Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Chris Chameleon .com (Boo!)
2017 06 16 - Chris Chameleon "Jy En Ek En Ek En Jy" ALBUM VRYSTELLING, Perigators Theatre, R120
vetseunLAAI AF
Jy En Ek En Ek En Jy .......... CP014 2017 COLESKE ARTISTS
1. My Beminde (Die Deurbraak)
2. Nie Sonder Die Liefde Nie
3. Kom
4. Die Intimiteit Van Ons Greep
5. Aangekondig
6. Die Onomskryfbare
7. Jy En Ek En Ek En Jy
8. 'n Glinsterende Herinnering
9. Rinkink
10. Oppe En Affe
11. Die Rede
12. Aalmoes

vetseunLAAI AF
Kom CDS ........................................... 2017

vetseunLAAI AF
Die Intimiteit Van Ons Greep CDS . 2017


Chris Chameleon - Hurt VID >>>

vetseun
Dit was nie ek nie! .............. 2015
- illustrasies, Salemien Grobbelaar
ISBN: 9780624071693

It is hot under the African sun and the animals want to rest on a comfortable-looking anthill under the thorn tree. Gaffie the giraffe, Ronnie the rhino and Annabella the ostrich each sit down, but are quickly driven away again by a very RUDE noise . . . 'Prrrrrrr""!
'It wasn't ME!" they all protest, embarrassed because they are the laughing stock of the monkeys in the tree. But then Annabella the ostrich decides to look behind the anthill and finds the culprit: Len the leopard, who is fast asleep and snoring loudly!


Chris Chameleon & Daniella Deysel - Ek Volg Hopeloos VID >>>


Chris Chameleon & Daniella Deysel - Die Weerkaatsing VID >>>

met Daniella Deysel
vetseunvetseunKOOP/BUYvetseunvetseun
Posduif ................................................ 2014
1. Die Weerkaatsing
2. Knop Knop
3. Stukkie Van Jou Oë
4. Versuim Versag
5. Posduif
6. Simmerson
7. Jy Maak Hier Nes
8. Ek Volg Hopeloos
9. Vorentoe Val Gesigte
10. Aardskokke
11. Jy Leef Vorentoe
12. 'n Stilstaande Lug
13. Dit Is Al


Bittereinder - Kulkuns met Chris Chameleon VID >>> (2013)

vetseunvetseun
Herleef - Psalms & Gesange .......... 2013
1. U Wat Van Ouds Af Ons Behoed
2. Landspsalm
3. Daar Is Geen Land
4. Die Heer Is Groot
5. Toe God Uit Smaad En Slawerny
6. Laat Bouers Bou Al Wat Hul Kan
7. Sy Goedertierenheid Bestaan In Ewigheid
8. Loof Die Here Al Wat Lewe
9. Al Sou Ek Ook Die Tale Spreek
10. Prys Die Naam Van Onse Heer
11. O Christus Ons Verlange
12. O Heer My God

In Oktober 2013 word Chris Chameleon se uitsonderlike studio-album getiteld Herleef: Psalms en Gesange vrygestel.
Riaan van Rensburg (tromme), Albert Frost (kitaar) en Schalk Joubert (baskitaar) het saam met Chris gewerk om 12 nuwe liedjies te skep, waarvan die lirieke geïnspireer is deur die teks van ou psalms en gesange. Die opname spog weer met Chris se besondere stem wat oor 4 oktawe strek, sy vokale vermoëns en sy uitsonderlike talent.
Chris sê: Dit is die album met die meeste skop wat ek nog in Afrikaans opgeneem het. Ek hoop dit herinner mense hoe groot God is. Ek hoop die saambindende krag van musiek laat ons verby ons verskille kyk en eerder na mekaar se harte.

vetseun
Herleef Psalms & Gesange . AMCD143160834 2013 CHRISTIAN ART MEDIA
1. Psalm 127 - Laat Bouers Bou
2. Psalm 48 - Die Heer Is Groot
3. Gesang 276 - Die Uitnemendheid Van Die Liefde
4. Gesang 36 - Landpsalm
5. Psalm 134 - Laat Heer U Seën Op Hul Daal
6. Pslam 1 - Welsalig
7. Gesang 38 - U Wat Van Ouds Af Ons Behoed
8. Psalm 8 - Daar Is Geen Land
9. Gesang 62 - Loof Die Here, Al Wat Lewe
10. Psalm 135 - Prys Die Naam Van Onze Heer
11. Psalm 126 - U Het Gered
12. Psalm 136 - Sy Goedertierenheid (Sal Bestaan In Ewigheid)

'Daarom het ek besluit om 'n paar van my gunsteling psalms en gesange op te neem, nie net omdat hulle langsamerhand verdwyn uit ons algemene lofprysinge nie, nie net omdat ek nog altyd wou gehoor het hoe hulle sal klink wanneer ek hulle as ek hulle opnuut toonset nie, nie net omdat hulle my gedagtes terugvoer na die dae van suiwer geloof sonder die vrae van my volwasse verstand nie, maar omdat hulle van toe tot nou my siel roer en my in 'n intieme gesprek bring met my skepper' - Chris Chameleon


Chris Chameleon - Pie Jesu met Drakensberg Seunskoor VID >>>

vetseun
Klank Van Jou Oë DVD . CCDVD001 2012 CHAMELEON PRODUCTIONS
1 .Ek Herhaal Jou
2. Ontvlugting
3. Lied Van Die Lappop
4. Afskeid
5. Op Die Voetpad
6. Offerhande
7. Bitterbessie Dagbreek
8. Ek Het Gedink
9. Die Onverkrijgbare
10. Jij't Mij Gekierang
11. Korreltjie Sand
12. As Jij Slaap
13. Gistraand
14. As Jij Weer Skrijf
15. Tokkelos
16. Waterval Van Mos En Son
17. Mij Pop Val Stukkend
18. Daar Is Net Een Vir Altijd

met Drakensberg Seunskoor
vetseun
Droomland DVD ............ 2012
1. Kyrie (Here, Ontferm U….)
2. Gloria (Eer Aan God)
3. Credo (Ek Glo In God)
4. Sanctus (Heilige God)
5. Requiem (Lied Vir Die Afgestorwenes)
6. Lied Van Die Gebreekte Riete
7. I Denna Ljuva
1. Kyrie (Here, Ontferm U….)
2. Gloria (Eer Aan God)
3. Credo (Ek Glo In God)
4. Sanctus (Heilige God)
5. Requiem (Lied Vir Die Afgestorwenes)
6. Lied Van Die Gebreekte Riete
7. I Denna Ljuva
8. Serenade
9. Droomland
10. Droomverlore
11. Champion
12. Here Comes The Night
13. Apie
14. Pie Jesu

Suid-Afrika se singende ambassadeurs, die Drakensberg Seunskoor, het 45 van hul beste studente gestuur om 'n regstreekse DVD en CD op te neem saam met die Suid-Afrikaanse sangsensasie Chris Chameleon in die enorme teater van die Sudwala Grotte in Mpumalanga. Die naam van die produksie saam met Chris Chameleon was getiteld In Dreams, en was die inspirasie vir die titel Droomland.
Chris Chameleon was baie opgewonde daaroor om saam met die Drakies op te tree en het gesê hy droom sedert sy kinderjare daarvan om in dié koor van hemelse stemme te sing. As kind was dit my droom om vir die Drakies te sing, maar as gevolg van my ma se omstandighede kon ek dit nie doen nie, het Chameleon gese.
Die eerste vyf liedjies van Chris se nuutste Afrikaanse produksie bestaan uit die Misa Criolla, wat die bekendste werk van die Argentynse komponis Ariel Ramirez is, asook Requiem deur Mozart en Pie Jesu. Aanhangers van Chris Chameleon sal van sy grootste treffers, soos Droomland, Droomverlore, Lied Van Die Gebreekte Riete, Champion, Here Comes The Night en Apie herken. Chris is bekend vir sy gevatte stories en vermaak die gehoor met humoristiese staaltjies soos hy die liedjies aan die gehoor bekendstel. Die grotte vorm 'n perfekte en unieke agtergrond, die produksie is van hoogstaande kwaliteit en is 'n moet-he vir elke musiekliefhebber.

met Drakensberg Seunskoor
vetseun
Droomland ......................................... 2012
1. Kyrie (Here, Ontferm U….)
2. Gloria (Eer Aan God)
3. Credo (Ek Glo In God)
4. Sanctus (Heilige God)
5. Requiem (Lied Vir Die Afgestorwenes)
6. Lied Van Die Gebreekte Riete
7. I Denna Ljuva
1. Kyrie (Here, Ontferm U….)
2. Gloria (Eer Aan God)
3. Credo (Ek Glo In God)
4. Sanctus (Heilige God)
5. Requiem (Lied Vir Die Afgestorwenes)
6. Lied Van Die Gebreekte Riete
7. I Denna Ljuva
8. Serenade
9. Droomland
10. Droomverlore
11. Champion
12. Here Comes The Night
13. Apie
14. Pie Jesu

vetseunvetseunLAAI AFvetseunvetseun
As Jy Weer Skryf .................. RR121 2011 RHYTHM RECORDS
1. Ek Het Gedink (MP3)
2. Afskeid
3. Offerande
4. Gisteraand
5. As Jy Weer Skryf
6. Tokkelos
7. O Die Halfmaan
8. Waterval Van Mos En Son
9. Herfsoggend
10. Daar Is Net Een Vir Altyd
11. Elke Man Het 'n Kop (VIDEO)
12. Kabouterliefde
13. Ek Het Gaan Soek
14. Herwonne Land
15. Windliedjie


Ingrid Jonker is 'n aangrypende figuur. Haar lewe het tussen die mede Sestigers soos 'n stadige tragiese operatiese drama afgespeel. Die ervaring van 'n pragtige meisie tussen die altyd dreigende inperkende realiteit word in haar gedigte, net soos in haar amper metaforiese selfmoord, strak uitgebeeld.

Chris Chameleon se musiek en faam is wyd en diep. As die Verkleurmannetjie homself het hy in verskeie vorme en kleure wydreikende skares laat juig. Met die sukses van Boo! en die swaargewig Ek Herhaal Jou uitgawe is hy een van die bestes.

Ingrid is in 1933 gebôre, op 23 publiseer sy haar eerste die bundel, Ontvlugting. Sy het haar geaffilieer met die Sestigers rondom die digter Uys Krige, en hul stand teen sensuur, die nuwe paswette en die Sharpeville moorde, het publikasie bemoeilik tot die punt van onmoontlikheid. Rook En Oker is eers in 1963 uitgegee en is in verskeie tale vertaal en breed geprys, dit wen die Afrikaanse Pers-Boekhandel prys in 1964. Kantelson word na haar selfmoord uitgegee, 1966, en al drie bundels word saamgevat in Versamelde Werke in 1975. Dié word vertaal deur Jack Cope en William Plomer vertaal, Selected Poems sien die lig in 1968. In 2007 vertaal André P. Brink, Antjie Krog en Ingrid de Kok Versamelde Werke, Black Butterflies: Selected Poems.

In oordoende grimering en piepklein rokkies het mens die surrealistiese beeld van Chris Chameleon leer ken. Die musiek is met alles wat 'n instrument is uitgebasuin, meestal met lekker dansritmes en opwekkende kore, altyd met glimlag en malheid. Hul gee Pynapl Flava in 1998 uit, en volg dit op met rekordbrekende hoeveelhede wêreldwye vertonings, en The 3 Boo?dists (1999), Naughties (2000), Shooting Star (2002), TNTLC (2003), The Three Of Us (2010)... Plus meer. Chris het rustig die Afrikaanse musiekmense in die musiekweb (-tong) vasgevang deur die legendariese Ek Herhaal Jou - en met 7de Hemel (2006) TV oorgeneem, Ek Vir Jou (2007) bietjie meer elektronies, Klassieke Chameleon (2008) versamel, Kyk Hoe Lyk Ons Nou (2009) alles manjefiek saam. Plus 'n paar DVDs plus, Shine (Solo Engels, 2006), Made Available (2008) Engelse versameling...

So as iemand jou vertel van Ingrid Jonker, op 'n stoepie in die Karoo of by die see, en jy wil regtig uitvind, dan kan niemand jou beter vertel as Chris Chameleon nie. Hierdie uitgawe is 'n voortsetting van die Ek Herhaal Jou "bundel", nog snitte met sy ontsaglike kreatiwiteit gefokus op verwerking van haar eenvoudige louter woorde. Super.


"Six years after the release of my first Afrikaans album, "Ek Herhaal Jou" - a composition of Ingrid Jonker's poems, I am still inspired and fascinated by her verse forms. I still experience the same emotional intensity that I felt the first time that I read and fully understood her work." Chris Chameleon

In 2005, Chris Chameleon intrigued the Afrikaans music community with his first, and now- iconic, Afrikaans album - "Ek Herhaal Jou". Chris is back with an album that easily builds on the creative energy that Ingrid Jonker's lyrics instilled in him. "As Jy Weer Skryf" is an eclectic musical masterpiece. The compositions are upbeat and heartfelt and there are also songs that fearlessly visit the darker side of Jonker's work. A rock and children's song also add to the variety on the album.

"As Jy Weer Skryf" is an in-depth exemplar of Chris' evolution as an artist over the past six years. The combination of Chris' unique vocal capabilities with complex instrumentation gives way to a much richer sound. "As Jy Weer Skryf" was recorded in March 2011 at Belville Studios under the guidance of award-winning music producer, Theo Crous.

Even though there are a variety of musical styles on the album, Chris' distinctive singing manner places his own unmistakable stamp on every song. The flowing nature of his pure falsetto voice is occasionally used (he also does all the backing vocals) and reminds the listener of Chris's exceptional vocal ability that few others can imitate.

Songs like Kabouterliefde, Tokkelos and Ek Het Gedink are perfect examples of Chris' highly original approach to Jonker's popular poems. This album is simply a must for all Chris' countless fans, devotees of Ingrid Jonker's poetry and all lovers of quality Afrikaans music.

More information: www.chrischameleon.com

Media Contact: Liny Kruger at Palila Publicity: liny@mweb.co.za 082 464 1926


vetseun
My Storie DVD . VONKDVD008 2010 VONK MUSIEK
1. Droomland
2. Morning Is Broken met Somerfaan
3. Epiloog
4. All Of Me
5. Wishbone
6. Genade Van Die Liefde
7. Sterredank
8. Good To Be True
9. Champion
10. Mud

vetseun
Live At The Folkswood Festival . CP 002 2009 CHAMELEON PRODUCTIONS
1. Bitterbessie Dagbreek
2. Korreltjie Sand
3. Op Die Voetpad
4. Revisited
5. Here Comes The Night
6. OOAA
7. Groet
8. Die Onverkrygbare
9. Reis
10. Jy't My Gekierang
11. My Pop Val Stukkend
12. Wishbone
13. Epiloog
14. Sterredank
15. All Of Me
16. Machine
17. Dove Mafia
18. Shine
19. As Jy Slaap

... se Storie
vetseun
kompilasie .......................................... 2009

Chris Chameleon, Anna Davel, Blackie Swart, Gerrie Pretorius, Mathys Roets, Jannie Moolman, Klopjag

vetseun
2 Vir 1 (Ek Vir Jou / Ek Herhaal Jou) 2CD . RR104 2009 RHYTHM RECORDS
Disk 1: Ek Vir Jou CD
Disk 2: Ek Herhaal Jou CD


Radio Kalahari Orkes - Staan My By met Chris Chameleon VID >>> (2009)
- LYN VAN DIE DAG 2020/12/02 - " ... Tot die bitter end, Tot die son uitbrand, Tot die see opdroog, Anderkant die verste anderkant ... "


Chris Chameleon - Apie VID >>>

vetseunvetseunvetseunvetseun
Kyk Hoe Lyk Ons Nou ......... RR098 2009 RHYTHM RECORDS
1. Taal Van Die Liefde
2. Apie
3. Eiland
4. Muur
5. Ek Kan Nie Wag Nie
6. Om Te Verdaag
7. Grootste Geskenk met Lianie May
8. Lucille
9. Altyd Tuis
10. Afspraak
11. Versteekte Snit

Net nog. Fyn uitgewerkte maklikheid. Opswepend, saamvattend.

Taal Van Die Liefde, wat Afrikaans op die mooiste idees denkbaar besing, deur die oë van 'n verliefde. Erkenning van hoeveel die Taal daagliks vir hom en andere beteken. Luilekker kitaar oor beats wat net-net wil ernstig wees. saamsing begin hier.
................... "en as ek droom, dan droom ek, in my taal..."
Apie is meer opgewek, so veel soos wat jy kan kry uit Verkleurmannetjie, parmantige rympies teen hewige ritme. Die geluidliedjie. Waar Eiland terugkeer na rustigheid, en aanvaarding van die ligte trant wat hierdie half ernstig verpakte CD inneem. Koorgebaseerde lekkerheid.
Muur, met 'n lekker basritme, maak vir dansmusiek, Verkleurman hier in volkleur, weer. Die een gaan waar jy wil gaan, as jy vorige CChameleon CDs geniet het. Herhalend na nommer vier geluister, vir 'n ruk.
................... "en soms verbeel ek my dat ek dit met iemand deel..."
Die perfekte mengsel verlange, herinnering, hunkering, onthou, en liefde, saam. Maar ek dog jy weet Mnr. Verkleur kan dit doen. Ons bly gefokus, na die aanvaarding van die Muur, op Ek Kan Nie Wag Nie, is die kitaar snit, en wie anders an meester Crous se fyn vingers oor die distorte kitaar.. 'n Rocker, radiovriendelik verby, wag vir die video...
Ons vind Chris Chameleon onheilspellend. Dis net te mooi. Partykeer ongemaklik mooi. Nie altyd 'n goeie ding om uit volle bors in verkeer te sing nie. (Maar doen dit anyway...) Om Te Verdaag, soos Ek Herhaal Jou se Fragment is daai lied, die verkeerslied...
................... "en sy sê, ek het jou lief, en al die vrugte van my bestaan..."
Met 'n vertellende toon, begin die duet met Lianie May, van Mozi Records faam, Grootste Geskenk. Weer met superkitaar riffs, wat vir nog 'n treffer ingespan word. Die GRATIS snit vanaf Kyk Hoe Lyk Ons Nou, Lucille, is 'n dansvloersong, as die partytjie nou eers so bietjie begin gemaklik word.
Abstrakte perkussie en vinnige ryms, dan met lekker kitaar tjikkelinge, en teen die tyd wat die koor: "Altyd Tuis! Altyd Tuis!; aanbreek is jy al lankal aan die voetstamp. Nog 'n subtiele verwysing na waar die hart lê, na swerf en wandelinge wêreldwyd.
............ "die ligte een vir een afskakel, en onderneem om môre op te ruim.."
Afspraak bring die majestieuse orkesklanke van Ek Vir Jou terug in amper elektroniese presissie. Die woorde word stadig gesing/gesê, wat die sussende intensiteit amper oorweldigend maak teen die tyd wat ons dromme in reverb oor alles distort. (As jy bietjie aanhou, kan jy lekker lag vir die "versteekte" boodskappie).
'n Bobaas CD, ons haal ons spreekwoordelike hoed af, en buig grasieus.


CHRIS CHAMELEON - Kyk Hoe Lyk Ons Nou.

Chris Chameleon se nuwe Afrikaanse solo album "Kyk Hoe Lyk Ons Nou" is pas uitgereik. Die titel van die nuwe CD is ook die naam van 'n nuwe televisiereeks van 4 episodes wat in 2009 op kykNET uitgesaai gaan word.


Chris Chameleon is deur kykNET genader om die aanbieder te wees van 'n dokumentere programreeks "Kyk Hoe Lyk Ons Nou", In die reeks reis Chris en die kameraspan deur Suid-Afrika en kyk na die Afrikaanse Taalgemeenskap se dink, doen en se. Die vervaardiger van die program het gevra of Chris ook 'n temaliedjie vir die reeks sal skryf. Chris het met soveel inspirasie en nuwe deuntjies in sy kop van die reise teruggekeer dat dit tot 'n hele nuwe album gelei het.

Chris het verder uitgebrei as bloot die tema van die reeks en het "Kyk Hoe Lyk Ons Nou" ook op persoonlike vlak verken. "Kyk Hoe Lyk Ons Nou" in taal, verhoudings, begeertes, geestelik en feestelik.

Chris het homself heelwat meer tyd gegun met die opname van "Kyk Hoe Lyk Ons Nou" as met sy vorige albums. Chris en sy musikale regisseur, Theo Crous, het met 'n vernuwende klank vorendag gekom. Chris Chameleon se eerste drie Afrikaanse solo albums het almal klankgewys 'n noue kontinuiteit gevorm. Met "Kyk Hoe Lyk Ons Nou" het 'n voller, sterker en ryker klank ontwikkel, maar die kenmerkende intimiteit van Chris se werk het behoue gebly.

CHRIS CHAMELEON - Kyk Hoe Lyk Ons Nou.
vetseun
Chris Chameleon reik op 13 Maart 'n nuwe Afrikaanse solo album uit met die titel: "Kyk Hoe Lyk Ons Nou". Die titel van die nuwe CD is ook die naam van 'n nuwe televisiereeks van 4 episodes wat in 2009 op kykNET uitgesaai gaan word.*

'n Gratis voorsmakie van die musiek kan solank gehoor word by www.mymusiek.co.za waar 'n snit van die CD, "Lucille", gratis afgelaai kan word. Die hele album sal vanaf 13 Maart ook in winkels en op www.mymusiek.co.za beskikbaar wees.

Chris Chameleon is deur kykNET genader om die aanbieder te wees van 'n dokumentêre programreeks "Kyk Hoe Lyk Ons Nou...". In die reeks reis Chris en die kameraspan deur Suid-Afrika en kyk na die Afrikaanse Taalgemeenskap se dink, doen en sê. Die vervaardiger van die program het gevra of Chris ook 'n temaliedjie vir die reeks sal skryf. Chris het met soveel inspirasie en nuwe deuntjies in sy kop van die reise teruggekeer dat dit tot 'n hele nuwe album gelei het.

Chris het verder uitgebrei as bloot die tema van die reeks en het "Kyk Hoe Lyk Ons Nou" ook op persoonlike vlak verken. "Kyk Hoe Lyk Ons Nou" in taal, verhoudings, begeertes, geestelik en feestelik.

Chris het homself heelwat meer tyd gegun met die opname van "Kyk Hoe Lyk Ons Nou" as met sy vorige albums. Chris en sy musikale regisseur, Theo Crous, het met 'n vernuwende klank vorendag gekom. Chris Chameleon se eerste drie Afrikaanse solo albums het almal klankgewys 'n noue kontinuiteit gevorm. Met "Kyk Hoe Lyk Ons Nou" het 'n voller, sterker en ryker klank ontwikkel, maar die kenmerkende intimiteit van Chris se werk het behoue gebly.

"Kyk Hoe Lyk Ons Nou" word op 13 Maart uitgereik. Details vir 'n mediabekendstelling by KKNK vanjaar sal binnekort bekend gemaak word.

vetseunvetseun
Made Available .................................. 2008 RHYTHM RECORDS
1. Morning Is Broken met Somerfaan
2. Good To Be True (Boo!)
3. Singulai
4. Rested Defences met Khethi Ntshangase
5. All Of Me (Boo!, "Avrocado Pair")
6. Changes
7. Wishbone (Boo!)
8. Days Like This
9. Right In My Wrong Turn
10. One Day Wonder (Blue Chameleon, "Yes Humphrey")
11. OOAA
12. Simunye (Boo!, "Shooting Star")
13. Walking In Flames
14. Come (van Levi's CD 4)
15. Here Comes The Night (Boo!)

vetseunvetseun
Klassieke Chameleon DVD . RRDVD005 2008 RHYTHM RECORDS
1. Ramkiekieliedjie
2. Here Comes The Night
3. Eerste Oogopslag
4. 'O Sole Mio
5. Sunrise Sunset
6. OOAA
7. Genade Van Die Liefde
8. Saved
9. Die Onverkrygbare
10. Droomland
11. Ek Vir Jou
12. Bitterbessie Dagbreek
13. Caruso
14. Laaste Baklei
15. Days Like This
16. Sterredank
17. Die Onse Vader

Allegro bied met trots die DVD opname van Chris Chameleon by die Aula aan!
vetseunAllegro hanteer hierdie produksie namens Chirs Chameleon en het slegs 100 eksklusiewe kaartjies per aand beskikbaar @ R120.00 elk.
Allegro het die beste sitplekke gekies en indien ons kaartjies uitverkoop is, sal julle slegs by Computicket kan bespreek.

Die DVD word opgeneem oor twee vertonings, nl :
Saterdag, 26 Januarie 2008 : deure open 19:00 - show begin 19:30
Sondag, 27 Januarie 2008 : deure open 14:30 - show begin 15:00

Vir besprekings en navrae, kontak Gerrie Jamneck
by 083 441 6287
email gerrie@gja.co.za

Chris Chameleon betower nou reeds twee jaar die ganse Suid-Afrika met sy vier-oktaaf stem en klassieke kitaar. Sy byna bomenslike stemklanke en fyn humorsin laat gehore landswyd soms na hul asems snak, soms van die lag skater en soms 'n traantjie wegpik. In Januarie 2008 voeg die veelsydige verkleurmannetjie 'n verdere dimensie tot sy unieke styl wanneer hy met 'n "klassieke musieklikheidjie", soos hy dit noem, 'n kraakvars produksie by die Aula in Pretoria opneem vir 'n splinternuwe DVD. Kom kyk hoe hy met fluit, viool, tjello, perkussie en kitaar jou op 'n klankreis deur sy verkleurmannetjie verbeelding voer en ten slotte laat ding : "Ek is so trots dat hy een van ons is.:

Met : Chris Chameleon (lead singer), Anneke Visagie (elektroniese klavier en backing vocals), Leon Ecronigard (bass), Wouter Kellerman (fluit), Lizelle le Roux (viool), David Klassen (tromme en perkussie), Jonathan Crossley (kitaar) en Wessel Beukes (tjello)
Musiek Direkteur : Anneke Visagie

vetseunvetseunvetseun
Klassieke Chameleon ..... RR088 2008 RHYTHM RECORDS
1. Ramkiekieliedjie
2. Here Comes The Night
3. Eerste Oogopslag
4. 'O Sole Mio
5. Sunrise Sunset
6. OOAA
7. Genade Van Die Liefde
8. Saved
9. Die Onverkrygbare
10. Droomland
11. Ek Vir Jou
12. Bitterbessie Dagbreek
13. Caruso
14. Laaste Baklei
15. Days Like This
16. Sterredank
17. Die Onse Vader

vetseun
Kersfees In Afrika ............................. 2007 RHYTHM RECORDS

vetseun
Chris Chameleon - Eerste Oogopslag met Ricky Koole CDS . EXCEL96170 2008 EXCELSIOR RECORDINGS
1. Eerste Oogopslag
2. Kersfees In Afrika

vetseun
Leoni Jansen, Chris Chameleon - Ja Gesê CDS . 2008 NOON RECORDS
1. Ja Gesê
2. Scarborough Fair (Trad. Arr. Onno Krijn)

vetseun
Flight Of An Extraordinary Alien DVD . RRDVD 003 2007 RHYTHM RECORDS/SELECT
1. Give Up On Love
2. Blue
3. OOAA
4. Opdrag Dwaling
5. Mind Made Up
6. Anywhere
7. Korreltjie Sand
8. My Pop Val Stukkend
9. Saved
10. Machine
11. Shine
12. Nothing
Extras:
Shine Video
Nothing Video
Groet Video
Constructive Schizophrenia
Questions from fans
Discography

lewendige opname van Stellenbosch show

vetseunvetseunvetseun
Ek Vir Jou ................................ RR080 2007 RHYTHM RECORDS
1. Eerste Oogopslag
2. Soen
3. Ja Gesê
4. Ek Vir Jou
5. Klein Klein Jakkalsies
6. Ek Dink Ek Hou Nog Van Jou
7. Om Jammer Te Sê
8. Weer Bymekaar
9. Vertrek Van Die Twaalf
10. Laaste Baklei
11. Epiloog

So ok, Chris gee ons hoendervleis. En die een skop dieselfde af, mens is sommer meegevoer in die Taal van die eerste note. Kry die openingsnit by myspace.com, 'n WNNR. Dit help miskien as jy verlief is, dan kan jy lekker saamsing.
Na die komersiele sukses van Shine en 7de Hemel, en 'n Europese platekontrak verwag mens miskien 'n oorgeproduseerde stukkie plastiek, maar Chris se woorde is maar nog net so innocent as Ek Herhaal Jou, soos die titel verklap.
Oogopslag groei stadig van 'n amper akoestiese een, tot 'n stadium treffer met die note wat deur die dak klief, soos dit die verhoogmeester bekoor. Ons luister daai een drie keer, seker maar die verliefdheid, maar meer die crescendo wat die koor die buitenste ruimte insing, lekker. Amper raak dit 'n liefdesbrief, vir die blondine...
........................ " ... kan dit wees, dat met die eerste ... "
Mens hoor die vingers van Theo Crous op die knoppies, met melodieë en harmonie wat in oorvloed die woorde begelei. In Bellville Studios word verskeie klank verwerk, maar ons is seker hierdie een was van die wat meer geniet is.
Soen is meer van daai amper onuithoudbare tjikkelinge-tjikkelei wat die Verkleurmannetjie die volk ingebors het, lekkerder as lekker, met meer energie as 'n week se voorgeskrewe vitamiene. Eerlik tot die punt van voetstamp en koor saamsing, miskien kan jy die geluide ook probeer maak, tee teeteeet teeoo, infekterend.
....................... " .. wil ek jou eintlik net gryp en ... "
Drie wys die gemaklikheid waarmee die twee musikante ritmes en genres kan vervleg. Met 'n amper hip-hop ritmetjie en r'n'b fluistering in die agtergrond verleen dit 'n internasionale geur aan hierdie gediggie wat miskien nommer een genoem moet word vir 'n ruk. Heuning kitaarnote verf 'n driedimensionele hemel, en as die stem ...." .. eha .. " sal jy verstaan wat bedoel word. Daai een speel ons weer, gooi so skoffeltjie, en strek arms uit soos 'n vliegtuig ... eha ...
Titelsnitte is gewoonlik mos nogal aanduidend van die gemoed van 'n CD, Ek Vir Jou, een van Theo se hope bydrae, is icon Chris Chameleon, so mooi dat trane die verhoog afloop, almal se ogies met sterretjies, links en regs wiegend in geluk... Kyk maar, treffer, wonder wat die Laaglande van die een gaan maak!!..
....................... " .. Ek vir jou, en jy vir my .... "
Terug na die amper country ritmes wat die tong-innie-kies woorde so lekker van die tong laat glip. Besingend aan die skoner geslag en die verlange na die genieting. Vertellend en weer eerlik genoeg dat dit later in geluide ontaard, lekker rondry liedtjies, hierdie met die geluide,
........................ " ... rrrteertete rrttoouu rrtrteeeou!! ... "
En weggevoer, weer. Reguit lirieke oor onheilspellende note, maak vir 'n rustig tog onstellend waar snit. Lize Beekman verleen 'n sagter (maar net so ernstige) vrouestem aan die ritme, die "genre" reg in haar kraal, sien haar uitgawes hier
........................ " .. en kan jy, onthou .. "
So ons is nou in die "middel" en ons word gerus gestel met 'n liefdestreffer wat gemaak is vir sonligmiddae en kuier, heerlike backbeat en 'n koor wat die hare op enige verlangende een se nek sal orent laat staan. Check, die Stellenboschers moet eintlik die een sêr, of wag dis miskien so bietjie erg.. Rondry een, Om Jammer Te Sê ...
...................... " .. en ooooo, om jou te verloor ... "
Nog, dans dude!! Opgewekte ritmes met daai kitaarslaan, samesyn beskrywings, soos
Die Onverkrygbare se tyd, Weer Bymekaar, amper 'n partyjie na die vorige een se uitsien. Die CD is teen die tyd lankal in die argiewe, sien uit om die verkope te sien die hemel in skiet.
Berei asseblief voor!! Vertrek Van Die Twaalf is nie vir X puriste nie, want hier
..................... " .. en dis te lanklaas ... "
is bas en 'n ernstiger klank in die woorde. En natuurlik kitaar, wat herhalend die speelveld verbreed en oorneem, en as die koor kom, en Chris se stem is effens hoër, bly dit maar hectic. Hierdie is 'n kant van Kleur wat ons min sien, meestal verskans deur die ligte en strobelights, 'n kant wat mens miskien laat sien wat hier gebeur, WNNR.
Laaste Baklei is weer huge. Soos die eerste snit, meng minimalistiese harmonie met groot ritmes en hoë note om 'n stadiumgrootte klank teweeg te bring, sjoe. Klink soos baie internasionale bands, "sit jou bandnaam hier", en met nadenke is die miskien ons gunsteling, saam met Oogopslag en Vertrek Van Die Twaalf, maar hey almal ..
............................... " .. ek en jy .. "
Aflsuiting deur 'n mengsel van al die elemente, dansbeat, op-en-af-spring kitaarnote, geluide en kore. Verskoon maar die nuutskeppinge en oormatige gebruik van leestekens, mens kannie anders as om met hierdie klankbaan effe liries te raak oor dinge nie.
............................. " .. sou ek my nooit die genot of ... "
Sien Chris se myspace vir op datum nuus, tuisblad vir meer, Rhythm Records of kalahari.net of Take2 vir "Ek Vir Jou", en Bowline.

vetseun
Kersfees In Afrika ............................... 2006 RHYTHM RECORDS

vetseunvetseun
Shine ...................................... RR070 2006 RHYTHM RECORDS
1. Blue
2. Anywhere
3. Mind Made Up
4. Machine
5. Shine
6. Give Up On Love
7. Ragdoll
8. Garden
9. Loving Fool
10. Saved
11. Sad Heart
12. Nothing

vetseunvetseun
7de Hemel ............................ RR069 2006 RHYTHM RECORDS/SABC2
1. Droomland
2. Sterredank
3. Houvas
4. Wagtyd
5. Kwaad
6. Droomverlore
7. Vlerke
8. Reis
9. Groet
10. Gebroke Siel
11. Hartlam
12. Stapelgek
13. Genade Van Die Liefde

vetseun
Volkleur DVD . RRDVD002 2005 RHYTHM RECORDS
1. Op Die Voetpad
2. Jy't My Gekierang
3. Lied Van Die Lappop
4. Die Lied Van Die Gebreekte Riete
5. Verlore Stad
6. Ek Herhaal Jou
7. Bitterbessie Dagbreek
8. Korreltjie Sand
9. Droomland
10. Fragment
11. My Pop Val Stukkend
12. Opdrag Dwaling
13. As Jy Lag
14. Die Onverkrygbare
15. OOAA
16. Wishbone
17. Anywhere
18. Machine
19. Duv Mafia

vetseunvetseunvetseun
Ek Herhaal Jou .................... RR061 2005 RHYTHM RECORDS
1. Ek Herhaal Jou
2. Die Onverkrygbare
3. Lied Van Die Lappop
4. Ontvlugting
5. Jy't My Gekierang
6. Bitterbessie Dagbreek
7. Vyf Lewens
8. Korreltjie Sand
9. Die Lied Van Die Gebreekte Riete
10. Op Die Voetpad
11. Fragment
12. As Jy Slaap
13. My Pop Val Stukkend
14. Opdrag Dwaling

met die holtes van my hande wat jou liggaam namaak..."
met die holtes van my hande wat jou liggaam namaak...."
met die holtes van my hande wat jou liggaam namaak..."
- LYN VAN DIE DAG 2020/12/18

reguit aanvat van wie ookal luister na hul musiek, was boo! se leuse. kontroversie en kleur was maar vir hulle deel van die palet, die opmaak van wat hulle as band gesien het as reg. die uiteinde was warrelwind sukses en tye waar duisende die kore van menigde bekende liedjies saamgesing het. met klank en visuele stimuli het boo! 'n draai aan 'n baie eenvoud georienteerde rockindustrie gegee, en dinge kombineer wat teen 'n breër suid-afrikaanse agtergrond vir hulle baie volgers vanoor die land (en wêreld) verseker het.
dis dan met hierdie soniese informasie wat ingrid jonkeraangevat word. as jy nie die ingrid jonker storie ken nie, dit is sonder musiek genoeg vir 'n knop in die keel, so enige toonsetting of vokalisering daarvan is bloot hectic. en hier word met oordadigheid uitgebrei op die teks.
toonsetting en verwerking van gedigte uit die geskiedenis van ons land is nie iets nuut nie,daar is menigde, Ingrid Jonker is ook menigde maal voorheen getoonset lees hier meer,
die kombinasie tussen Theo Crous (SNG, Kobus!, CD4) en Chris Chameleon (Boo!) bring 'n omvattende musiekstyl na hierdie toonsettingsproses, met klanke uit alle oorde. met sagte deurdringende woorde, met herhaling en ernstigheid.
Ingrid Jonker se storie insigself is reeds poëties, en hoe meer jy oplees oor en van haar bydra + ondervinding, hoe dieper raak die woorde wat so sagkuns vertel. Menende dat daar 'n onderleende spanning in die werk is, wat daardeur verbreek word. Iets soos die son wat vanaf 'n swartkar gereflekteer word ...

PERS:
Ons almal ken hom as Boo! se Miss Chris maar onlangs het hy homself in 'n nuwe rokkie geklee.
Weg is die dae van Monkey Punk en meer as 800 vertonings in 14 ander lande. Dis nou nie te sê dat ons minder van hom kan verwag nie.
Inteendeel, kritisie beweer dat hy met sy onlangse Afrikaanse projek al sy vorige werk oortref. "Die melodies wat hy by Ingrid Jonker se gedigte gesit het op hierdie nuwe album sal haar onverganklike siel tuis bring by ons jonger generasie", sê Riku Lätti, Zimdollar se president. Moet dit beslis nie misloop nie ...
PERS: chrischameleon.com

2005 07 01, Dorpstraat Teater, Stellenbosch
met aanmoediging uit die skare bekendes in dorpstraat word 'n paar diamante uit die boo! setlist akoesties gespeel, tot groot toejuiging. 2005 06 19, Independant Armchair Theatre, ObsCD LAUNCH
. 'n amper kunsuitstalling stilte begroet jou by independant armchair. die vloer is vol bruisende fluisterings, en klinkel glase. opgewondenheid vibreer deur die geselsies en in die oë.
seremonieloos groet die chris verkleurmannetjie en spring dadelik in 'n amper holistiese musikale medisyne klank aan die werk. met handeklap en toejouing wat die eerste liedjie volg, word die stemming vir 'n belewenis geskep. Chris WOW met elke liedjie, vol vokale improvisasie en ligte kitaar. note word in hulself liedjies, emosionele togte na en terug van daardie musiekland waarvan Chris saam met Boo! deel geword het. tussenin vertel hy van Ingrid se lewe stukkies en blaai van boekmerk na boekmerk in die Versamelde Gedigte wat die woorde bevat. hulle s'n was die nuwe ligteblou, hierdie is die 1994 uitgawe, kalahari.net.
met die ligte getokkel en die gebruik van sy supersoniese stem - wat mens in boo! menigtemaal gehoor skril het - vervloei frases en reëls inmekaar, en dieselfde met die klank. uitgerek en vermeng, meeste van die CD se snitte so, ..

ook op :
Rockhart kompilasie - Blue
Huisgenoot : Top 20 kompilasie - Kwaad
Insig Cyber-CD kompilasie - Die Onverkrygbare
MK89 Die DVD Video kompilasie - Die Onverkrygbare
Rots DVD kompilasie - Die Onverkrygbare
Blou Kafee Musiek From Amalia II - Korreltjie Sand, Bitterbessie Dagbreek
Afrikaanse Rock Love Songs kompilasie - As Jy Slaap
Stunning Love Songs kompilasie - As Jy Slaap
CD4 kompilasie - Come
Diep DVD kompilasie - Ek Herhaal Jou
Diep 5 kompilasie - Ek Herhaal Jou
Koel kompilasie - Die Onverkrygbare
Somerfaan - uiters geheim
sien Boo! / website



skakels : chrischameleon.com : myspace.com/chrischameleon : facebook











2020 08 07 - Smile Foundation #helpthoseonthefrontline Charity Concert #4 - Bands Galore: Akkedis, Black Cat Bones, Gian Groen en Anton Goosen, Jake Gunn, Jason Bradley, Jeandré Swanepoel, Leon Shaw Syndicate, Martin Bester & Band, Nhoza Sitsholwana, Peter Hoven, Providence, Quarantine Quarrels, Radio Kalahari Orkes met Chris Chameleon, The Deadliest Catches, R84.50, tickets.tixsa.co.za, www.watchatv.co.za
vetseun
vetseun

2017 06 16 - Chris Chameleon "Jy En Ek En Ek En Jy" ALBUM VRYSTELLING, Perigators Theatre, R120
vetseun

ClemenGold en Zandvliet Wynplaas: Die musiekfees by die Wacky Wine feesvetseun
Wes-Kaap, Suid-Afrika: 5-7 Junie 2015

ClemenGold en Zandvliet Wynplaas het saamgespan om seker te maak dat Robertson Wyn distrik se Wacky Wine fees omskep word in 'n vreugdebelaaide, 3 dag geleentheid.

Die fees merk die bekendstelling van die eerste jaarlikse ClemenGold en Zandvliet Musiekfees en sluit ander wonderlike vermaaklikhede, soos onder andere kykNET se Tjiff en Tjaff, Rise and Shine yoga deur die Anahat span van Stellenbosch en spyseniering deur die gewilde Antoinette Events.

Die unieke samesmelting tussen CG en ZV is moontlik gemaak deur die onlangse koop van Zandvliet Wynplaas deur ANB Investments (die houermaatskappy van ClemenGold). Die opkomende Wacky Wine fees is gesien as 'n goue geleentheid om die publiek te nooi om die nuwe vennootskap te kom vier. Ons nooi die publiek om ons wyne, vroee seisoen ClemenGolds en die fantastiese musiekprogram saam met ons te kom geniet.

Die musiekfees is 'n langverwagte droom van die ClemenGold span. ClemenGold het uitgebreide verhoudinge met en ondersteun sleutel kunstenaars soos Luna Paige, Albert Frost, Simon Orange, Chris Chameleon en Lizz Meiring. Die ClemenGold en Zandvliet Musiekfees skop offisieel af met 'n openingskonsert op Vrydagaand 18:00.

Khan Morbee (hoofsanger vir Parlotones vir die afgelope 12 jaar) en sangeres / liedjieskrywer Luna Paige lei ons in die nuwe era vir Zandvliet in. Verwag twee sielvolle vertonings.

Rise and Shine word Saterdagogend om 08h30 aangebied deur die Anahat Wellness & Yoga Sentrum. Kom strek en yoga saam op die plaas!

Ons weet ook dat die kleinspan al van vroegoggend af bedrywig is. Dit is om die rede dat ons Spektrum Kinderteater (wat sedert 1991 vir oud en jonk vermaak) uitgenooi het om 2 magiese feeverhale aan te bied oor die naweek. Saterdagoggend word die bekende Rooikappie opgevoer. Dit word opgevolg met 'n kuier en groet sessie met die populere kykNET TV karakters, Tjiff en Tjaff! Bring jou kinders om 'n kiekie saam met die beroemdes te kom neem.

Voor besoekers die markiestent betree vir Saterdag se ongelooflike musiekprogram, kom loer gerus na al Zandvliet se beste wyne. Zandvliet is bekend vir hulle groot bottels! Beindruk jou vriende met 1.5 liter magnums en bottels wat tot so baie soos 15 liter wyn kan hou!

Saterdag se musiekprogram begin om 13h00 en hardloop tot ongeveer 21:00/22:00 die aand. Die program sluit van Suid-Afrika se beste liedjieskrywers, sangers en musikante in. Die skreeusnaakse en talentvolle Peter Mitchell (aka Pietman, Die Skot) tree as MC op en sal die gehoor deur 'n dag van non-stop oorspronklike musiek lei. Hy self sal ook optree. Liedjieskrywers en sangers wat die verhoog met Peter Mitchell deel is Simon Orange, Luna Paige, Nick Turner, Gerald Clark, Chris Chameleon en Albert Frost. The ondersteuningsorkes bestaan uit die formidabele baskitaarspeler, Schalk Joubert en top klas trommer, Kevin Gibson. Teen die einde van die program sal al die musikante saamspan vir 'n jam sessie van epiese proporsies! Moet dit nie misloop nie.

Maar! Daar is nog! Waar ander plase begin afskaal op die Sondag...stoom Zandvliet voort met 'n pret-belaaide program!
vetseun
Begin die dag weer saam met die Rise and Shine span van Anahat. Kom yoga en strek heerlik saam. As jou kinders Rooikappie gemis het op die Saterdag kan hulle kom aansluit vir die vroegoggend teatersessie (9vm), Jan en die Boontjierank.

Die dag se verrigtinge sluit af met 'n wonderlike verrassing...die teatrale produksie, "Peels of Laughter and Barrels of Fun". Die unieke samekoms van talent, word aangebied deur die welbekende Lizz Meiring (Bizzie Lizzie) en sluit Heine du Toit (ClemenGold se voedseltegnoloog) en Jacques Cilliers (wynmaker van Zandvliet) in. Hulle stel die gehoor bekend aan spesiaal uitgesoekte ClemenGold produkte en paar dit met premium Zandvliet wyne. Chris Chameleon en Luna Paige sorg vir musikale vermaak en plesier.

ClemenGold en Zandvliet nooi jou uit om te kom deel in die viering van lewe, wonderlike vennootskappe, Suid-Afrikaanse wyne, -vrugte en -musiek!

clemengold.com/wacky

Luna Paige is proudly sponsored by ClemenGold


Website: www.lunapaige.com
Facebook: www.facebook.com/LunaPaige.SingerSongwriter
Twitter: www.twitter.com/lunapaige
ClemenGold: www.facebook.com/clemengold

2015 03 15 - Drie Vriende (Chris Chameleon, Daniella Deysel, Sarel Fourie), Neethlingshof, Woordfees, Stellenbosch, R95/R60
vetseun

2011 06 17-19 - Festival Voor Het Afrikaans: Artiesten: Chris Chameleon, Amanda Strydom, Gert Vlok Nel, Schrijvers: Breyten Breytenbach, Ronelda Kamfer, E.K.M. Dido, Tropentheater, Amsterdam - www.festivalvoorafrikaans.nl
vetseun


Klassieke Chameleon - Landwye toer 6 - 19 September vetseun

Chris Chameleon toer vanaf 6 - 19 September landwyd met sy skouspelagtige produksie Klassieke Chameleon. Die toer behels optredes in Kaapstad, Johannesburg, Pretoria, Durban, Secunda en Bloemfontein.

Klassieke Chameleon is by Nasionale Kunstefeeste in 2007, sowel as by KKNK 2008 met staande ovasies toegejuig. Chris word in hierdie kleurryke vertoning deur 'n span uitstekende musikante op tjello, viool, fluit, klavier, kitaar en met perkussie begelei.

Chris sing klassieke verwerkings van sy eie liedjies onder andere "Eerste Oogopslag" "Sterredank", "Die Onverkrygbare", "Bitterbessie Dagbreek" en "Saved". Chris lewer ook onvergeetlike weergawes van bekende liedjies soos "O Sole mio", "Here Comes The Night", "Sunrise Sunset" en die "Onse Vader."

Toer datums:
6 September: Vodacom Amphitheatre, Boardwalk Casino, Port Elizabeth
9 + 10 September: Sand du Plessis Theatre, Bloemfontein (Bookings: 051 447 7772)
11 September: Woodlands Auditorium, NG Kerk, Morelettapark, Pretoria
12 September: Grand Arena, Grand West Casino, Cape Town
13 September:Graceland Arena, Graceland Casino, Secunda
18 September: uShaka Marine World, Dolphin Arena, Durban (Chris Chameleon Dolphin show as part of Klassieke Chameleon)
19 September: Mosaiek Teatro, Roodepoort, Fairlands, Johannesburg.

Kaartjies by Computicket vir alle vertonings behalwe Bloemfontein. Sand du Plessis Teater hanteer alle besprekings vir hierdie vertoning self. / Groepe van 10 of meer mense kwalifiseer vir spesiale afslag, kontak Christa Coetzee hiervoor op 011 815 3000 of per epos: info@lefra.co.za.

-------------------------------------------------------

CHRIS CHAMELEON lok vol sale in Nederland se grootste en mees bekende teaters.

Chris Chameleon het pas terruggekeer na 'n baie suksesvolle solo toer in Nederland, België en Londen. (14 Okt - 15 Nov).
vetseun
Met die afskop van die toer in Londen was Chris se twee solo vertonings by Aardvark uitverkoop. Chris het ook'n rock vertoning (saam met musikante van Londen) vir 'n groot groep van sy rock aanhangers by Halfmoon in Putney gehou.

Chris se solo-teater toer in Nederland was 'n reuse sukses. Dit was opsigself reeds 'n groot prestasie dat Kik Produksies inUtrecht vir Chris Chameleon genooi het om by van die mees bekende teaters in Nederland op te tree: 'n Ou katedraal in Roepaen in Ottersom, die Theater aan het Vrijthof in Maastrict, Die Koningstheater in Den Bosch om net 'n paar te noem. Elke teater het sy eie sjarme en karakter. Meeste van hierdie teater vertonings was uitverkoop of vol en die terugvoer van die Nederlandse publiek was fantasties.

Die toer het op 'n hoë noot geeiindig toe kaartjies vir Chris se vertoning by die bekende Klein Komedie in Amsterdam uitverkoop het. Dié teater se twee balkonne was met 500 entosiastiese aanhangers gevul en dié vertoning het soos die res van sy teater toer, sy gehoor gaande gehad. Chris het beslis baie nuwe aanhangers gewerf.

Chris Chameleon het 'n week voor die toer heelwat radio onderhoude met nasionale radio stasies in Nederland gevoer. Een van die onderhoude wat 'n groot indruk op luisteraars gemaak het en heelwat nuwe aanhangers na vertonings gelok het, was Chris se onderhoud met Radio 1 se "Kunststoff" program: HIER

Verdere onderhoude het oa Concertzender Radio en Radio Noord-Holland ingesluit.

Planne vir oorsese optredes in 2009 sluit 'n toer in Mei in, sowel as optredes by Europese Feeste in Junie, Julie en Augustus. Chris sal dan weer in Okt/Nov terugkeer vir 'n tweede teater-toer in Nederland. (weer deur Kik Produksies). Hierdie keer sal Chris ook 'n teater-toer in België doen wat deur Garifuna Produksies gereël sal word.

Lees meer van Chris Chameleon se persoonlike ervaringe tydens die toer op sy blog: www.chrischameleon.com


vetseun

vetseun

2008 01 26,27 - Chris Chameleon, Aula TUKS Campus

vetseun vetseunvetseun .
2007 09 21 - Chris Chameleon, Mercury Lounge, Kaapstad
2007 09 05 - Chris Chameleon, Stadsaal, Kraaifontein
2007 09 04 - Chris Chameleon, Stadsaal, Strand
200625 Oktober - Chris Chameleon, Simonsvlei Cellar Theatre, Stellenbosch
200623 Oktober - Chris Chameleon, Hoërskool Grens (Oos-London)
200622 Oktober - Chris Chameleon, The Arts Theatre Club, Oos-London
200620 Oktober - Chris Chameleon, R70, Back2Basics, JHB
2006 19 Oktober - Chris Chameleon, Café Barcelona, Pretoria
2006 15 Oktober - Chris Chameleon, Valiant Swart Skouspel, Superbowl @ Sun City
2006 14 Oktober - Chris Chameleon, Valiant Swart Skouspel, Superbowl @ Sun City
vetseunvetseun
2006 12 Oktober - Chris Chameleon, Café Barcelona, Pretoria
2006 12 Oktober - Chris Chameleon, Bosveld Lapa & Lodge, Tzaneen
2006 10 Oktober - Chris Chameleon, Die Agterplaas, Melville
2006 8 Oktober - Chris Chameleon, Valiant Swart Skouspel, Superbowl @ Sun City
2006 7 Oktober - Chris Chameleon, Valiant Swart Skouspel, Superbowl @ Sun City
2006 21-25 September - Paarl-Cultivaria-fees, cultivaria.com
met Mel Botes, Anna Davel, Chris Chameleon, Laurika Rauch, Dozi, Mathys Roets, Wolfgang Riebe, Kevin Leo, Zamar en Anna Davel, Coenie de Villiers, Theuns Jordaan, David Kramer
2006 23 September - Die Burger Monument-Monument Fietstoer, Dot Serfontein, "Braaivleis, Rugby, Sunny skies en Sussie", Wolfgang Riebe, Art of Charf, Chris Chameleon, Kevin Leo and the sweet voice masters, Mel Botes & orkes met STEM/VOTE SSP - Die storie van Herrie, Boheem! met Zamar en Anna Davel, Klipwerk: Ter herdenking van N.P. van Wyk Louw se 100ste verjaardag, Pleiboyz, Coenie de Villiers, Timeless / Tydloos, Man, Joseph Clark - The music of Queen, Laurika Rauch, Leonard Cohen Tribute by Mathys Roets, Theuns Jordaan, cultivaria.com
2006 23 September - Chris Chameleon, "Volkleur", Hermanus Walvisfees
2006 22 September - Plaasstories - Die Melkweg het 'n ster laat val (Riana Scheepers), "Slaan vir my 'n masker, Vader", Art of Charf, Mel Botes Unplugged, Linger - Anna Davel, Man, Chris Chameleon, Laurika Rauch, Dozi met Orkes, Leonard Cohen Tribute by Mathys Roets, cultavaria.com

2006 09 30 - OppiAarde: Johnny Clegg, Chris Chameleon, Fokofpolisiekar, The Narrow, The Parlotones, The Hellphones, Love Jones, Lukraaketaar, Sedgar's Park Stadion, Potchefstroom, R120 - MK89 - Vodacom - Aardklop - Oppikoppi
vetseun

2006 08 01, 02 - The Independent Armchair Theatre's - Lyrics Fest: Chris Chameleon, Fokofpolisiekar, Rory Elliot, Andy Jamieson, Anika, Ian Watson, Valiant Swart, Waddy Jones, Andy Lund, Robin Auld, Greg Donnely, The Buckfever Underground, R60, R100
vetseun

vetseun
2006 21 September - Chris Chameleon, Die Blou Hond, Linden, R175
2006 20 September - Chris Chameleon, Die Blou Hond, R175
2006 19 September - Chris Chameleon, Artes Awards (Linden High School)
2006 15 September - Chris Chameleon, NG Church Helikonpark, Randfontein
2006 14 September - Chris Chameleon, Die Hoenderhok, Kuilsriver
2006 13 September - Chris Chameleon, Olive Bar, Worcester
2006 9 September - Chris Chameleon, Oppiplaas, Pretoria Noord
2006 9 September - Chris Chameleon, Laerskool Warmbad Skoolsaal, Limpopo
2006 8 September - Chris Chameleon, Konka Kuierskuur, Krugersdorp
2006 7 September - Chris Chameleon, Die Blou Hond, Linden
2006 6 September - Chris Chameleon, Centurion Teater, R80
2006 5 September - Chris Chameleon, Centurion Teater, R80
2006 27 Augustus - Chris Chameleon, Die Boer, Durbanville UITVERKOOP

vetseun

2005 10 08, 09, Die Boer, Durbanville Chris Chameleon
2005 08 24, 25, Dorpstraat Teater, Stellenbosch Chris ChameleonKAAP
2005 08 19, Armchair Theatre Chris ChameleonKAAP
2005 08 20, Beyond the Moon, Wildernis Chris ChameleonKAAP
2005 08 21, Accoustic Café, Muizenberg Chris ChameleonKAAP
2005 08 22, . Die Boer, Durbanville Chris ChameleonKAAP
2005 08 24, 25, Dorpstraat Teater, Stellenbosch Chris ChameleonKAAP
2005 07 29, Die Blou Hond, LindenChris Chameleon CD LAUNCH

2006 04 08 - MK89 Kaktus Oppi Vlaktes: The Narrow, Malaika, Parlotones, Fokofpolisiekar, Sipho "Hotstix" Mabuse, Prime Circle, Tidal Waves, Valiant Swart, Chris Chameleon, Brasse Vannie Kaap, Rian Malan, Huisgenootmusiekplaas, R65, R80, - Oppikoppi - MK89 - ABSA KKNK
vetseun

2005 07 18, Mesopatamie, CT, Ingrid Jonker voorlesings, Erns Grundling, Maritha Bronschk, Chris Chameleon akoesties, R120
2005 07 03, Die Boer, Durbanville Chris Chameleon CD LAUNCH
2005 07 01, Dorpstraat Teater, Stellenbosch Chris Chameleon CD LAUNCH
2005 06 19, Independant Armchair Theatre, ObsChris Chameleon CD LAUNCH
2005 05 19, jou tv 7de Laan met Chris Chameleon + Theo Crous





bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)