Vetseun FacebookFacebook 2Vetseun PageTwitterTwitter (Maarman)YouTubeLast.fmSoundcloudKalahari.comKlout.....
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Casper de Vries
vetseunKOOP/BUY
Casper Rasper Weer (4) DVD . MNETDVD-251 M-NET

vetseunKOOP/BUY
Casper Rasper 3 DVD (Heruitgawe) . MNETDVD-203 M-NET

vetseunKOOP/BUY
Casper Rasper 2 DVD (Heruitgawe) . MNETDVD-202 M-NET

vetseunKOOP/BUY
Casper Rasper 1 DVD (Heruitgawe) . MNETDVD-201 M-NET

vetseunvetseunvetseun
Mondig DVD ...................... 2008 SELECT

vetseunKOOP/BUYvetseunvetseunvetseun
Die Casper Rasper Show 1-3 2DVD 384min . MNETDVD-144 GBDVD 015/016 2007 SELECT/M-NET
1. Straight away
2. Mary Decker
3. For vark sales
4. Môre Môre
5. Seile vrug
6. Praatvraat
7. Maak 'n tras
8. Die volkspot
9. Retief en Dingaan
10. Liewe Heksie
11. Star Drek
12. Dinner for one
13. Jan en Maria van Riebeeck
14. Fiela se ander kind
15. Blymoedige meisiemens
16. Racheltjie de Beer
17. Goorblad
18. Spidertannie
19. Darleen
20. Feëtjieland
21. Dias en Hobhouse
Ekstras:
. Deleted Geskiedenis skets: Henry die VIII
. Bloopers
. Behind the scenes - Kwêla insetsel

"Met die Casper Rasper 3-reeks DVD Combo is al die beste sketse van die 3 reekse nou op een DVD pakket beskikbaar. Hierdie 2007 her-vrystelling bevat al jou gunstellinge uit die 3 reekse, asook nuwe footage wat voorheen nog nooit vrygestel is nie. Hierdie stel is verpligte kykstof vir geharde Casper Rasper fans.geniet weer klassieke sketse soos Harrie Potgieter, Pomptreffers, Oom Kallie Marie, Die Mammie en Regter Rudy! Meer as 30 sketse is op die dubbel-DVD te sien, asook 30 minute se bloopers en ook nuwe 'unseen footage'!
Daar is hoogs vermaaklike kommentaar oor die sketse deur Casper de Vries, Pierre Breytenbach, Karen Wessels en Heidi Mollentze."

vetseunKOOP/BUYvetseunvetseun
My Wêreld DVD . GBDVD011/012 2006 SELECT
Casper in Canada - 30 min
Casper in Holland - 30 min
Casper in London - 30 min
Bloopers
Interview with Casper

"Só begin Casper de Vries se nuutste teatervertoning My Wêreld, waarin hy spot met die heelal se begin, die heelal se einde, en sommer alles tussen-in ('n hele paar biljoen jaar se humor dus!). In die eerste helfte gesels hy 'n skeutjie Land en 'n akseltjie Sand met die gehoor terwyl hy terselftertyd 'n nuwe vertoning moet voorberei vir die Wesens wat op Aarde geland het. In die tweede helfte word hierdie einste vertoning opgevoer vir die Ruimtelike gaste. 'n Bietjie verbeelding en 'n gesonde sin vir humor is al wat jy nodig het om saam met die mense van Bloemfontein My Wêreld te geniet, soos wat dit opgevoer was in die Sand du Plessis-teater in November 2005. Behalwe vir die vertoning is daar ook 3 reisprogramme wat verslag doen oor Casper en sy crew se wedervaringe in London, Holland en Kanada. Die gebruiklike Bloopers is ook weer daar!"

vetseunvetseunvetseun
Toet & Taal Casper DVD . GBDVD003 2006 SELECT

"Toet & Taal is die suksesvolle 1999 vertoning van Casper de Vries, en het landwyd getoer na sy bekende WalgWors (97) en Wetter (98) vertonings. In hierdie opvoering (opgeneem in die ArtsCape Drama teater) kyk De Vries na die afgelope 100 000 jaar van die mens se ontwikkeling, asook na die moontlikhede wat op ons wag in die nabye toekoms.

Die nuwe millennium was op almal se lippe in 1999, en daarom vat Casper die gehoor tydens die vertoning 1000 terug, na die vorige eeuwisseling wat later bekend gestaan het as die Middeleeue. Hy ondersoek verder (onder andere) Nostradamus, blinde krieket, Afrikaanse televisie-advertensies, Liposuction, DisneyWorld en die Afrikaanse woordeboek.

Die vertoning bestaan ook uit skreeusnaakse sketse met spesiale verskynings deur Henriëtta Gryffenberg, Johan Stemmet, Jozua van der Lugt, Johan van Rensburg en Gigi Strydom.

EXTRAS
Mara en Omo Bloopers
Oorspronklike Trommel Episode en Vertel Gizelle
Die Temas van Toet & Taal (gesprek met Casper)"

vetseunKOOP/BUYvetseunvetseun
Walgwors '97 DVD . GBDVD001 2005 SELECT
1. Welkom!
2. Hollanders
3. Die Jaar 2000
4. Casper op 76
5. Die Moderne Tyd
6. Jan van Riebeeck Met 'n Homevi...
7. Homo Erectus, Body Piercing en ...
8. Drugs
9. Afrikaanse Tydskrifte
10. Sake van die Hart
11. Hoekie Vir Eensames
12. Calvinisme
13. SAL
14. Die Eerste TV's
15. Roomyskarretjie
16. Die Nuus
17. Misdaad
18. Chinees
19. Bee Gees Medley
20. We Loved ABBA

"WALGWORS '97 was Casper de Vries se eerste volwaardige one man show omdat hy letterlik alleen, sonder 'n orkes, op die verhoog verskyn het, en die resultaat was 'n skreeusnaakse opvoering waarmee hy ongekende sukses bereik het regoor Suid-Afrika en 'n nuwe fase in sy loopbaan ingelui het! Hierdie unieke vertoning het nog glad nie sy trefkrag verloor nie - en na al die jare is dit nog steeds kraakvars, sosiaal relevant en broeknatmaak snaaks. Geniet Casper de Vries op sy beste in die show wat al klaar kultus status bereik het - WALGWORS '97!
Daar is ook heelwat genotvolle ekstras op hierdie hermeesterde DVD-vrystelling."

vetseunvetseunvetseun
Snaaks Genoeg DVD . GBDVD006 2005 SELECT

"Die show is goed, beter, Casper.vetseun

Dit was lekker om vir Montelle in lewende lywe te sien en Patience was natuurlik die kersie op die koek! Dankie vir 'n great show en ek sien al klaar uit na volgende jaar s'n!
vetseun
Ek dog ek skryf 'n paar lyne om dankie te sê vir die Snaaks Genoeg show wat ek voel meer as uitstekend was! Dit is die eerste keer dat ek een van jou shows kon bywoon, en ek sal nooit weer so lank ek lewe en dit fisies moontlik is 'n show in my area mis nie!

Liewe wonderlike, fantastiese, aangename fenomeen Casper. Weereens is ons gebom¬bardeer deur grappe wat asma-aanvalle en ligkoppigheid veroorsaak het van al die lag. Grappe wat net jy kan uitdink. Die Unieke Casper Humor.

Jy maak elke show - al het hoe baie mense dit nou al gesien - asof dit jou eerste een is. Dankie daarvoor. En op 'n snaakse manier het ek uit die teater uitgeloop en nagedink oor wat jy gesê het. Daar was êrens iets vir almal.

EXTRAS
AGTER SNAAKS GENOEG - 'n Interessante dokkie waarin die toer gevolg word na byna elke teater waar die show aangebied was en kykers 'n idee gee van wat agter die skerms aangegaan het, wie almal saamgewerk het om dit 'n sukses te maak, en wat alles en in die foyers gesê is! (75 minute).
BLOOPERS - Foute wat gemaak is tydens die sketse sowel as die live show.
GROET MY KARAOKE - Nou kan jy Groet My saam met Casper doen!"

vetseunKOOP/BUYvetseunvetseun
Haak & Steek DVD . GBDVD 013 / 014 2004 SELECT

"HAAK & STEEK het ontstaan as weeklikse send-up sepie-sketse op die gewilde CasperRasper Show. Die potensiaal vir 'n onafhanklike storie was net te groot om te ignoreer, en in 2003 tref 'n volwaardige HAAK & STEEK-reeks kykNET en M-NET. Die reeks het vinnig kultusstatus bereik en nou is hierdie tong-in-die-kies sepie uiteindelik beskikbaar op DVD! Die volledige reeks is te sien op 2 discs, in Dolby Digital Stereo, met 'n bykomende kommentaartrack deur die hoofspelers vol agtergrondinformasie oor elke episode.
EKSTRAS sluit in Kommentaartrack met elke episode, die oorspronklike 12 skets episodes soos gesien op CasperRasper Show, Deleted scenes en Bloopers."

vetseunvetseun
Die Casper Rasper Show DVD . GBDVD009/010 2004 SELECT
uit die eerste twee reekse

vetseunvetseunKOOP/BUYvetseunvetseun
Laat Daar Lag Wees VHS/DVD . GBDVD004 2004 SELECT

"Laat Daar Lag Wees was Casper de Vries se gewilde Afrikaanse one-man show wat vol sale getrek het regoor Suid-Afrika in die jaar 2000. Hierdie aanbieding is 'n vrolike, kleurvolle teateropvoering, volgestop met uitstekende nuwe liedjies, lekker loslit dansers, asemrowende beligting en meer as twee ure van De Vries se eiesoortige humor!

Hier is van die e-mails wat sy ondersteuners geskryf het nadat hulle die vertoning gesien het:

'Ek het jou show in die Kleinteater gaan kyk en was nat gelag aan die einde...' Karen
'Jou beste show ooit. Geniet die karakters wat jy uit vorige shows terugbring...' Cronjé
'Jy het definitief 'n juweel in my lewe agtergelaat met jou show wat ek vir altyd sal onthou. Ek het die meeste gehou van Oom Kallie Marie, Montelle die Koffiemoffie, en Greetjé Appelmoes (bly sy is terug!)...' Christiaan
'Ons wil almal sê dit was wonderlik, voortreflik en ongelooflik snaaks!!! Hou so aan, sonder jou sal ons vergaan!' Jackie
'Ek is mal oor jou filosofie oor die lewe, jou denkwyse en dat jy een van die min 'ingenius' sterre in ons land is!' Morné
'Jou show het alweer geslaag om my maagspiere sulke spastiese rukkings te gee!' Paul
'Deur veral die laaste 3 vertonings is daar myns insiens (Casper mag dalk verskil, en die Beeld en Burger sou nie opgelet het nie) 'n ontwikkeling te bespeur in die intellektuele diepte van sy shows, waarskynlik ook weerspieël in sy gehoor. Daar is effe minder losstaande snaaksighede, en al hoe meer skerp, dringende sosiale kommentaar toegedraai in briljante humor wat sy gehoor challenge. (Of dalk word ek self meer volwasse?) Dit is tegelyk snaaks en uitdagend, en hopelik het die diepere betekenisse meer mense bygebly...' Hans
'Ons het jou show terdeë geniet. Hou so aan! Ek dink mense is partymaal soos skape, né! Hulle volg maar net agterna, maar so nou en dan is daar iemand wat die skape laat stop en opkyk en dan sê hulle: 'O fok! Ons het nie besef dit is eintlik só nie!' Nou ja, dankie dat jy die guts het om die 'wolf' in skaapklere te wees en die skapies in die land op jou unieke manier die lig/lag te laat sien...' Markus"

vetseunvetseun
Wetter DVD . GBDVD002 2004 SELECT

"South Africa's wickedest satirist is back with a tongue so sharp it could slice through ice. De Vries knows his onions, and remains one of the few comedians who take salacity to the utmost limit without giving the slightest offence. Casper's superb talents have surely earned him a place in the select coterie of the national treasures, this country should guard and nurture with pride.

Few entertainers throw themselves into the work with the unbridled passion of Casper de Vries. He doesn't let up for a second, and he has the amazing facility of letting us think he is making it all up as he goes along. Nothing could be further from the truth, though. That brilliant script is the result of long hours of work and of observing the human race and its foibles.

His show, which revolves around life, death and other humorous issues, takes a bitingly satirical look at Bill Clinton, steroids, Mimi Coertse, the Comrades Marathon, sponsors, TV continuity announcers, rock stars and what he does to Viagra, National Party leader Marthinus van Schalkwyk, Nelson Mandela, cloning, pets and the media, is nobody's business. But it is all done in the inimitable style he has made his own, and the result is entertainment no one who enjoys good theatre should miss!"

Die Hits ............................ 2003

vetseun
Die Casper Rasper Show 3 'Die Beste Sketse' DVD . GBDVD007 2003 SELECT

vetseun
Casper Rasper Shows 2 ......................

vetseunvetseunvetseun
Dimensie DVD . GBDVD005 2003 SELECT

"Casper de Vries se kontroversiële en hoogs suksesvolle one-man-show DiMensie is op 1 April 2002 opgeneem by die KKNK. Dit was ook die heel laaste opvoering van dié gewilde vertoning na 'n landswye toer van 8 maande en 130 uitverkoopte optredes. Mense het óf gerave oor die stuk, óf hulle het dit skokkend gevind. Boodskappe op Casper se website www.casperdevries.com het gewissel van "ek skryf om dankie te sê vir jou show - dis briljant" tot "nadat ek jou godslasterlike nuwe show gesien het, sien jy my (en my vriende) nooit weer nie!" Casper se opinie oor DiMensie is dat sy vertonings nie net gemik is op mense se lagspiere nie, maar ook op hulle breinlobbe. Hy wil hê sy gehoor moet op 'n humoristiese manier kan nadink oor die dinge wat in die wêreld, en meer spesifiek in Suid-Afrika, gebeur. "Dit is my mees suksesvolle en bevredigendste show tot op hede, en een waarop ek geweldig trots is. Die songs is great en die onderwerpe baie stimulerend". Geniet ook 'n spesiale klankbaan met kommentaar van Casper, Oom Kallie Marie en Montelle op hierdie DVD."

vetseunvetseun
Toet & Taal Casper VHS/DVD 141min . VSELB1000 2000 SELECT vetseun

"Hierdie suksesvolle opvoering van Casper de Vries het in 1999 vir weke lank in groot teaters landswyd gespeel waar alle vertonings aand na aand uitverkoop was.
"Toet & Taal Casper" se sukses volg op sy ander gewilde en opspraakwekkende aanbiedinge "Walgwors Live" (1997) en "Wetter" (1998) (ook verkrygbaar op video).
In die "Toet & Taal Casper" opvoering kyk De Vries na die afgelope 100 000 jaar van die mens se ontwikkeling, asook wat die volgende 100 jaar mag meebring. Die vertoning se sentrale tema is die nuwe millenium wat aangebreek het en watter ideale en drome die mens koester en verwag van die toekoms, maar ook watter eienaardighede aangevang is in die mens se geskiedenis tot op hede.
Die vertoning word aanbeveel vir 'n volwasse gehoor.
Benewens sy unieke "stand-up" humor maak Casper ook gebruik van videoinsetsels, spektakulere beligting en uitsonderlike musiek om die vertoning 'n totale multimedia ervaring te maak waaroor se gehore gaande was.
Daar is ook spesiale verskynings deur Henriëtta Gryffenberg, Johan Stemmet, Johan van Rensburg, Jozua van der Lught en Gigi Strydom

vetseun
Purgatorius .................. GBMCD005 1998 SELECT
1. Die Mooiste Woordjie
2. 'n Punt vir PUNT
3. WKRP
4. KitsKosKenner (LIVE uit Wetter)
5. Almal Dra 'n Jas
6. Tematiese Oerkreet 1
7. MAWE (LIVE uit Wetter)
8. Plak Oppie Vlak
9.LIVE uit Wetter : Morge Borge
10. Internet 'n Bietjie Met My
11. Tematiese Oerkreet 2
12. Aksente en Skandale (LIVE uit Wetter)
13. Mamma Nature
14. Honde (LIVE uit Wetter)
15. Woorde en Sterre (LIVE uit Wetter)
16. Purgatorius
17. Hold On Tight
18. Ruimte en Brein (LIVE uit Wetter)
19. Ons Sal Oorleef!

vetseun
Walgwors '97 .............. GBMCD004 1997 SELECT

vetseun
Meer As Lewendig ............................. 1996
1. Formele Opening
2. Groet My!
3. Tussenwerpsel 1
4. Rook (live)
5. Vet
6. Vloek (live)
7. Tussenwerpsel 2
8. Rugby (live)
9. Rugby Briels
10. Tussenwerpsel 3
11. Groot Trek (live)
12. Mozart (Just Imagine)
13. Tussenwerpsel 4
14. Fiedel On The Roof
15. 26 000 Dae
16. Nood(t) Vir Noot(d) (live)
17. Afrikaanse Sterre Medley
19. Tussenwerpsel 5
19. Oom Kallie Marie (live)
20. Boodskap Van Greetje
21. Beep Song

vetseunvetseun
Hoofsaaklik Humor ...... GBMCD001 1995 SELECT
1. (Nog 'n) Feëtjieland
2. Treffersparade
3. Die Briele
4. Plaat Vraat
5. Alternative Song
6. Lekker Lekker Lekker Lekker Lewe
7. Dom Dom Dominee
8. Stank vir Dank
9. Kommin
10. Greetje Gesels
11. What a Wonderlike wêreld
12. Liedjieboer (Huldeblyk)
13. Pyn Lyn
14. Bubblegum Music
15. Poef Praatjies
16. Boere se Roere
17. Nuwe Generasie
18. (Nog 'n) Feëtjieland (Vieslik Vinnig)

vetseun
Wetter VHS ................ 1998

Hallo Suid-Afrika/Hello South Africa (1986)

vetseun
Ontvries VHS ................

flyers :
2007 11 13-17, 20-26 - Casper de Vries, ArtsCape Opera House
2005 09 06-10, Staatsteater Casper de Vries - My Wêreld
3 04-10 07 04, Ceasar's, JHB Casper de Vries casperdevries.co.za


skakels : casperdevries.co.za : wiki : stellenboschwriters.com















DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)