The Buckfever UndergroundThe Buckfever Underground - SAVES
TuisbladThe Buckfever Underground op FacebookTwitterThe Buckfever Underground op MyspaceThe Buckfever Underground op Last.fmYouTubeThe Buckfever Underground op DiscogsThe Buckfever Underground op Wikipedia

SAVES - 2007


Ai, weet jy. Die ding het op 'n snikwarm middag sy weg tot my uitreikende hande gemaak, so vars vanuit die man s'n. Dit moes en was maar lank voor die plastiek in die plastiek kon kom en die klank uit Obs ons kan verlig en lig.
Die nuwe Buckfever is bloot orgasmiese klankhemels. As ons so mag sê, en ons mag. Daar word absoluut nie 'n sekond gespaar voor daar in chaotiese klank weggespoel word nie, Ek & Jy is teks oor geraas op die mees emosioneel realistiese melodies verreikende manier denkbaar.
Met die gesogte tekspapierstjies, nou verguld teen die muur langs die Voortrekkermonument skildery en landsvlag, kan ons nie wag nie, en het nie. All you need het so lekker bassline gevoel aan wat mens miskien nie dink BU kan vermag nie, maar hulle kan. Die Here word met so dieselfde bassline ding bedank vir alles wat Hy vermag het, veral orale seks, begrafnis stoete en Disprins. Die klank bereik algehele breedheid met driedimensionele eggo's en diepsnyende lirieke onophoudend oor simbale en 'n amper opstaan en rondspring melodietjie. Sold indien jy nog nie Saved is nie, dude.
Nou dat mens half ingespring geforseer is in Saves in, is ons nou binne en bietjie rustiger. Die mal drom ritmes word effe sparser en 'n koor kom in die agtergrond te voorskyn wat Toast se stem soos 'n gebed laat klink. Alleen keyboard note en 'n drywende bas maak vir 'n Ryers op die storm gevoel. Woorde drup soos reën van die bewolktheid waarmee Die Koors hulself vereenselwig, oorgedubde asemhaling en spasieuse beweging maak die produksie amper live voel en as jy nie na die een arms in die lug rondsweef soos 'n bomwerper nie, dan ...
Lewenslied is net so mooi soos dit kom, ons hoor mos nie gewoonlik reguit liefdesliedjies op die blad nie, maar ... Oor klavier note, wat sommer vinnig hartstogtelik herrinneringe laat opwoel, vertel Die Stem ons van haar.
.......................... " ... en by kuile waar net kinder fluit ...
.......................... " ... en later saam met gras versuip ...
.......................... " ... is sy 'n vindingryke voël ...
.......................... " ... wat vlinders kon verdrink ... " .
.. Wonderlik siniese sonopkomste. So heerlik kort enetjie wat mens net oortuig voor jy weer in die sisteme verlore mag raak, met Jane Breetzke. Speel hom twee keer vir effek, miskien sypel die CD jou are in en verwarm die son jou "meteoriet". Dank Vader ons is klaar met daai een ...
'n Onheilspellende geluid begroet Righard se rustige kitaar note, drom ekstase, ons is gereed, jy weet die een is groot, Die Woord. Onvermeidelik, onvermeidelik, onvermeidelik. Jou teksboek Buckfever track, muurgaze of (l)em(m)o, noem dit wat jy wil. Oneindig diep en ritmies pragtig in herhaling en nuutskepping samples bo-oor. Indien jy die lirieke in die boekie kan volg, geluk. Ons "skop in die balle" track. Gemaklik ekstase bereik en oggendete voorberei, sorgvry en glimlaggend.
En as ons net 'n skribbel kan wees voorop enige CD dan is ons as resensie gelukkig. Want daar is geen salf aan salf te smeer nie. Kniediep in anyway,
........................ " ... kontoere van jou crime ... "
en terugkeer geen keuse, die dromme het ons alweer N2 oor genooi, en die banke ons rug maseer, en miskien haar hande en toe ook. Teen daai plek se mure staan en kyk na bladsye val, vingers beweeg, mense maal, en deel. Die wag werd. Bly ons het probleme gehad. Die Wortel Van Kwaad, lekker.
Ons word gewillig gegooi in BU se punkrocklivetrefferlied, I wanna die ... !! (Let op uitroeptekens) Met skreeuende kitare is Toast hier in 'n harder gewaad, amper kwaad oor die tyd wat afgewag moet word voor daai wens bewaarheid word. Vir ingeval jy nog hoop oorgehad het op jou eie, "please".
Terug hemelklank toe. Oneweredige dromme maak basis uit vir die boek wat oor die mikrofoon vermeld word, om te rym of nie. So ver verby die feit dat almal die CD moet besit, miskien kry jy 'n special saam met Medemens, 'n moet ok. Net genoeg BU, miskien so bietjie overkill van ons kant af, maar nou weer beter. Moet elke nou en dan weer sit om die rondstrompel-dans-riel-idees te stuit, en aan te hou meedeel. Tegnies net besigbly terwyl ons nie aanhaal wat die man se nie, "eenman-missie".
Woordelose genieting. She is rustige elektroniese klavier oor ons kenmerkend minimalistiese dromme en bas. Seker so asemhaling na die impak van ses, sewe en Ons Maak Onsself Dood wat die skaal hewig laat tiep. Teen die tyd wat die stories begin is dit ook al weer cool. Vertellings van haar in engels. Ses minute, kry vir jou.
Ons sluit af, die rondte anyway, met This Is The Photograph ..., teksboek BU, in engels, statisties amper helfte, dis soos persentasie gewys amper ook helfte, heel vooruitstrewend. Met hartseer melodieë en lui woorde 'n gepasde blik na die afgelope nostalgiese woordtoer deur die landskap waarmee BU hulself opmaak. 'n Roadtrip in 'n lêstoel, of kaaldans om 'n middernagvuur, 'n strandstappie, of miskien 'n lang soen ...

SAVES .
1. Ek & Jy
2. All You Need In Life Is A Soul
3. Psalms & Gesange
4. When The Light Goes
5. Lewenslied
6. Die Woord
7. Die Wortel Van Kwaad
8. I Want To Die On A Tuesday Afternoon
9. Ons Maak Onsself Dood
10. She
11. This Is The Photograph I Was Meaning To Take

The Buckfever Underground CDs
The Buckfever Underground - Limbs Gone Batty (LIVE)
The Buckfever Underground - SAVES
The Buckfever Underground - Trying To Do Something About This Goddamn Terrible Bleak Winter (LIVE)
The Buckfever Underground - Teaching Afrikaans as a Foreign Language (TAFL)
The Buckfever Underground - Survival is Personal
Limbs Gone Batty (LIVE) (2009)
Trying To Do Something About This Goddamn Terrible Bleak Winter (LIVE) (2005)
Teaching Afrikaans as a Foreign Language (TAFL) (2002)
Survival is Personal (2000)
The Buckfever Underground - Jou Medemens Is Dood EP
Jou Medemens Is Dood EP (1999)