Vetseun Facebook Vetseun Page Twitter Twitter (Maarman)Instagram YouTube Last.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
A Capella .co.za (Acapella Koor; A Capella Koor; aCapella Koor)
vetseun
Ons Reik Hoër - 40 Jaar ................... 2012
- Ons sing want dit is lekker! -

A Capella
vetseun
Treffers ................................................ 1999
1. Laat Die Wiele Rol
2. Ons Sing Die Hele Land Deur
3. Langpad Huis Toe
4. Ta' Mossie Se Sakkie Sakkie Boeredans
5. Keurspel: Die Bosveldbul; ...
6. Jou Beloftes
7. Lied Van Die Boland
8. Hier By Jou
9. Jy's Myne
10. Ek Al Vir Jou Wag
11. Jy's 'n Lentelied
12. Sing Van Liefde
13. Ons Sing Want Dit Is Lekker
14. Soos Ou Vriende
15. Jy Is Liefde
17. Die Lewe Sonde Jou
18. Neem My Op Vlerke
19. Die Ystertrein
20. Hantamberge

aCapella
vetseun
Jy Is Liefde LP .................. DCB 227 1990 DECIBEL
Kant Een:
1. Jy Is Liefde
2. As Ek 'n Lied Sing
3. Ons Sing Die Hele Land Deur
4. Die Lewe Sonder Jou
5. Jy Is 'n Lentelied
6. Soos Ou Vriende
Kant Twee:
1. Sing Van Liefde
2. Jou Beloftes
3. Neem My Op Vlerke
4. Die Ystertrein
5. Ek Sal Vir Jou Wag
6. Hantamberge
7. Ons Sing Want Dit Is Lekker

aCapella
vetseun
As Ek 'n Lied Sing / Die Ystertrein 7" . DE 31 1986 DECIBEL
Kant Een:
1. As Ek 'n Lied Sing (Heider/Kunze/Morkel Steyn)
Kant Twee:
1. Die Ystertrein (Johan Groenewald)

Produksie: Boet Pretorius
Koor Verwerkings: Elise Rautenbach
Ingenieur: Keith Forsyth

vetseunvetseun
Lofliedere TC/LP .............. CEY 268 1982 EMI
- Zane Cronjé - Ron Franchitti - Die Acapella Koor -
Kant Een:
1. Wat 'n Vriend Het Ons In Jesus
2. Voorwaarts Christenstryders
3. Ek Sien 'n Nuwe Heuwel Kom
4. Hoe Groot Is U
5. O Christus Diepste Verlange
6. Doen Slegs U Wil Heer
Kant Twee:
1. Blye Versekering
2. Jesus Is Myne
3. As Vrede My Pad Deur Die Wêreld Verlig
4. Gaan My Nie Verby O Heiland
5. Net Soos Ek Is
6. Nader My God By U

aCapella
vetseunvetseun
Adeline LP .................... BRS(M) 444 1981 BRIGADIERS MUSIEK
Kant Een:
1. Adeline (D. Toussaint/P. de Sennevillle)
2. Lieflike Lentedag (L. van Rensburg)
3. Landpad Huistoe (S. Reinecke/M. Steyn)
4. Hier By Jou (L. van Rensburg)
5. Jy Jy (M. Steyn)
6. Swakopmund (J. de Wet)
Kant Twee:
1. Najaarsliefde (C. Grizzl/T. de Villiers)
2. Glimlag (Goodman/Cox/Korsten)
3. Lied Van Die Berge (Rigarelli/Ortelli/A. Viljoen)
4. Meisie Jy (J. White/J. de Wet)
5. Seemeeu (M. Grové)
6. Tesame (H. Holtzhausen)

Die aCapella Koor se leuse is, "Ons Sing Want Dit Is Lekker" en hierdie opname getuig weer eens waarom hierdie koor vir langer as 'n dekade steeds gewild bly. Luister na die instrumentale treffers "ADELINE" (Richard Clayderman se "BALLAD FOR ADELlNE") en "NAJAARSLlEFDE" (Zamfir se "SUMMER LOVE") wat nou op vaardige wyse as sangnommers aangebied word. Luister na agt inheemse komposisies - 'n keur van onlangse Afrikaanse treffers. Luister na die kenmerkende klank en styl van die aCapella Koor wat onder leiding van Elise Rautenbach en met geesdrif van haar hele gesin en al die koorlede steeds van krag tot krag gaan. - André Viljoen - omslag

Regisseur: Boet Pretorius
Musiekverwerkings: Lionel Pillay, Dave Pollecutt
Opname-Ingenieur: André Herbst
Meng: Ian Martin

A Capella
vetseunvetseun
Ons Sing Want Dit Is Lekker LP . MFP 55025 1980 MUSIC FOR PLEASURE
- onder leiding van Elise Rautenbach -

aCapella
vetseunvetseun
Jy's Myne LP .................. MFP 54878 1979 MUSIC FOR PLEASURE
- onder leiding van Elise Rautenbach -
Kant Een:
1. Laat Die Wiele Rol
2. Tant Mossie Se Sakkie Sakkie Boeredans
3. Jy Is My Toekoms Drome
4. Nicolene
5. Stille Rivierstroom
6. Jy's Myne
Kant Twee:
1. Ek Kom Huistoe
2. Eendag Blom Die Wit Armandel Weer
3. Vergeet My Nie
4. Manne In Blou
5. Dink Aan My
6. Die Bosveld Bul; Die Donkie
7. Ou Ryperd

Acapella Koor
vetseun
25 Grootste Treffers 2LP ..... BRS 370 BRIGADIERS MUSIEK
Plaat Een: Kant Een:
1. Die Lewe Sonder Jou
2. Sing Van Liefde
3. Drome Droom Ek Van Jou
4. Lief Maria
5. Ons Sing
6. Seun Met Sy Trom
Plaat Een: Kant Twee:
1. Daar's Liefde In My Drome
2. Dink Jy Darem Nog Aan My
3. Liefling
4. Reën
5. Wag Vir My
6. Groet Die Lewe Met 'n Glimlag
Plaat Twee: Kant Een:
1. Heimwee Klink Uit Elke Lied
2. Ai, Meisie, Meisie
3. Liefste Madelein
4. Die Hartseerwals
5. Ek Is Verlief Op Jou
6. Stil Is Die Nag
Plaat Twee: Kant Twee:
1. Daar's Niks Soos Ware Liefde
2. Hier Is 'n Mens
3. Kamma Kamma
4. Vicky
5. Bly By My
6. Lieflike Roosmaryn
7. My Geskenk Aan Jou

Acapella Koor
vetseunvetseunvetseun
Tot Eer Van Sy Naam TC/LP . L4-MW 8024/SRSJ 8024 1977 MUSIC FOR PLEASURE
Kant Een:
1. Tot Eer Van Sy Naam (Adam-R. Binge-M. Steyn)
2. Genade (Verw. Binge: Woorde: E. Rautenbach)
3. Kwel Jou Nie Meer (Wilkens-Kristofferson)
4. U Is My Heer (J. de Wet)
5. Daar Is Geen Groter Liefde (Beethoven-Verw. E. Rautenbach-Woorde: M. Steyn)
6. Onse Vader (R. Binge)
Kant Twee:
1. Hy's Die Een (B. Vaughn)
2. Dankie (C. Steyn)
3. Laat Die Kindertjies Na My Toe Kom (P. Green/M. Steyn)
4. Wie Het Ek Buiten U? (C. Lampbrecht)
5. Wees Stil, My Siel (Sibelius-Schlegel-Borthwick-M. Steyn)
6. My Meester (L.G. Presley-Shear-Miller-M. Steyn)
vetseun
Vir Acapella is die verskyning van hierdie plaat 'n grootste ideaal wat verwesenlik is. Reeds met die stigting van die koor in 1970 het ons die beginsel gehad dat ons in die eerste plek sing tot eer van die Here. Hierdie beginsel het ons deur die jare behou in al die musiek wat ons op plate en konserte sing - gewyde en volkmusiek sowel as die ligter Afrikaanse lied.
"Die Lewe Sonder Jou", "Sing Van Die Liefde", "Boland" en "Ons Is Lief Vir Mekaar" is plate wat groter sukses behaal het as wat ons ooit kon droom. Hy's Die Een aan wie ons al die eer daarvoor gee.
En nou kan ons hierdie gewyde plaat vrystel - 'n droom van 5 jaar wat eindelik waar geword het.
Deur woord en lied kan ons getuienis nou weerklink in die huise en harte van ons mense.
Mag elkeen wat daarna luister nader kom aan die een van wie ons sing.
Dankie aan Albie Venter, Boet Pretorius en André Viljoen vir hulle samewerking en entoesiasme om die verskyning van "TOT EER VAN SY NAAM" 'n werklikheid te maak. - omslag

A Capella Koor
vetseunvetseunvetseun
Die Treffers Van A Capella Koor TC/LP . SRSJ 8022 1973 MUSIC WAY/MUSIC FOR PLEASURE
Kant Een:
1. Die Lewe Sonder Jou*
2. Sing Van Liefde**
3. Drome Droom Ek Van Jou**
4. Ons Sing**
5. Seun Met Sy Trom*
6. Dink Jy Darem Nog Aan My**
Kant Twee:
1. Liefling**
2. Reën*
3. Wag Vir My**
4. Ai, Meisie, Meisie**
5. Liefste Madelein*
6. Daar's Niks Soos Ware Liefde*

Daar is nie een groot treffer van die A Capella-koor wat nie op hierdie plaat verteenwoordig is nie. EMI Music for Pleasure het met groot sorg na al die treffers wat hierdie bekende groep die afgelope jare opgelewer het, gekyk, en te voorskyn gekom met hierdie versameling.
Dit is verblydend om te sien dat hierdie koor, so gewild as wat hy reeds is, nog nie eers die toppunt in sy Ioopbaan bereik het nie. - omslag

* Inheems of Trad. nommers herskep in Afrikaans
* 1972 ** 1973 BRIGADIERS

A Capella sing Ons Is Lief Vir Mekaar
vetseunvetseun
Ons Is Lief Vir Mekaar LP . BRS(C) 404 1975 BRIGADIERS MUSIEK
Kant Een:
1. Ons Is Lief Vir Mekaar (Pace-Fiera-Landsberg)
2. Meisie Van My Drome (C. & W. Cooper)
3. My Liewe Liefling (Bouwens-H. & S. van Zyl)
4. Jou Hart Is Weer Myne (Blum-Madison)
5. Kant En Satyn (Crane-Ross-Landsberg)
6. Ek Verlang Na Jou (J. de Wet)
Kant Twee:
1. Jou Eie Dag (Lorrie-Viljoen)
2. Altyd En Altyd (Bouwens-Viljoen)
3. Die Heidelied (Andresen)
4. Marina (Granata-H. & S. van Zyl)
5. Maanlig Op Die Vaalrivier Se Walle (Moll-King-Viljoen)
6. In Stellenbosch Bloei Weer Die Bome (Stolz)
vetseun
Ons het nog altyd geglo dat as 'n mens sing, dit jou hart is wat praat. En mense, was ons
spraaksaam die afgelope vyf jaar! Ons het behoorlik oorgeborrel van dit waarvan ons harte so vol was, die liefde. Liefde van mens tot mens, liefde vir ons land, liefde vir saamsing. Sang bly mos maar die taal van die liefde.
In hierdie vyf jaar het ons ook daarin geslaag om nooit ons oorspronklike doelwit prys te gee nie, naamlik om te sing ter ere van Hom wat ons sangtalent aan ons gegee het. Die eerste deel van ons verhoogkonserte bestaan dan ook uit gewyde a Capella-sang. Ons naam, a Capella (onbegeleid), het mettertyd so inslag gevind dat dit behoue gebly het selfs nadat ons plaatopnames met orkesbegeleiding begin maak het.
Nog 'n vervulde ideaal van die a Capella Koor naamlik om 'n bydrae tot die Afrikaanse Kultuur te lewer, het ook vanjaar (1975) 'n besondere betekenis gekry; ons 5de verjaardag het met die 100ste verjaardag van die G.R.A. cn die 50ste verjaardag van Afrikaans as erkende taal saamgeval. Daarom was dit sekerlik gepas om sulke heerlike ou en nuwe Afrikaanse liedjies soos "Meisie Van My Drome", "Maanlig Op Die Vaalrivier Se Walle", die groot Afrikaanse treffer, "Die Heidelied" en die strelende "Ek Verlang Na Jou" op plaat vas te lê. Ons het dit ook goedgedink om die vrolike liedjie "Jou Eie Dag" in te sluit by geleentheid van ons vyfde verjaardag. Laat ons dit nou maar erken, in al ons wel en wee het ons soms hoogtes bereik waarvan ons geduisel het. Treffersparade, Sarie, rekordplateverkope, oorvol konsertsale! Ons hoop van harte "Ons Is Lief Vir Mekaar" gaan die kroon op dit alles span. Baie dankie ook aan almal wat so ywerig gehelp bou het aan ons koor ons platemaatskappy, ons begeleiers, ons liedjieskrywers en elke lid van ons koor die afgelope vyf jaar.
Ons het lekker saamgewerk.
Ons het hartlik saamgesing. '
Dit moes 'n sukses wees. Dit kan nie anders nie. Want ons is lief vir mekaar. - omslag

Kunstenaar: A Capella Koor
* Inheems.
Koorleidsterr Elise Rautenbach
Produksie: Boet Pretorius
Verwerkings: Johnny Boshoff
Opname - Ingenieur: Glen Pearce/Owen Wolf

Acapella Koor - Sing My Liefde Vir Jou Uit
vetseunvetseun
Boland! LP ...... LSS 8/BRS (L) 371 1974 SOUNDS SUPERB/BRIGADIERS MUSIEK/EMI
Kant Een:
1. Lied Van Die Boland (Trombey-G. van Tonder)
2. Sing, Want 'n Lied Is Jou Lewe (Loggins-Messina-M. Steyn)
3. Meisie, My Liefste Meisie (Oberdorfer-Moslener-M. Steyn)
4. Liefling Kom Terug (Buggy-Morgan-Toerien)
5. Antwoord My (Bouwens-Van Rensburg)
6. Liefdestyd (Thoner-Lego-Toerien)
Kant Twee:
1. Die Wilgerboom (Pretorius)
2. Al Wat Ek Vra Is Liefde (Whittaker-Kayne)
3. My Liefde Vir Jou (Trad. M. Steyn)
4. Eensaam Wag Ek Vir Jou (Trad. M. Steyn)
5. Ek Verlang Nog Altyd (Netzle-Grové)
6. Ewig En Altyd (Vlavianos-Constantinos-M. Steyn)

Verwerking: Dave Polecutt
Produksie: Sias Reynecke
Opnames: Glen Pearce

A Capella
vetseunvetseun
Sing Van Liefde LP ......... BRS. 338 1973 BRIGADIERS MUSIEK/EMI
Kant Een:
1. Sing Van Liefde (Siegel, Behrle, M. Steyn)
2. Dink Jy Darem Nog Aan My? (Deutscher, Loose, Toerien)
3. Hier Is 'n Mens (Doven, Halvey, Korsten)
4. Heimwee Klink Uit Elke Lied (Weyrich, Bauer, Neitz)
5. Liefling (Maffay, Kunze, Toerien)
6. Drome Droom Ek Van Jou (Herta, Cumberland, M. Steyn)
Kant Twee:
1. Daar's Liefde In My Drome (Siegel, Weyrich, Viljoen)
2. Bly By My (Plessas, Munro, Panas, Viljoen)
3. Lieflike Roosmaryn (Holten, Van Hemert, M. Steyn)
4. Wag Vir My (Morita, Morkel Steyn)
5. My Geskenk Aan Jou (Siegel, Weyrich, Van Tonder)
6. Ons Sing* (Morkel Steyn)

* Inheems of Tradisionele Nommer Herskep in Afrikaans

Musiekverwerkings deur Elise Rautenbach

En toe maak a Capella weer so!
vetseun
Warm op die hakke van hulle orentsit-sukses "Die Lewe Sonder Jou" (een van die voorste Treffers op Plateparade '73) volg nog 'n langspeler wat musiekliefhebbers aan die praat, en aan die sing, gaan sit.
En hulle sing die taal wat almal verstaan .... die taal van die liefde .... luister veral na die pragtige verwerking van die "Slawekoor" uit Nabucco; die vrolike Japanse treffer "Wag Vir My" die titellied "Sing Van Die Liefde" en 'n vars Afrikaanse liedjie deur Morkel Steyn "Ons sing want dit is lekker" (Morkel is een van die koor se staatmaker-basse en hierdie jongste liedjie van hom is A Capella se kenwysie): Maar draai gerus die plaat self - elke snit het sy eie besondere bekoring.

Waarin sou die sukses van a Capella lê?

Die geheim word in 'n mate opgeklaar as 'n mens besef dat die leidster van die koor Elise Rautenbach 'n jarelange ideaal koester om 'n koor tot stand te bring wat tot almal spreek. En hoe wonderlik het sy dit nie reggekry nie! Die klein groepie waarmee sy begin het, het mettertyd aangegroei van oor die hele Pretoria - almal mooi jong stemme van mense wat in alle soorte beroepe staan maar met een gemeenskaplike doel - OM LEKKER TE SING!
Elise ken natuurlik nie so-iets soos stilsit nie. Benewens koorleidster is sy ook onder meer musiekdosente en orreliste en staan saam met haar eggenoot Ds. Nico haar plek vol in die pastorie van Edenvale-Noord. Hy staan sy plek ewe vol in die koor as tenoor, solis en koorbestuurder.
Oorspronklik was a Capella natuurlik (soos die naam aandui) 'n koor sonder begeleiding. En veral op toerkonserte het hulle gou opgang gemaak. Tot manne soos Albie Venter en Dimpel Pretorius hierdie fyn afgeronde koor hoor sing het. Toe gebeur dinge vinnig! 'n Dartelende ritme word bygevoeg en die koor sonder begeleiding word 'n koor met begeleiding. Die naam a Capella is egter so 'n lekkersê-naam dat die koor besluit het om dit te behou.
Ons sê SUKSES aan hierdie voortreflike span kunstenaars! "a Capella Sing Van Die Liefde" bewys nogeens dat hierdie koor met dié nuwe lekker saamsing-klank gekom het om te bly! - B.H.R. - omslag

A Capella met Orkes
vetseunvetseun
Die Lewe Sonder Jou LP . BRS. 323 1972 BRIGADIERS MUSIEK
Kant 1:
1. Daar's Niks Soos Ware Liefde (Jurgens, Relin, Toerien)
2. Lief Maria (Kaempfert, Toerien)
3. Die Lewe Sonder Jou (Ferland, Shaper, Viljoen)
4. Ai, Meisie, Meisie* (De Wet)
5. Ek Is Verlief Op Jou (Severs, Govert, De Graeve, King)
6. Reën (Reed, Viljoen)
Kant 2:
1. Liefste Madelein* (Trad. C. Steyn)
2. Groet Die Lewe Met 'n Glimlag* (Trad. Viljoen)
3. Die Hartseerwals* (Trad. Viljoen)
4. Kamma Kamma (Trad. De Witt)
5. Vicky* (Dempsey, Steyn, Viljoen)
6. Stil Is Die Nag (Fletcher, Flett, Viljoen)

* Inheems of Tradisionele Nommers Herskep in Afrikaans
vetseun
Vervaardig deur Albie Venter
Produksie deur Francois Pretorius
Opnames deur Peter Thwaites
Verwerkings deur Elise Rautenbach
Begeleiding deur Dave Pollecut

Kerkkoor? Kan nie wees nie! En tog dit is waar A Capella sy beslag gekry het. Die leidster van die koor is Elise Rautenbach ... predikantsvrou van Pretoria. Haar man Nico is nie alleen 'n begeesterde predikant van die N.G. Gemeente Ebenhaeser in Pretoria-Wes nie, maar sing ewe lustig saam as tenoor in sy vrou se koor.
Hoe het A Capella ontstaan?
Eeis net as kwartet, met Elise, alt Hannetjie van Rensburg, tenoor Danie Marais en bas Johan Meyer. Die groepie het opgetree by huwelike en kerkfunksies. Ook het hulle van gemeente tot gemeente gegaan, praatjies oor kerkmusiek gehou en dit dan toegelig met hul kwartetsang. By een van hierdie geleenthede het hulle kennis gemaak met nog 'n kwartet bestaande uit die Van Huyssteengesin (twee susters, 'n broer en 'n skoonsuster). Die twee kwartette het besluit om saam te smelt en nog lede vir 'n koor te trek uit die kerkkoor van Ebenhaeser en uit hul onderskeie vriendekringe.
So het A Capella in, Mei 1970 begin. 'n Groep mense wat lief is vir sing en wat hulle sang aangebied het op 'n vyftig persent basis vir enigeliefdadigheids-organisasie, skool of kerk wat graag fondse wou insamel met konserte.
Elise Rautenbach is die vuur van die koor. Sy bekommer. Sy werk. Sy praat moed in. Sy is begeesterd.
Toe Brigadiers die eerste keer die koor gehoor het, is 'n onmiddellike voorstel gemaak vir hierdie plaat. Aanvanklik het die koorlede langtand gekou aan die nommerkeuse. Dit was so anders as wat hulle tot dusver aangedurf het. Maar algaande het die melodieë en die lirieke vir hulle begin mooi word ... soveel so dat hierdie beslis net die eerste van 'n reeks A Capella-plate is wat ons in komende jare sal bereik.
A Capella (die woord beteken "onbegeleid" ... vandaar die naam "A Capella mét Orkes" op hierdie plaat) bestaan uit twee en dertig lede. In beskeidenheid sê Elise Rautenbach dat sy strewe na die dag dat haar koor netso goed sal wees soos dié van haar leermeester Philip McLachlan van die Universiteitskoor Stellenbosch. - omslag

A Capella Koor
vetseun
Onder Leiding Van Elise Rautenbach LP . 1971 BRIGADIERS MUSIEK


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)