Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Danie Bosman (D. Bosman)
met Nico Carstens met Charles Doubell
vetseunvetseunvetseun
Liedjies En Wysies LP . MFP 5769/SCXJ 11147 1969 MUSIC FOR PLEASURE/COLUMBIA/EMI
Kant Een:
1. Gertjie Is Die Bruid; Op 'n Braaivleisaand; Wat Makeer Jou Nou?
2. Net 'n Stille Uurtjie; Ou Musikant; Skemer Uurtjie
3. Bettie Babbelkous
4. In Die Skadu Van Ou Tafelberg
5. Ek Verkies Die Wapad
6. In My Droomskuitjie; Goeienag
Kant Twee:
1. Boereseun
2. As Die Boereorkes Speel; Daar Onder In Die Kaap; Oom Bossie Van Die Bosveld
3. Lente In Die Ou Transvaal
4. Kaapse Draai
5. Danie Bosman Rapsodie
6. My Skat; Bergrivier

vetseun
Danie Bosman soos gespeel deur Max Givin . AACD 173 ALFA ATELJEE
1. Oom Bossie Van Die Bosveld
2. Liefling
3. Daar Onder In Die Kaap
4. Bergrivier
5. My Skat
6. Op 'n Braaivleisaand
7. Ou Musikant
8. Kaapse Draai
9. In Die Skadu Van Ou Tafelberg
10. In My Droom Skuitjie

vetseunvetseun
Danie Bosman soos gespeel deur Max Givin LP . MFP 54631 1975 MUSIC FOR PLEASURE
Kant Een:
1. Ou Musikant
2. Kaapse Draai
3. In Die Skadu Van Ou Tafelberg
4. In My Droomskuitjie
5. Ek Verkies Die Wapad
6. Skemeruurtjie
Kant Twee:
1. Oom Bossie Van Die Bosveld
2. Liefling
3. Daar Onder In Die Kaap
4. Bergrivier
5. My Skat
6. Op 'n Braaivleisaand

Min Shaw en Franz Marx
vetseunvetseun
Die Danie Bosman Storie LP . BRS/234 1969 BRIGADIERS MUSIEK
Kant Een:
1. Danie Bosman Rapsodie (Danie Bosman)
2. Oom Bossie Van Die Bosveld (Lance James, Don Leonard) (Danie Bosman)
3. My Skat (Min Shaw) (Danie Bosman)
4. Lente In Die Ou Transvaal (Min, Lance) (Danie Bosman)
5. Net 'n Stille Uurtjie (Min) (Danie Bosman)
6. Bettie Babbelkous (Min) (Danie Bosman)
7. Goeienag (Min) (Danie Bosman)
8. Daar Onder In Die Kaap (Min, Lance, Don, Kinders) (Danie Bosman)
Kant Twee:
1. In Die Skadu Van Ou Tafelberg (Min, Gert) (Danie Bosman)
2. In My Droomskuitjie (Min, Lance) (Danie Bosman)
3. Boereseun (Min, Gert Potgieter) (Danie Bosman)
4. Gertjie Is Die Bruid (Min) (Danie Bosman)
5. My Skat (Gert) (Danie Bosman)
6. Ou Musikant (Min, Lance) (Danie Bosman)
7. Kaapse Draai (Kaapse Klopse) (Danie Bosman)
8. Goeienag (Gert) (Danie Bosman)
9. Danie Bosman Rapsodie (Danie Bosman)

Regisseur: Director
ELMO DE WITT

Musiekdirekteur : Musical Director
CON LAMPRECHTvetseun

Draaiboek : Script
GILBERT GIBSON

Platepruduksie : Record Production
ALBIE VENTER - HENK OOSTHUYSEN - ROY EVANS

Bykomende Musiekverwerkings: Additional Musical Arrangements
MIKE SIMPSON - GEORGE HAYDEN - DIMPEL PRETORIUS

SANGSTEMME
Dorothy Bosman : MIN SHAW
Danie Bosman : LANCE JAMES
Chris Lessing : GERT POTGIETER
Oom Bossie van die Bosveld : DON LEONARD

DIE LEWE VAN DANIE BOSMAN

Danie Bosman - die man wat met reg die grootste Afrikaanse komponis genoem kan word - is, ironles genoeg, vandag onbekend.
Watter Afrikaner het nog nie gehoor van "Boereseun", "In Die Skadu Van Ou Tafelberg", "Kaapse Draa", "Lente In Die Ou Transvaal", "Daar Onder In Die Kaap", "Goeienag" en "My Skat" nie? Hierdie melodieë en nog vele ander is almal Danie Bosman se komposisies.vetseun
Dié komponis, skepper van soveel van ons mooiste melodieë, is in 1946 op die ouderdom van 39 aan kanker oorlede. Op daardie tydstip het hy reeds 32 melodieë geskryf, waarvan die grote gros vandag algemeen bekend is en gereeld oor die radio gehoor word. Danie Bosman het nog sowat 100 melodieë geskryf, wat op een tydstip van sy Iewe egter tragies verlore geraak het. Hy het ook, en hierdie feit is onbekend, 'n aangrypend pragtige Rapsodie geskryf, wat uiteindelik sy ereplek in die rolprent oor sy Iewe inneem as een van die groot Rapsodieë van ons tyd.
Sy eerste melodie wat erkenning geniet het, was "In Die Skadu Van Ou Tafelberg": dit is deur Debroy Summers, bekende B.B.C.-orkesleier van die dertiger-jare gehoor en deur die S.A.U.K. uitgesaai. Danie Bosman self het nie op daardie tydstip 'n radio besit nie en moes die aand in die reën by die venster. van sy toekomstige vrou, Dorothy, luister na die eerste uitsending van sy liedjie.
Hulle is toe later getroud en het een ele seun gehad. Hy is vandag in Johannesburg werksaam. Hulle het ook 'n seun aangeneem, wat later 'n polisieman in Tanzanië geword het.
Die bekende Anton de Waal en Danie Bosman was goeie vriende sedert die vroeë jare toe hulle saam Staatsouditeurs was en ses maande elke jaar munisipale boeke dwarsdeur Suid-Afrika geoudlteer het. Anton de Waal het baie nuttige wenke gegee met die vervaardiging van die prent oor die lewe van sy ou vriend.
In 1938 skryf Danie Bosman "Boereseun", wat 'n blitsverkoper word. Van die plaat soos gesing deur Chris Lessing, is bykans 50,000 eksemplare verkoop. 'n Verdere 10,000 eksemplare bladmusiek is ook verkoop. Van hierdie treffer verdien hy egter slegs 10/6 (R1.05) ! Dit was die dae voordat Suid-Afrikaanse kunstenaars tantieme ontvang het.
Anton de Waal vertel dat Danie Bosman dit eenkeer aan hom genoem het dat George Gershwin sowel as Jerome Kearne, vir wie hy groot bewondering gekoester het, in hul 39ste jaar oorlede is. Danie het nog grappig bygevoeg dat hy hoop om darem minstens 40 te bereik.
Soos die noodlot dit beskik, word Danie gevra om sy Rapsodie een aand saam met die Kaapstadse Simfonie-orkes in die Kaapse stadsaal persoonlik uit te voer. Hy was teen die tydstip reeds siek, dog het ingestem. Gedurende die uitvoering egter sak hy inmekaar. Hy is dadelik hospitaal toe gebring, waar kanker in die ergste graad gediagnoseer is. Danie was slegs 39 jaar.
Terug by sy huis in Kaapstad verswak sy gesondheid vinnig. Hy sterf een aand, onderwyl hy tesame met Dorothy en sy ou vriend Anton de Waal, luister na die eerste halfuur program van die S.A.U.K., aangebied deur Cecil Whiteman en gewy aan die musiek van Danie Bosman. - Bertrand Retief - omslag


FAK Liedjies:
182 Kaapse Draai, digter, komponeer


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)