Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Devenier
vetseunvetseun
Bam Bami .................... SELBCD467 2003 SELECT
1. Bam Bami
2. Ek En Ferreira
3. A Little Peace
4. Staan Opsy
5. My Beker
6. Ribbons Of Blue
7. Ver In Die Ou Kalahari
8. Pretend
9. Die Muur Om Ons
10. Running Bear
11. 'n Lied Vir Pa En Ma
12. Scotty Boy
13. We Need A World Of Love
14. Dis In Die Aand
15. Bam Bami (Remix)
16. He Thinks I Still Care

Wanneer twee susters ook vriendinne is en boonop pragtig kan saamsing, kry jy Devenier se debuutalbum, Bam Bami. Onopgesmuk in komplementerende harmonie bied Marietjie en Tirsa Devenier 'n aangename versameling onthouliedjies en nuutskeppinge met onmiddellike trefkrag. Ja, dié ma's klop aan harte en het die dansvloere behoorlike aan't gonse met hul reusetreffer, Bam Bami! Sonder dié een word nie gejol nie! Die volksbesitliedjie, Vat Jou Goed En Trek Ferreira word omgeskep as Ek En Ferreira en kry 'n heerlike byderwetse aanslag met hedendaagse lirieke en 'n opgewekte ritme. Die vroue stof ook Ver In Die Ou Kalahari met vokale kinkels en daardie gewilde polsnommer Running Bear met smeulwoema af. Wanneer die litte in rat is, bied hulle strelende luistermusiek met 'n dubbelskeut country. Dié ma's sprankel met hul bekoorlike weergawes van gisterjuwele soos A Little Peace, Ribbons Of Blue, Scotty Boy, We Need A World Of Love, Pretend en He Thinks I Still Care. Uit Tirsa se pen vloei die treffer Bam Bami en ander byblyliedjies: Staan Opsy, Die Muur Om Ons en 'n Lied Vir Pa En Ma - nostalgiese bekoring. Geniet 'n genotvolle album, gevul met tydlose gunstelinge: geesdriftig aangebied!



skakels : HARTMAN

















bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)