Brollox & BittergalBrollox & Bittergal - Doolhof
TuisbladFacebookTwitterMyspaceLast.fmYouTubeDiscogsWikipedia

Doolhof - 1997


uitgegee in 1997 deur b&b se eie label Jürgen von Wechmar produseer
met gerhard en rikus gee allerhande maniere van afrikaanse musiek storie stom in die ding ingeloop nie ooit eers twee keer aan die naam gedink nie maar in die oë staar 'n hartseer man, gebreek, uitgeput en oorgegee maar in simboliek nie oor gegee nie, Brollox en Bittergal, die gifappeltjies van die eeu oue liewe heksie program wat in my geheue saam met buck rogers, noddy en knersus verenig is. die geld nie ter sprake nie en die kompakskyf bly in my hand totdat die musiek oor xx vloei.
by Wingerdstok 98 het Valiant Swart vir hulle bass gespeel in 'n winderige set. ook op die show was Piet Botha, Akkedis en Koos Kombuis. brollox het goed afgegaan saam met die berge en menigte dronk afrikanermense. hulle speel amper alles vanaf die doolhof album, met hoogtepunte "Uit En Tuis" en "Gevange"
vanaf die eerste liedjie is dit 'n ernstige CD met harde grunge kitaar en drumming gedryf deur ingrypende lirieke wat vinnig realisme laat insak, sodat "Gevange" anders as gewoonlik 'n positiewe betekenis het, en so aan, in en uit bewustelikheid, rasionaliteit. doolhof is een van die mees volledige afrikaanse CDs daar buite. dit dra die boodskap van verwarde angst met dodelike presisie oor en laat dit ook nie daar nie. liedjies soos In Mamba/Inheems gee ook die melancholy aan angst en "tiener" idees. die intense neerskryf van iets wat soos 'n bad trip klink gee gifappeltjieland wat die mees explicit afrikaanse liedjie is naas baskitaar van Koos Kombuis en iets soos Rugsteker van Battery 9 daar is 'n verskuilde song: Die Stoftrein Struktuur ... wat die album op die harde grunge manier afsluit soos dit begin is

Doolhof .
1. Perfekte Wêreld
2. Gevange
3. Perspekteef
4. Uit En Tuis
5. In Mamba
6. Inheems
7. Oorlog
8. Gifappeltjieland... (Die Pers Heks Van)
9. Dae In Kamera
10. Die Stoftrein Struktuur