekhouvanjou,okay! se rondspeel met My Ek(skuus) en beats, 'n Potch klubhit verseker.
............. "Mense hier is maaa aaaaaal!!" .................
LiefdeWen vir Die Gids, kry hom, TakeALot, hy sal genot verskaf by luisterpartytjies met kuier, tot kinderpartytjies met kerse. 'n Ligte trant, onderstreep met kennis, nie aldag wat mens twee sulke ervare bandleiers op 'n minimalistiese verhoog te siene kry nie.

Die Gids Vir Grootword . DGR 1828 GRESHAM
1. Prentjies (VIDEO)
2. Vier Dae
3. Mooi Is Net 'n Woord
4. Sing In Skaamte (VIDEO)
5. Koerantopskrifte (VIDEO)
6. Gisteraand (VIDEO)
7. Stories En Stories (VIDEO)
8. My Ek(skuus) (VIDEO)
9. Mense Hier (Strikfontein) (VIDEO)
10. Voshaarnooi
11. Ekskuus My (DDL vs Ekhouvanjou,okay!) (VIDEO)

Dans Dans Lisa - Stories En Stories
Straatligkinders & Glaskas CDs
Straatligkinders - Die Versameling 2CD/DVD
Straatligkinders - Lank Lank Gelede En Ses Voet Benede
Glaskas - Aan Die Ontmaskerde Heldin - Special Edition
Glaskas - Revolusie, Romantiek, Ruk en Rol
Straatligkinders - Maak Jou Oë Toe En Jou Hart Oop... EP
Die Versameling 2CD/DVD (2010)
Lank Lank Gelede En Ses Voet Benede (2010)
Aan Die Ontmaskerde Heldin - Special Edition (2010)