Vetseun Facebook Vetseun Page Twitter Twitter (Maarman)Instagram YouTube Last.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Al Willox
vetseunvetseun
Koffiehuis Konsert LP ...... LSJ 252 1962 JUWEEL PLATE
- Die Kaskenades Van Frikkie Frikkadel -
Kant Een:
1. My Pa Is 'n Plaas Boer (My Old Man Is A Dustman) (L. Donegan-P. Buchanan)
2. Vlooi Vlooi (Trad.)
3. Lag Saam (Village Band)
4. Daar Kom Die Wa (Verw. Restell)
5. Margie (Conrad-Robinson-Davis); Sonop Oor Die Velde (C. & W. Cooper); Kap Dit Uit (Carstens-De Waal)
6. Wys My Die Pad Na My Huis (Show Me The Way To Go Home) (King)
7. Daar Lê Die Ding (Verw. Restell); Tannie Met Die Rooi Rokkie (Verw. Restell); Die Hand Vol Vere (Verw. Restell)
Kant Twee:
1. Hou Jou Roksak Toe (Trad.)
2. Daspoort-Vastrap (Fanie Bosch)
3. Daar's 'n Hoender (Trad.)
4. Rol Uit Die Vaatjie (Roll Out The Barrel) (Voda-Timm)
5. Jim Muller Keurspel (Jim Muller)
6. In Stellenbosch Vloei 'n Waterstroom (G. Richter)
7. Hoe Ry Die Boere (Verw. Restell); Vêr In Die Wêreld Kittie (Trad.)

,,Koffiehuiskonsert". Dit is 'n naam wat sinoniem geword het by menige Suid-Afrikaner. Meeste van u onthou seker nog die geslaagde konserte wat dikwels oor die radio uitgesaai is. Die man wat die konserte begin het, was oorlede Pieter de Waal. Dit was in die dae toe oom Pieter nog omroeper in Kaapstad was, dat hy met die konserte begin het.
Die konserte het plaasgevind in Die Grootekerkgebou in Kaapstad, terwyl mense besig was om kofiie te drink. Die konserte was so populêr dat dit oor die radio vanaf Kaapstad uitgesaai is. Later het konserte ook van Johannesburg gekom. Al Willox ,,beter bekend as Frikkie Frikkadel, die man wat verantwoordelik is vir die plaat Koffehuiskonsert", was met die aanvang van die konserte in Kaapstad. By hom het toe die plan ontstaan om die gewilde konserte ook vir die mense wat ver bly aan te bied. Omdat Mohammed nie na die berg kon kom nie, het Al Willox die berg na Mohammed geneem. Al Willox het Suid-Afrika met sy konsertgroep nie minder nie as vyf keer deurreis. Die toer het in 1952 begin en selfs die kleinste dorpie is nie oorgeslaan nie. Die sukses wat hy behaal het was fenominaal.
Die plaat ,,Koffehuiskonsert" is spesiaal vir u luistergenot gemaak. Die plaat is seker een van die opgewekste en lewendigste plaate wat u nog ooit gehoor het. Daar is probeer om die atmosfeer te skep dat ons weer saam in die Koffiehuis sit en heerlik luister na die musiek en die kunstenaars wat optree, asook na die geskerts van orkesleier Al Willox. Drie van die lede van die groep wat destyds saam op toer gegaan het, tree op die plaat op. Die lede is Mae en Paul Lessing wat op toer getroud is en Danie Muller.
Ons nooi u om heerlik te ontspan en te luister na ,,Koffiehuiskonsert". - omslag

Al Willox En sy Koffiehuis Kêrels
vetseunvetseun
My Pa Is 'n Plaasboer / Vlooi Vlooi 7" . 45JV 312 1962 JUWEEL PLATE
Kant Een:
1. My Pa Is 'n Plaasboer (My Old Man's A Dustman) (L. Donegan - P. Buchanan)
Kant Twee:
1. Vlooi Vlooi (Verw. A. Willox)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)