


















Boerebedryf Orkes

Speel Boerebederf ... NEXTCD 418 2012 NEXT MUSIC
Vriende inderdaad het jy so pas 'n meesterstuk bekom vir jou boeremusiek versameling. Boerebedryf Orkes bestaan uit Faan Rousseau op kitaar, Pieter Zwart op konsertina, Giep Rousseau op baskitaar en Riaan Esterhuizen op tromme. Hierdie gesoute musikante is almal deurwinterde manne wat tussen hulle maklik 50 jaar plus se boeremusiek ondervinding per musikant agter die blad het. Pieter Zwart, is seersekerlik een van ons meester konsertina spelers wat 'n nommer tegnies korrek speel soos dit gekomponeer is.
Wat kan mens van Paul Ferns sê as maestro, treklavier speler. Faan Rousseau van Lichtenburg, is een van ons beste kitaarspelers, Riaan Esterhuisen bespeel ook al vir jare die tromme en Giep Rousseau, Faan se broer op die baskitaar het ook jare se ondervinding agter die blad. Die is 'n wenspan en glo my, hierdie is werklik een van ons beter Boeremusiek opnames en veelsydige musikante bymekaar in 'n baie langtyd.
Boerebedryf Orkes, is tydens die Nasionale Boeremusiekgilde se Nasionale Kompetisie wat gehou was gedurende Die Boeremusiekgilde van S.A is werklik bevoorreg en trots op die manne. Skop uit die skoene, skuif die koffietafel opsy en skoffel saam met hulle.
skakels :