Vetseun Facebook Vetseun Page Twitter Twitter (Maarman)Instagram YouTube Last.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Archie Pelago
vetseun
Murder She Wrote (LIVE) ................. 2013

COMING SOON. It was (more than) 20 years ago today that Gary Herselman then going as Archie Pelago recorded "Murder She Wrote" with Steven Howells, Mike Smith, Kevin van Houten and former Kerel, Gary Sparks at the Natal Playhouse. Lloyd Ross engineered.
This one'll be a FREE DOWNLOAD over at Sjambok. Watch this space... - facebook

vetseun
City Country ........................................ 1991 UNDERGROUND RECORDS

http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1991/12/24/5/2.html
Archie Pelago, SA se nuwe popster - Theunis Engelbrecht

DIE PLAASLIKE PLAAT VAN DIE JAAR

KALENDER se keuse vir die plaaslike plaat van die jaar is Archie Pelago se uitstekende City Country. Archie wié? sal baie mense vra. Die naam mag onbekend wees, maar Archie Pelago is 'n ou bekende op die plaaslike musiektoneel. In die liedjie I'm Through With Drinking sing hy: ''I'm through with drinking, but it's not through with me.''
Archie se regte naam is Gary Herselman en hy het voorwaar 'n indrukwekkende geskiedenis as musikant. Hy was sanger en kitaarspeler van die legendariese rockgroep The Kêrels, wie se langspeler Ek Sê een van die klassieke Suid-Afrikaanse rockplate is. Daarna was hy 'n lid van die groep The Party Dolls, het hy as Piet Pers vir Johannes Kerkorrel se Gereformeerde Blues Band baskitaar gespeel en speel hy ook gereeld kitaar vir nóg 'n legendariese Suid-Afrikaanse rockgroep, Radio Rats. Vir sy brood en botter werk hy by 'n groot platewinkel in Hillbrow.
Archie is in 1957 in Pietersburg gebore en hy sê die eerste Rolling Stones-kitaarakkoord wat hy op die radio gehoor het, was 'n groot invloed ''en ook om te sien hoe my pa en ma op maat van die Rolling Stones oor die radio gedans het''.
''As 'n mens op Pietersburg gebore word, het jy maar min opsies in die lewe waarvan een is om Germiston toe te trek, wat ek destyds gedoen het,'' vertel Archie. Hier het hy skool gegaan en 'n kitaar vir R15 gekoop, wat destyds baie duur was veral as 'n mens in ag neem dat twee van die snare nie suksesvol ingestem kon word nie. Hy het ook in 'n jeugsanggroep van die kerk gesing.
Archie beskryf die musiek op City Country soos volg: ''Dit is 'n mengsel van stedelike en country-musiekstyle, van tradisionele country & western-klanke (soos die baslyn van Tracks en die bottelnek-kitaar in Waiting for Gouda) tot growwer country-invloede in die Violent Femmes-trant (soos die kitaarklank op Murder She Wrote).
''Die lirieke bevat stories (Lost Letters), sosiale kommentaar (die titelsnit en Fountains of Lava), persoonlike introspeksie (Limbo en Ghost) tot doodgewone weirdness (op Anymore?)'' Van die musikante wat saam met Archie op City Country gehoor kan word, is sy pa, Neil Fishwick (ook vroeër van The Kêrels), Rhys Johnstone (die sanger van Underground Press), Mark Bennett (vroeër van The Softies en The Cherry Faced Lurchers), Kevin Mynah (wat ook saam met Wired to the Floor speel), Willem Möller en Tonia Selley. Archie het dertien van die veertien liedjies op City Country geskryf. Hy sê sy country-invloede is Joe Ely, Dwight Yoakam, '' 'n Kenny Rogers-liedjie'' en Dominque.
* City Country deur Archie Pelago kan bestel word by
Underground Records, Essenwoodweg 59, Berea, Durban, 4001 of deur (031) 21-6454 te skakel.


ook op:
Koertz Kotze en die Vrouekolonie kompilasie (1998) - Armageddon


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )