Bittereinder Bittereinder - 'n Ware Verhaal
TuisbladBittereinder op FacebookBittereinder op TwitterBittereinder op MyspaceBittereinder op Last.fmBittereinder op YouTubeDiscogsWikipedia

Die Dinkdansmasjien - 2012


Mens kon dit nou nie regtig beter beskryf het nie. Net soos jy opstaan en rondspring, dan sit en diepdink jy weer, baie ritmies, die heeltyd. 45min van mal nuwe Afrikaanse dans(dink)musiek.

Bittereinder bring ook almal vanuit oorde ver bymekaar om hul drywende beats en oormatige vriendelikheid en bloot party te deel. Ons het so rukkie gewag, sodat die inisiële opgewondendheid afneem, maar ons het nogsteeds van die mense gehug... aai.

..................."Ons is .... ".....................
Onheilspellend, mens weet vooraf, as Die Woud met rustige fluisterende stemme inlei, dat hier 'n beat gaan kom en sekerlik die woorde. So stadig word mens stap vir stappie nader getrek en met opbouende ernstigheid en meer reverb beats - wat almal pas - is mens sommer maklik weggevoer as die koor met oordonderende ritmes en headbanging tot drum'n'bass beats en absolute dansvloer anargie basslines opeindig. Sjoe, fkn sjoe. Nommer een.

..................."B-I to the double T E-R to the E-I-N-D-E-R..." vetseun
Reguit radio toe. 'n Voorstellende liedjie met ou skool verwysings galore en 'n nod of tweedrie ook. Desmond and The Tutus sanger Shane Durrant word tong-in-die-kies (eers, en dan sommer lekker) nader getrek om die "stomper" met die X-Files synths weerskante te versterk. Ons leer die Bitters bietjie beter ken, met die miljeu wat in rym verduidelik en uitgelê word, lees Sundowns tot TS Elliot tot Black Star en Guru, as jy volg. Bonsende twee.
Konteks quote: "Turning your play into a tragedy"

..................."Hoe langer jy..... " ............................
So bietjie rustiger, of ten minste in vergelyking minder bonsend. Jakkals Trou Met Wolf Se Vrou is 'n ditty-rige nommertjie met 'n klem om die vleg van woord en ritme, 'n storie wat met 'n subtiele onophoudend grappige vertelling mettertyd vingerwys tot die "...Brand Suid-Afrika" quote homself weer beklemtoon. Dink mens is veronderstel om bietjie deurmekaar te wees hier. Teen die elektro dans oorneem is dit net diep. Trek die "ditty" terug.

..................."...jy kan dans op 'n flikkerlig.... " ...........
En daarsy! Hard. Die Dinkdansmasjien is 'n monster basnektar snit. Stampende bas bring die skreeuende koor lippe toe. Drop-die-clutch dansvloer toe! Hande in die lug, uit volle bors! Seker om enige grootte club tovetseuntaal dit te laat verloor. Met nog een van die span se video-manjifiek-goed video daarby is die spoed-van-lug aflewering van Mnr. Van der Merwe 'n perfekte aanloop na die eerste van die koor gedeeltes. Die een gaan na die middel en draai nie doekies om as dit kom by verduidelik waaroor dit hier gaan nie. (Persoonlike shoutout vir Arcade Empire, waar die launch was. Ook waarvan die foto's is....[Dankie Jaco], julle weet seker hulle verwys na Arcade Fire... Anyway) 'n WNNR, tot die max. Ons kan 'n paar liedjies noem wat so exciting (hehe) is, maar om enige sulke antw.oorde hier weg te gee sal, wel, verkeerd wees.

........"'n geroesmoes en geraas is..." .............
As daar enige iemand anders is wat ons ook al so opgewonde gehad het oor Afrikaans, sien alles hier, is die Chris "Die Verkleurmannetjie" Chameleon. Hier in 'n rymkletsende moniker, amper verbasend vleg die twee rymers om mekaar, verskuiwend, van ligte folky besingings verby vinniger digteryery. Die een sal nie noodwendig die clubs maak nie, maar dis miskien vir passe, of vistas, of paaie waarvanaf mens die see kan sien. Mooi.Chris asemrowend poëties in amper verhoog voordrag, Jaco grappig waarskuwend vriendelik, weer. Kulkuns.

........."...ek verpletter jou heinings...." ................
Terug na iets wat mens aan die Def-Jux se vroeë dae laat dink, dink ek. 'n Kruipende massiewe bvetseunasslyn vergesel die teksboek snap (actually), maar mens gaan hier ook aan hoogtevrees van insig ly, later, seker. Bliksem, met Freddie Bruno & HemelBesem word elke keer as HemelBesem aan die woord kom eers gerewind... (Terwyl mens "Disappear" herhaal...) Bietjie harder... 'n Rym wat aan 'n advertensie raak maar met defnitiewe deursettings vermoeë en meer lettergrepe en draaie as fok "Poof!"... 'n Rym wat aan 'n advertensie raak maar met defnitiewe deursettings vermoeë en meer lettergrepe en draaie as meeste ryme wat jy daagliks raakloop punte - waaraan mens nie in 'n 100 jaar sal dink nie maak, maak Bittereinder hier 'n kleim in wat ons die "musiek-geheue" gaan noem.

................"...fast lane, but your momentum is slow... " ...
Bliksem 2. Freddie Bruno bring 'n internasionale geur reguit uit die strate van eers Washington DC en nou Texas en as daai beat nie dieselfde deurdringendheid nogsteeds gehad het nie, sou hierdie lid van Deepspace 5 se aandeel snaaks onvanpas geklink het. Maar die man "Wil Dans". Net soos ons almal. "Poof!"... Met 'n paar skerp lyne wys Freddie hoe hyjou hele vriendekring kan illimineer, terwyl hy jou hand vashou, en glimlag, tegnies. Cool.

..................."...HemelBesem is..." ...................
Bliksem 3. Kan mens nou hieroor wil uitsprake maak of enige iets fel? Mnr. Hemel kom met 'n verskriklikke vertelling/duidelikking van hoe hoekom en waarvandaan hy hier aan gekom het. Die "Ggggg" van sy "Fangsss" sou as 'n T-hemp idee voorgvetseunestel geword het as die gecoinde lyne nie so volop en aaneen was nie. Die man is tegnies 'n boek hier. Rewind. Hoofsaaklik want Die Slagting is volgende. Teen die tyd is die oordrewende beat 'n instrument van subconsciouss entry en watookal gesê word is geëts op wieookal se cerebral cortex, glo ek. WNNfknR.

.........."...moeilike tijde, moet ek begrijpe ..." ......... (Vetseun "Lyn van 2012")
Die Slagting!!! Voor ons al die digters in die land roep vir unifikasie van monumentele proporsies, kom ons slag eers. Sing! Met 'n 90's synth wat die dansatmosfeer voorspel en 'n dik beat wat die rym dryf is dit vinnig lekker. Hier het ons bietjie later vir Mnr. Beumers van Slechte Mensen faam, (plus natuurlik baie meer). Die lyn tussen 'n dancehall vibe of elektro-hop of iets word hier weer oorgesteek en geblur. Tim se aflewering border op skree en die 4/4 hou die hele ding aan die gang. Rewind... Teen die tyd kan Jaco enige iets sê, tot "inhoud van jou yskas" werk. Klim in jou kar, sit dit op repeat, skryf jou eie review...

..................."...tyd vir 'n revolusie?" ...............
Nou kom ons by die space-time-continuum idee stadium van die CD. imagine jy kry almal cool, en sit hulle op jou CD. Nie jou middle-of-the-road cool nie, die soort cool wat in die skaduwee staan en eers later opgemerk word... of so. Sal makliker wees om 'n lys te maak van wie nie hierop is nie, maar kom ons probeer anyway. Nie chronologies nie, maar ons het vir Toast Coetzer wat partykeer Weg is, maar ook ander kere saam met The Buckfever Undergrouvetseunnd tekste aan mense rym, of Simply Dead is, koning, ons het Hunter Kennedy wat miskien bekend is vir Fokof, maar die grense van Malheid oorskry het met Die Heuwels Fantasties,ons het MJ du Preez van Doktrine faam, genoeg gesê..., ons het Andries Bezuidenhout wat as hoofsanger van Brixton Moord En Roof Orkes betower het "In Skubbe", en nou ook as skrywer en solo kunstenaar "Bleek Berus", ons het Mavis Vermaak wat nou saam met Sexinadream opneem, maar in haar twee EPs ons harte "Soos 'n Dier, ingelei, oortuig en aan-lip-hangend."... En plus Ilze Ontong, MJ du Preez en Tom Gouws maak dit vir 'n treffer van formaat. Almal in sy eie individuele styl, aangepas miskien. Regstreeks: Die Dinkmasjien. Manjifiek verby.

..................."...Die Masjien wil dans!!" ................
Ok, Hartklop!! Dans!! 'n Gemuffle-de baslyn eindig op om op iets heel anders uittedraai, dit bly net nie rustig voor dit oorbarsende/verba(r)sende skrilheid bereik nie, lekker. Daar hou dit nie op nie, die mal draai baslyn word na so bietjie draaksteek 'n drywende dubstep-naastenby ding, wat die geskreeude koor soos 'n handskoen laat pas, wag net vir die meisietjie se eerlikheid, dan is dit tyd. Min sulke bloot mal dans georïenteerde Afrikaans daar buite, pragtig. Hoe hard die mense actually die liedjies live speel sal miskien die enigste ding wees wat meer verbasend is.

..................."...(Die hele liedjie)..." ..............
Ons Het Nie Meer 'n Houvas Nie se baslyn is nou amper soos 'n vriend en die aaneenlopende Jaco se bemoediging bring die super-CD volle sirkel, hehe, samesyn in Die Woud, saam met overall Dans, word met riem-onder-die-hart woorde afgerond om 'n positiewe beat belaaide sirkel van geluk te maak. Die koor is 'n ligteblou T-hemp wat jou gunsteling geword het, na keer op keer se werk, ons rewind as die beat verdubbel... Wat sal ons quote? Soveel keuses... Koop nou.vetseun

PS. Die Dinkdansmasjien is genomineer vir Best Alternative Album by die 2013 SAMA's ...




vetseunLIVE: 18 Mei, 2013, Bittereinder plus meer

To quote ourselves circa 1995, hierdie keer 2013, "..my inhuldiging en dit was swaar." Daai was oor Valiant, hierdie was Bittereinder, voorafgegaan deur rockende bands, die laaste een Black Cat Bones... So daar was nie 'n tekort aan klank of hoppende mense nie, dis net dat die Bitters die klanksisteem op 'n manier vermenigvuldigend laat optree het, bordering aan eksponensïeel...

Dit was bietjie laat, maar hulle het met Die Woud oopgemaak, maar die ding is, daar is duidelik geen manier dat hulle Radio of Album Versions live gaan speel nie, dis te vervelig, so Die Woud was 'n absolute rugbrekende ontploffing, soos meeste van die daaropvolgende nommers. Met 'n groeiende groep kenners van Bittereinder is meeste van die lirieke deur die toeskouers ge-eggo, indien nie voooruit gesing nie. En 'n gevoel van veiligheid en saamstaan het almal - met 'n moerse beat - envelop.

Ander nommers wat die live treatment gekry het was:
Almanak; Solidariteit; Slechte Mensen; Kwaad Naas; Die Dinkdansmasjien; Hartklop: Die Dansmasjien oa.

Iemand dalk 'n live sound/video recording?

Laaglande, kry vir julle!!!


Die Dinkdansmasjien . BITTER 002 BITTEREINDER
1. Die Woud met Magdalene Minnaar
2. Kwaad Naas met Shane Durrant
3. Jakkals Trou Met Wolf Se Vrou
4. Die Dinkdansmasjien
5. Kulkuns met Chris Chameleon
6. Bliksem met Freddie Bruno & HemelBesem
7. Die Slagting met Tim Beumers
8. Regstreeks: Die Dinkmasjien met Toast Coetzer, Hunter Kennedy, Ilze Ontong, MJ du Preez, Andries Bezuidenhout, Mavis Vermaak, Tom Gouws
9. Hartklop: Die Dansmasjien
10. Ons Het Nie Meer 'n Houvas Nie

Bittereinder - Die Dinkdansmasjien
CDs
vetseun
vetseun
Chris Chameleon - As Jy Weer Skryf
Chris Chameleon - Kyk Hoe Lyk Ons Nou
Chris Chameleon - Klassieke Chameleon
Chris Chameleon - Ek Vir Jou
Chris Chameleon - Ek Herhaal Jou
Klassieke Chameleon (2008)
vetseun
vetseun
vetseun
vetseun
vetseun
HemelBesem & Isaac Mutant - Double Story (2012)
Die Heuwels Fantasties - Alles Wat Mal Is (2012)
vetseun
vetseun
vetseun
Mavis Vermaak - Rumi EP
vetseun
Andries Bezuidenhout - Bleek Berus (2009)
Brixton Moord En Roof Orkes - Terug In Skubbe (2005)
The Buckfever Underground - Limbs Gone Batty (LIVE)
The Buckfever Underground - SAVES
The Buckfever Underground - Trying To Do Something About This Goddamn Terrible Bleak Winter (LIVE)
The Buckfever Underground - Teaching Afrikaans as a Foreign Language (TAFL)
The Buckfever Underground - Survival is Personal
The Buckfever Underground - Limbs Gone Batty (LIVE) (2009)
The Buckfever Underground - Trying To Do Something About This Goddamn Terrible Bleak Winter (LIVE) (2005)
The Buckfever Underground - Teaching Afrikaans as a Foreign Language (TAFL) (2002)
The Buckfever Underground - Survival is Personal (2000)
Yesterday's Pupil - Errors In Enthusiasm
Eentonig - Eentonig
Jack Parow - Jack Parow
Jack Parow - Cooler As Ekke EP
Tumi & The Volume - Whole Worlds
Yesterday's Pupil - Errors In Enthusiasm (2009)
Jack Parow - Cooler As Ekke EP (2009).
Tumi & The Volume - Whole Worlds
Tumi & The Volume - No Guarantee
Tumi & The Volume - Tumi & The Volume
Isochronous - Inscape
Isochronous - Isochronous
Kidofdoom - .My Faith In War
Tumi & The Volume - No Guarantee
Isochronous - Inscape (2011)
Kidofdoom - .My Faith In War (2009)
Kidofdoom - .Kidofdoom
Sev Statik & DJ Dust - Back To Dust
SevStatik - SpeakLife
Tim - Bloed Zweet En Tranen
Tim - De Hoogste Tijd
Sev Statik & DJ Dust - Back To Dust (2007)
SevStatik - SpeakLife (2002)
Tim - Bloed Zweet En Tranen (2007)
Tim - De Hoogste Tijd (2005)