Vetseun Facebook Vetseun Page Twitter Twitter (Maarman)Instagram YouTube Last.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
2 Catharinas en die Wille Kalkoen
vetseun
Kitaar My Siel ...................................... 2001
1. Wonder Jy Ook (Deel 1)
2. Geleende Tyd
3. Raak Aan My
4. Kronkel Paaie
5. Melkbosstrand
6. Vyekonfyt
7. Groenmielieblare
8. Realiteit
9. Kinders
10. Kom Saam Met My
11. Verlange
12. Wonder Jy Ook (Deel 2)
13. Kitaar My Siel

nog 'n vrug van mense se eie strewe en 'n herinnering dat ondersteuning en liefde die basis vorm van enige beweging, veral musikales. die kiekies op die cover en die heimwee woorde agterop laat mens klaar deel voel van die 2 se ervaringe.
die CD is dan ook vol van die familie se invloed en liedjies oor allerhande oogpunte volg mekaar soos verskoning uit 'n kind se mond, so tong in die kies maar heeltemal oortuigend. musiek maak duidelik groot deel uit van die noue band tussen die 2, en meeste van die tyd speel hulle soos een vrou (man).

Naat en Kaat maak 'n Plaat - Fred Boshoff
From: Ambrose <ambrose@iafrica.com> 2 Catharinas en die wille kalkoen Date: Mon, 16 Apr 2001 13:40:39 -0700
Die uitnodiging was om 'n launch van 'n nuwe Afrikaanse CD (Kitaar My Siel) by te woon in Krugersdorp. Onmiddellik gedink: "Hoe exciting kan dit nou wees". Nuwe Afrikaanse CDs is deesdae 'n dime-a-dozen. Almal probeer op die waentjie klim. Nogal in Krugersdorp ... ugh Seker maar nog 'n klomp geraas. Maar saam gegaan. Kop afgeskakel. Net gedink aan die gratis dop. Maar hoe verkeerd kan jy wees. Die oomblik toe Naat en Kaat - die Twee Catharinas --op die verhoog verskyn het, het ek geweet. Hier is iets nuuts. En lekkers. Iets oorspronklik. Polities onkorrek soos ek is, het ek my eerstens vergaap aan die twee mooi vroue. Gedink. Okay! As dit al is...gee my nog. Maar daar was meer . Hul persoonlikhede en warm mensheid het gou deurgebreek. Jy kan gou optel of iemand opreg is of werklik talent het. Naat bietjie ouer - jy word eers van haar bewus. Met haar diep stem - reukies van Laurika miskien ... Kaat aanvanklik bietjie meer ernstig, gefokus, later word sy meer ontspanne. Jy kom agter hier is 'n diepetjie - 'n Libra hoor jy later. Die twee stemme vul mekaar goed aan ... die harmonieë word gedryf deur kitaar -musiek Die ritme van hul musiek is aards en basies, en die wyse waarop hul stemme deur die musiek duik, het die gehoor gou laat deelneem met voete stamp, hande klap en saamsing. Hou maar die waarderende gesigte dop van die mense by een van hulle optredes. Hul musiek is vir mense en gaan oor mense se ervarings. Hul sang gaan oor harmonie, ritme, saamwerk, saamvoel, en verbeelding. Die twee Catharinas (ja, hulle is albei Catharina gedoop en is familie ok - maar dis 'n ander storie) wil nie maar net nog 'n Afrikaanse duet-groep wees nie. Hulle het hul eie unieke klank - bietjie van 'n Europese inslag -- kafee-folk- musiek A la Brel en Cohen. Hul liedjies wat hul self skryf is oorspronklik en sommige van dié is suiwer poësie. 'n Ou kan nie anders as om smaakies van Koos Doep te hoor nie - iemand vir wie hul beide groot ontsag het. Die titelliedjie "Kitaar My Siel" het iets van Vincent - daar is amper 'n dolheid 'n malheid of 'n rouheid -'n Ingrid Jonker -- wat partykeer die verskil tussen groot kuns en rympies is. Hoe klink : "Ek wens jy was hier om my vas te hou
'n granaatrooi vuur wil my binneste verteer
'n vuur wat borrel en brand deur my vleis
en skadu's maak teen die muur" Hier is dieptes in klanke en betekenis in hierdie woorde wat dieper strek as suiwer net lekker-luister liedjies. Dit is woorde hierdie wat 'n ou heelnag soos 'n vasgekeerde dier in 'n hok laat rondloop. Oor die mooiheid daarvan. En dis spesifiek wat hul musiek anders maak. Dit beteken iets individueels vir almal wat daarna luister. Jy kan sommer net sit en luister en verdwaal in die klanke (moenie produksie-bestuurder en klankregisseur Pieter Snibbe vergeet nie-hy is so professioneel as wat dit kan kom) . Maar vir die ernstige Afrikaanse musiekliefhebber en liefhebber van poësie is dit 'n verrassende nuwe ervaring. Hier is diepte en oorspronklikheid. En moenie hulle misreken nie. Ons gesels het draaie gaan maak vanaf Melkbosstrand tot by die stiltes van die gees. Hierdie twee is uiters intelligent. "Old Souls" Skryf goed. Ken hul musiek. Is nie meer tjinners nie. Was al deur Die Meule (getroud, kinners - die works) Maar leef al jare lank met die droom - om musiek te maak. Om iets oorspronklik te doen en te sê, te sing. Hul eie ding te doen. Droom is maklik ...doen is anners ...om dit te verwerklik. Dit vat "guts", sweet, en somtyds amper bloed. Baie opoffering. Aanhou droom. Depressie beleef. Weer opstaan. Voor begin. Nou is hul tweede CD al gereed en die derde ('n Engelse) word beplan. Wys jou. 'n ding kan gedoen word. Glo net ... doen dan. Met tonne se beleggings van geloof. Met die onderhoud sê Naat dat hulle van jongs af saam speel. Sy, Naat, is Kaat sê Tannie. (Wens ek kon so 'n tannie hê - miskien was ek ook musikaal). Kaat se ouma se laatlammetjie. Van jongs af vriende. Naat het vir Kaat geleer kitaar speel in vier dae dat die bloed en nerwe letterlik gewaai het. Vanwaar die name nou Naat en Kaat? Sommer net gekom. Afrikaans en Kaaps soos moskonfyt. En verder vorentoe? Wil groei in hul musiek. Het nou die smakie gekry -- wat dit beteken om selfverwesenliking te ervaar. Om "flow" te ervaar - waar dinge sommer vanself kom. Hierdie flow wil hulle ry om aan hulle aanhangers en ondersteuners meer plesier te verskaf. Sommer tonne. En hul aanhangers groei by die dag. Wil aanhou dig ook. Hul volgende projek is 'n koffietafel-digbundel. Hul gaan eersdaags toer ook -- Wes-Kaap toe.

Groete
"I can't understand why people are afraid of new ideas. I'm frightened of the old ones. - John Cage"
Ambrose van Eeden


skakels : tuisblad













bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )