


















Ampie Botha


Sing LP ....................................... 5001-S RPM
Kant Een:
1. As Dit Nag Is In Die Bosveld
2. Die Kaapse Huisie
3. Rosies In Die Blomtuin
4. Ver In Die Ou Kalahari
5. Die Bedelaar Se Vraag
6. Hartseer Hotel
Kant Twee:
1. Vader, Waar Is Moeder
2. Roos Van Mooi Rivier Se Vlakte
3. Weeskind In Die Veld
4. Liefde Kan Ek Nooit Verwelk
5. Koue Hart
6. Skeiding
DROOGTE DRYF HOM TOT SANG ! !
Ampie Botha sing. Hy Iyk soos 'n stoeier, is so sterk soos 'n os, werk soos 'n esel . . . met 'n hart van goud en 'n stem soos 'n ster. Ek het hierdie vriendelike boer wat 40 jaar gelede op Swartkoppies in Marikana gebore is op Potgietersrus ontmoet. By die geleentheid het hy met sy ghitaar die skougangers vermaak. Sing sommer so lekker uit die hart uit. Maak ook sy eie liedjies soos ROSIES IN DIE BLOMTUIN, DIE BEDELAAR SE VRAAG, VADER, WAAR IS MOEDER, WEESKIND IN DIE VELD en SKEIDING. En as hy eers begin, skree die mense dat hy dié een of daardie een moet sing.
Hy is onopgesmuk, natuurlik; sonder pretensie. Hy sing vir die volk.
Sy regte naam is eintlik Adam Botha, maar nou is hy meer bekend as Ampie. Hy het al van kleinsaf op konserte en kerkbasare gesing, maar het nooit aan sang as 'n Ioopbaan gedink nie. Nege jaar Iank het hy in die Bosveld geboer, maar toe het die groot droogte gekom. Ampie het die een jaar na die ander gesien dat daar nie 'n oes is nie, dat daar nie 'n inkomste is nie . . . en hy het begin sing!
Ampie Botha is getroud met Lettie Westerman en hulle het een seun, wat ook baie graag sing. As sy stem klaar gebreek het, sal pa en seun seker saam sing. Intussen hierdie eerste langspeelplaat waarop hy sy eie nommertjies en 'n paar ander sing. Luister na sy AS DIT NAG IS IN DIE BOSVELD en jy weet dat hier 'n Bosveldboer is wat uit die hart sing. Sterkte, Ampie . . . en GROETNIS! - Fanus Rautenbach - omslag
skakels :