Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Bill Parsons (Mondfluitjie)
vetseun
Boeremusiek Op Sy Beste LP . WLS 406 WELKOM PLATE

vetseunvetseun
Mondfluitjie Se Moses LP .. UNA 1551 UNIKA
Kant Een:
1. Drakensberg Vastrap (Bill Parsons)
2. Boeretroos (Setties) (Bill Parsons)
3. Jan Pierewiet (Trad. Verw. Bill Parsons)
4. Kuruman Kwela (Bill Parsons)
5. Bekfluitjie Boogie (Bill Parsons)
6. Boegoeberg Se Dam
Kant Twee:
1. Daar's 'n Wind Wat Waai (Carstens-De Waal)
2. Daar Oorkant Die Spruit (N. Stein)
3. Karringmelk Wals (Trad. Verw. Bill Parsons)
4. Meadowlands (S. Vilakazi)
5. Dagbreek Boogie
6. Daar Kom Die Wa (Trad. Verw. Bill Parsons)

Bill Parsons staan baie jare reeds bekend as Suid-Afrika se mondfluitjiekoning. Hy is in Johannesburg gebore en het reeds van sy vroegste jare af 'n lewendige belangstelling vir sy geliefkoosde instrument begin toon. Op die jeugdige ouderdom van sewe, wen hy sy eerste talentkompetisie in Durban - en so begin sy ongeëwenaarde musiekloopbaan waartydens hy groot lof sou inoes. Vandag is Bill Parsons die trotse besitter van nie minder as 200 trofeë wat hy in dergelike kompetisies verower het nie.
Sedertdien het Bill Parsons die hele land deurkruis en groot gehore op sy lang-asem-manewales met die mondfluitjie vergas. Hy speel enigiets van 'n wals tot ruk-en-rol en kan inderdaad as 'n veelsydige musikant bestempel word, want hy is heeltemal tuis op die basviool en die tromme. Die gewilde Bill Parsons se dienste is derhalwe ook in groot aanvraag en hy het met sommige van die voorste orkeste in die land opgetree, onder andere die van Ivor Turner, Louis de Lange en Hendrik Susan. Bill het ook sy eie orkes gehad en dikwels in Johannesburg en Pretoria die danspas aangegee.
Dit is egter as mondfluitjiespeler en komponis van mondfluitjienommers dat Bill Parsons hom onderskei. Die feit dat hierdie kunstenaar al meer as sestien jaar bekend staan as ,,Mondfluitjie se Moses", behoort vir u 'n aanduiding te gee van die ware musiekvermaak wat u te wagte kan wees wanneer hierdie meester-mondfluitjie-man lostrek. Hy speel 'n paar van sy eie komposisies en verwerkings op hierdie nuwe LS-plaat wat met die begeleiding van Regardo Bornman en Ken du Plessis op die ghitaar, Mannie Parkes op die basviool, Flippie van Vuuren op die trekklavier en Pat Higgins op die tromme opgeneem is. - omslag

vetseun
Mondfluitjie Potpourri LP .... UNA 1559 UNIKA

vetseunvetseun
Samba Samba / Karasburg Kwela 7" . SSU.628 UNIKA
Kant Een:
1. Samba Samba (Warner)
Kant Twee:
1. Karasburg Kwela (Bill Parsons)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)