Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Boet van Schalkwyk
vetseun
Ek Verlang Weer Vanaand LP ............. KRISTAL
Kant Een:
1. Ek Is Jammer
2. Jy Het My Verlaat
3. Ontrou Liefde
4. Nooientjie Van My Hart
5. Hoe Kan Jy My So Gou Vergeet
6. Ek Verlang Na Jou
Kant Twee:
1. Troue Hart
2. Seun Kom Tog Huis Toe
3. Draf Maar Aan Ou Ryperd
4. Jou Eie Wêreld
5. Seeman
6. Ek Verlang Weer Vanaand

Mel die vrystelling van Boet se eerste Kristal-langspeelplaat Nr. KLS 224, het ons voorspel dat hy baie harte sal steel en 'n gunsteling sanger sal word, maar nooit het ons kon droom dat hy byna oornag soveel bekendheid sou vewerf nie. Navrae, bestellings en versoeke vir sy volgende plaat het ons van heinde en verre oorstroom en ons feitlik genoodsaak om gou weer 'n tweede langspeelplaat van hierdie veelgesogte sanger vry te stel.
Sit gemaklik agteroor, luister na hierdie opnames en u sal met ons saamstem dat Boet van krag tot krag gaan en sy talle bewonderaars nog menigte uurtjies se luistergenot sal verskaf.

vetseunvetseun
Welkom In My Hart LP ........... KLS 224 KRISTAL
Kant Een:
1. Welkom In My Hart (Welcome To My World) (Winker-Hathcock)
2. Tot Die End Toe (Not Until The Next Time) (Talley)
3. Anna-Marie (Walker) met Rita Uys
4. Kom Terug My Liefling (Send Me The Pillow That You Dream On) (Locklin)
5. Dis Jou Glimlag Weer (There's That Smile Again) (Davis-Reeves)
6. Ek Min Jou (I Love You Because) (Payne)
Kant Twee:
1. Dit Breek My Hart (It Hurts So Much) (Reeves-Guitar)
2. Ek Sal Altyd Op Jou Wag (A Fool Such As I) (Trader)
3. Nita, My Nita (Trad. Verw. Van Schalkwyk) met Rita Uys
4. Verloor Ek Jou Nou (Am I Losing You) (Reeves)
5. Liefde Is Geen Verskoning (Love Is No Excuse) (Tubb) met Rita Uys
6. My Blinde Hart (Carstens-Combrinck-De Waal)

Opname en Produksie, Pierre J. Lombard, Dries Lombard

Boet van Schalkwyk het vanaf sy geboorte tot in 1950 in Pretoria gewoon. Dit is in hierdie stad waar hy hom alreeds op sang begin toele het. Op die ouderdom van vyf jaar kry hy 'n kitaar van sy ouers as geskenk en dit was nie baie lank nie of hy begelei homself daarop.
Van Pretoria verhuis hy na Penge in die Oos-Transvaal en vestig hom later in Kempton-Park aan die Oos-Rand. Hier tree hy nou gereeld met verskeidenheids-konserte op. Met die sukses wat hy daarmee behaal het en as gevolg van die aanvraag van die publiek het ons dan Boet se stem op hierdie plaat verewig.
Die manier waarop Boet die liedjies op hierdie plaat vertolk is melodieus, sag en vol teerheid, 'n stem wat by almal byval sal vind. Boet sal met hierdie plaat baie harte steel en u gunsteling sanger word. - omslag


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)