Vetseun Facebook Vetseun Page Twitter Twitter (Maarman)Instagram YouTube Last.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
vetseun

Vir die eerste keer in baie jare begin die musiek wat deur die ondergrondse are van Stellenbosch klop, weer mense se wenkbroue te lig.

De Plate Kompanjie en Beyerskloof span saam om vir die eerste keer in Suid-Afrika se geskiedenis 'n weeklange musiek marathon op die planke te bring wat mik om die verskillende musiekfaksies en tale in die bedryf te verenig en vir luisteraars en ondersteuners 'n unieke ervaring te bring.

Die Beyerskloof Musiek Marathon is 'n weeklange fees wat musiek vanoor 'n wye spektrum bymekaar bring om aand na aand gehore te vermaak deur 'n klomp groepe te laat optree wat iets met mekaar in gemeen het. Studente, skoliere en werkendes kan dus hul werk deur die dag afhandel en dan elke aand kom ontspan om van die land se grootste name saam met nuwe talente te sien optree. Van MK89 gunstelinge, tot teater nuwelinge en selfs 'n paar veterane.

Die Marathon vind plaas by die Klein Libertas Teater se buiteverhoog. Die musiek begin elke aand om 19:00, en Saterdag om 18:00.

Kaartjie pryse beloop R30 per aand of R100 vir die week. Kaartjies kan by die DPK Hossewa gekoop word in Die Neelsie, by Beyerskloof en by Klein Libertas Teater. Die groepe se albums sal te koop wees.

Hoeveel gees het jy?

Vir navrae kontak Bertie Coetzee 083 349 9559 of bertie@dpk.co.za


Beyerskloof Musiek Marathon Beyerskloof Musiek Marathon
Beyerskloof Musiek Marathon


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )