|
|
David de Lange het bykans ´n miljoen plate verkoop en dis asof hy nooit bestaan het nie. |
|
Hy het flambojant aangetrek en wild geleef. Mampoer gesuip en meisies betower. Vir vyf asemrowende jare die land aan die brand gespeel met rou, vurige en aardse boeremusiek. Hy was....David de Lange, die Nagloper. Suikerbossie, Jy Is My Liefling, Waar is Moeder... Die Dertigs het aan ´n man met die naam Dave behoort. Sy vriende het hom Dawie genoem. Hy het bykans ´n miljoen plate verkoop en vandag is hy vergete, hmm, oftewel, tot nou toe. Dawie de Lange, die Nagloper. ´n Eenmanproduksie met Ian Roberts binnekort in ´n teater naby jou. ´n Komedie vol polka´s en vastrappe wat jou sal laat lag en soms ´n traan van jou wang sal laat afvee. Geskryf deur Rian Malan en Regie deur Albert Maritz Desember datums van die eenmanvertoning Dawie de Lange, die Nagloper by die volgende Teaters: 6 Desember: Dorpstraat Teater, Stellenbosch 021 886 6107 8 Desember: Die Boer, Durbanville (gekanseleer) 11 Desember: Ou Meulteater, Paarl 0835640056 12 Desember: Motto Clique Theatre, Gardens, Cape Town - Besprekings kan gemaak word deur Computicket www.computicket.co.za Die Radio Kalahari Orkes se splinternuwe cd, Die Nagloper, musiek van David de Lange ook nou in die winkels en by vertonings beskikbaar. Desember vertonings van die Radio Kalahari Orkes: 10 Desember: Dorpstraat Teater, Stellenbosch 021 886 6107 |
|
|
Terraplane Entertainment |