Francois van RensburgFrancois van Rensburg - Dromerlaan
TuisbladFrancois van Rensburg op FacebookFrancois van Rensburg op TwitterMyspaceLast.fmFrancois van Rensburg op YouTubeDiscogsWikipedia

Dromerlaan - 2011


Die album word bemark en versprei deur Electromode Music en sluit in 'n duet met Coenie de Villiers.

Francois van Rensburg se eerste album, Dromerlaan, is onlangs vrygestel, en niemand minder nie as Wouter van de Venter het die album vervaardig. Die eerste snit, Rondomtalie, sal dalk bekend klink, omdat Chereé dit ook al opgeneem het. Dit is egter, soos al die ander liedjies (met een uitsondering) sy eie komposisie. Op Cowboys huil nie sing hy van die tipiese houding van mans wat nie hul emosies moet wys nie. Wouter het As ek verlief raak nie net geskryf nie, maar ook al in die verlede opgeneem. Vince se song, met die subtitel Verkeerde kant is baie goed, en veral die kitaarwerk is uitstekend. Dit bewys ook dat 'n liedjie soms beter klink as daar net die minimum begelelding is. Born to run is nie Bruce Springsteen se groot treffer nie, maar 'n baie goeie nuwe liedjie. Sunja sal veral by jonger luisteraars byval vind, maar dan is dit 'n baie goeie snit. Hierop wys hy dat hy net goed kan sing nie, maar ook kan "rap." Die titelsnit is pragtig, en hierop sing hy van 'n meisie en 'n ou wat op skool nie juis baie aandag getrek het nie, maar daarna tog by mekaar wou uitkom. Die volgende snit, Terugflits, is 'n inleiding tot Jaar van my lewe, waarop hy sing van 'n verhouding wat skeefgeloop het. Sally is die tweede Engelse liedjie op die CD, en hierop wys hy dat hy lekker kan rock. Die hoogtepunt op die album is die duet met Coenie de Villiers op die nostalgiese Toe ons klein was. Volla sal byval vind by almal wat al 'n ou Volkswagen Beetle gery het.
Foto's van jou is 'n lekker snit wat gewild behoort te word. Op Hoërskool lovesong sing hy van sy skoolliefde na wie hy nou nog verlang. Druppel in die see is nog 'n baie goeie snit wat radiolugtyd behoort te kry. Die laaste snit op die album is Engel op my pad, en hierop is die akoestiese kitaarwerk baie goed.
"n Mens kan agterkom dat Francois baie moeite met hierdie album gedoen het; hy het van ons land se beste musikante gekry om daarop te speel, en hy het regtig 'n aantal goeie liedjies geskryf.

deur Daantjie Dinamiet
http://www.dinamiet.co.za/

Vir Besprekings:
Anita: 071 609 6958, anita.bluedivision@gmail.com, www.bluedivision.co.za
Vir Navrae:
Mariska: mariska@electromode.co.za

Dromerlaan . CSRCD 343 ELECTROMODE
1. Rondomtalie
2. Cowboys Huil Nie
3. As Ek Verlief Raak
4. Vince Se Song / Verkeerde Kant
5. Born To Run
6. Sunja
7. Dromerlaan
8. Terugflits
9. Jaar Van My Lewe
10. Sally
11. Toe Ons Klein Was
12. Volla
13. Foto's Van Jou
14. Hoërskool Lovesong
15. Druppel In Die See
16. Engel Op My Pad

Francois van Rensburg - Rondomtalie
CDs
.
.
.
.
.