Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Chris en Susie van Wyngaardt
vetseunvetseunvetseun
Soete Herinnerings LP ......... KLS 283 KRISTAL
Kant Een:
1. Daar In Die Maanligstilte
2. Sewe Jaar In Gevangenis - MP3 >>>
3. Swaweltjie
4. Soete Herinnerings
5. My Mooiste Droom
6. Eensaam Alleen
Kant Twee:
1. Vader Van Die Wesies
2. Waarom So Eensaam
3. Maanlig Van Moeder
4. Boodskap Van Moeder
5. Dink Aan Jou Beloftes
6. Met Trane Van Rou

As 'n mens na hierdie sangpaar luister, veral waar Susie die voortou neem, word jy onwillekeurig herinner aan die ou liedjies wat deur haar met haar wyle suster Millie (destyds bekend as die "Maanligsingers") so landswyd bekend gemaak is. Haar stem en sang is nou selfs baie beter - luister gerus na haar weergawe van "Swaweltjie". Daar is niemand wat dit ooit beter sal regkry nie. Chris is natuurlik ook 'n uithaler sanger van baie jare ondervinding. Sy bydraes hier spreek vir hulself. die twee is 'n ideale sangpaar en ons kan net hoop dat hulle nog baie lank hul uitstekende stemme vir ons sal inspan met hul eie besondere liedjies, wat hul ... innerlike ... - omslag

vetseun
Maanlig Mymering LP ............ KLS 250 KRISTAL/BONUS
Kant Een:
1. Bosveldhuis (Galway Bay)
2. So Alleen
3. Blomme Vir Moeder
4. Silwer Maanlig
5. Suid-Afrikaanse Maan
6. Liefdeslig ('till The Lights Of London Shine Again)
Kant Twee:
1. Jy Is My Klein Liefling
2. My Liefde Het Gekwyn
3. Honolulu Nooi
4. Terug Na Jou Eie Lewe In Die Stad
5. Sonder Jou
6. Kom Na Die Land Van Drome

vetseunvetseun
Geen Groter Liefde LP .......... KLS 237 KRISTAL
Kant Een:
1. Maak Die Poorte Wyd Oop (Verw. Van Wyngaardt)
2. Verlosser Van Die Kruis (Verw. Van Wyngaardt)
3. Die Huis So Skoon (Verw. Van Wyngaardt)
4. Praat Net Van Jesus (Verw. Van Wyngaardt)
5. Hy's Spoedig Hier
6. Alles In Jesus
Kant Twee:
1. Dertig Stukke Silwer (Van Wyngaardt)
2. Telefoon Na Boontoe
3. Nagtyd Is Die Wêreld (Verw. Van Wyngaardt)
4. Bereken Die Prys
5. Wat Jy Saai Sal Jy Maai
6. Die Hand Wat Moes Ly

Met die verskyning van hul eerste langspeelplaat (LIEFDE EN LEED - KLS 226) het Chris en Susie van Wyngaardt die publiek se harte verower. Elkeen wat na hulle luister word geraak deur die gevoelvolle wyse waarop elke liedjie deur hulle gesing word.
Ons hoop dat elkeen wat na hierdie plaat luister opnuut sal besef hoe groot Sy liefde vir die mens is en saam met Chris en Susie sê daar is GEEN GROTER LIEFDE. - omslag

Opname En Produksie: Pierre J. Lombard & Dries Lombaard

vetseun
Liefde En Leed LP ................. KLS 226 KRISTAL
Kant Een:
1. Maria
2. Jaloerse Liefde
3. My Moeder
4. Bitter-Soet Herinnerings
5. Stil Verlange
6. Suid Van Die Berge
Kant Twee:
1. Die Leë Wiegie
2. Ek Verlang Na My Vader
3. Vaalrivier Verlange
4. Terug Na Ons Huis
5. Eensame Liefling
6. Vaarwel

Chris en Susie van Wyngaardt is albei afkomstig van die ver-westelike Transvaal, en het hulle vroeë skoolopleiding in Bloemhof ontvang. Hulle is nou al vir baie jare in Pretoria woonagtig. Susie was oorspronklik 'n ... Grobler en het saam met haar suster, Millie, groot bekendheid verwerf. Hulle was bekend as "Die Maanlig-singers". Hierdie groep was voorantwoordelik vir baie platevrystellings wat groot aanvraag geniet het.
Chris het ook as sanger, wat oral in Pretoria en omgewing opgetree het, vir jomself naam gemaak. Chris en Susie tree al vir sowat twintig-jaar saam op en hulle lewer uitmuntende gevoelvolle sang. Luister en geniet nou hierdie versameling liedjies van LIEFDE EN LEED. - omslag

Opname en Produksie: Pierre J. Lombard en Dries Lombard


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)