Jax PanikJax Panik - I Am Jax Panik
TuisbladJax Panik op FacebookJax Panik op TwitterJax Panik op MyspaceJax Panik op Last.fmJax Panik op YouTubeJax Panik op DiscogsJax Panik op Wikipedia

I Am Jax Panik - 2010


Daar kannie met Get Up gestry word nie, en die kombinasie van beats en 'n deurlopende liriekstroom wat die koor se hook amper laat wegsmelt in alles. Jax Panik staan nie terug vir enige patroon is die eerste snit nie, wat mens laat wonder wat nog voorlê... Alles van rap, vocoded skreeuery en anthem slogans word saamgegooi en 'n opening soos 'n bom is die gevolg. Jy kan hierdie song opvolg met enige van jou nuwe SA elektonika... HC!
Met hierdie voorstelling is mens amper reg gewees vir Dinosaur, effens stadiger as Get Up, maar net so korrek in die liriek en manga-entertainment soundeffects, dit maak op die ou end iets soos monstertruckhiphop met meer beats. Klink soos tien mense, maar net Jax plus Korianda (myspace.com/korianda01) en Daddy Spencer. Dis ons Russiese slashGeologie PHd se nuwe "Rockstar"-kenwysie, mens kan tegnies hierdie goed speel in jou tenk, mense sal verstaan.
Die CD vat so ironies perfekte skuif na bietjie meer ernstigheid met Loser For Love, net so beaterig en dansend, maar miskien meer insig-emo-gewende liriese gebou as die strandpartytjie/middagbraai CD. Dit rock though en jou 80s klere sal werk op hierdie een. Daar sal 'n swembad ingebou moet word vir die koor, dubbelbeats, en meeste hiervan ruk nou hand uit. Erkenning wat mens aan drum'n'bass remixes van Radiokop laat dink. Keer om al die lekker musiek op te noem. Miskien ons fav vir daai klanke aan die einde... mal !!! Loser... Loser!! I am a loser for love... kweeeukrrrtreewwwuu!!"
Terug na die party! Samples bring ons na 'n klankbeat van formaat voor die robotstem waarhede begin vertel. Die elektroniesheid van hoe alles voel in die superproduksie maak die robot "Nothing is real" heeltemal meganies weerklink. Jumpstart is die tweede paragraaf in totale soniese oorneming (verbyname), dit onderlê met oorverfynde kennis van die emosionele werking van onder strobes en vingerbewegings luste vervul/geniet. Baie indrukwekkend verslawend. Plus Neon Don
Die Jax Panik in die eerste sekondes maak mens sommer weer Get Up luister. Die een het 'n bassline wat net-net deur die skuiwende elektronies aangepasde ritmes oorweldig word... Rewind...! Daar kom klanke wat met van ons mees insaneste dinge vergelyk kan word, buite konteks. Onthou daar is gesing en rap bo-oor ook nog, indien jy gedink het die beats is al. Dit breek elke nou en dan terug na meer normale musiek genieting, wat met die kondisionering van sulke bassheavy kore net vermenigvuldig word. Ghosts Can't Cry is meer kleurvol as die dik boekie vol kleurfoto's wat saam is.
Aaaaa..!! Twee woorde voor die ligte flikker en die herhalende plastiekwurmritme in fraktale oorgaan, prag! Voor jy jouself kon drankie kry is ons skuiwend na die dansvloer om van daai laptopstressie ontslae te word. Die CD is gemaak om te herhaal! Shuffle hom as jy so goed dink, verslawend, soos die ANC Youth League news updates / Afriforum issues... Bring Wolves na enige bymekaarkoms. Die lys van genres waaraan/uit daar genieting getap word is nimmereindigend, en lanklaas is daar so sonder voorneming en met voorbedagte rade besluit om net te rock. Geen verduidelikkings of uitleggings word hiermee uitgereik nie, dit is maar wat jy daarvan maak.
Ha Ha Heartache vat ons weer op stadige gabba idees oor ons hartdromkits met verdubelende stemme en vertellings. Met 'n beat tot woord kwofisiënt van sewe tot vier is hierdie een meer rapperig, maar ons draai weer by die 20c games as ons by kore kom. Net na die middel word daai dails gedraai totdat mens nie kan glo hoeveel squelchiness hulle daaruit opneem nie, prag. Die lirieke begin storieagtig uit, maar eindig op 'n waarskuwende toon.
Nie regtig lus om klaar te wees nie, nommer 10-3, Touch Me Now, Die nuwer weergawes van daardie 80s legendes (na 'n paar jaar af) klink ook meer oorproduseer en liries verlief, maar dis eintlik maar waarinto ons was. Ons love die een vir sy eerlik uitgevoerde lawwe attitude. So asof hy van een van daai gelapte tapes af is olierig met sonskade.
Neon Don neem weer die mic oor, ons moet keer om nie daai rollende synth te herken nie, maar die menigde stemme maak weer vir 'n sportbyeenkomsgevoel alhoewel ons oor seks praat, oops.. Anyway, daai synth maak homself mooi op baie plekke, en die amper advertensie koor maak vir nog iets wat in 'n film einde gespeel moet word.
So kan jy die laaste een voorspel... Gister se luister het duidelik net die oornemende hoeveelheid bnw. aangehelp, maar nie eintlik voorspellings nie. Oja, die mooier as mooi een, hy hy moes daar wees. Hy jy geraai? "Can I have this dance?" Nie die rustige soort nie, maar ... Begin oor, amper Britse stadium eerlikheid voor daai ritme inskop en jy weer laat beweeg, die herhaling van die koor deur 'n tweede stem laat almal saamskree, maar dis die deurlopende ritme wat die ding laat werk. Die soort wat jy maar kan versprei sonder woorde, dit spreek vir ditself. Met Ameen op die laaste snit is dit 'n passende intro tot Get Up.
Ons het gister vier rondtes gedoen voor iemand iets anders request het. Ons kyk toe daai Family Guy episode waarin Chris die hond doodry, dit vergelyk min of meer met die konteks. Aanhou beweeg, aanhou geraas... Min sinapse het onaangeraak gegaan. En dit na 8uur sonder elektrisiteit vanoggend.


I Am Jax Panik . CDCOL8314 COLUMBIA
1. Get Up (If You're Hot) met HC
2. Dinosaur met Korianda & Daddy Spencer
3. Loser For Love
4. Jumpstart met Neon Don
5. Ghosts Can't Cry
6. Wolves
7. Ha Ha Heartache
8. Touch Me Now
9. Sex Me Slowly met Neon Don
10. Take Me (Break Me) met Ameen

Jax Panik - Get Up (If You're Hot) met HC
Jax Panik CDs
Jax Panik - Cigarettes & Cinnamon
Jax Panik - Jax Panik EP
Cigarettes & Cinnamon (2008)
Jax Panik EP (2007)
.
.
.